riviersonderend

Moer toe die vreemde in*

with 20 comments

Nadat ek afstand gedoen het van die geloof waarin ek opgegroei het, het ek by verskeie Oosterse en New Age-tipe tradisies gaan kersopsteek. Ek het oneindige troos en sin gevind in sommige van hierdie tradisies. Dit het my gelei tot die konklusie dat die groot waarheid wat ten grondslag van die heelal lê, liefde is.

‘n Paar maande gelede het ek myself die vraag afgevra: “Sê nou maar dit is nie so nie? Dalk is dit wat jy wil glo?” Dit was ‘n profetiese vraag. Die idees en gedagtes waarmee ek intussen gekonfronteer is, het dié geloof tot in sy fondamente uitmekaar geruk. In sekere opsigte was die dit meer traumaties as die dood van ‘n pappafiguur iewers in die wolke. Ook dit is deel van ‘n reis.

Vandag is ek dankbaar vir daardie reis. Ek staan opnuut in verwondering oor die grootsheid van die vraag van ons bestaan. Alhoewel daar nou nog minder sekerhede is, staan ek nog heimlik simpatiek teenoor ‘n teleologiese gedagte, al beteken dit dat dit 100% van die mens afhanklik is.

Op die oomblik is ek besig om afskeid te neem van die idee van vrye wil, nog ‘n gedagte wat ek gekoester het. Waarheen daardie pad loop, kan ek nog nie sê nie. Ek weet wel: die vraag raak groter. Soos die Britse Boeddhis, Stephen Batchelor, gesê het oor aspekte van sy reis: “For me it gave no answers. It only revealed the massiveness of the question.”

Vir mense wat hierdie reis moer toe die vreemde in onderneem, is daar baie om te haal uit die wêreld se spirituele tradisies. Ek dink veral aan konsepte soos die donker nag van die siel in die Christelike tradisie en om te leef met die wond van die oop hart van die Sufis.

Alhoewel daar geen waarborge is of kan wees op hierdie pad nie, dink ek tog dat dit die moeite werd is om die veiligheid van ‘n geloofsisteem agter te laat op soek na ‘n plek waar daar ruimte is vir God en daar nog ateïs, nog Christen, nog Boeddhis, nog Afrikaner, nog Brit, nog vryman, nog slaaf is.

* Ek het die titel by Johan Bakkes gegaps.

Written by George Maru

12 April 2007 at 8:19

Posted in spiritualiteit

20 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. wow, dis ‘n aangrypende post. dankie dat jy dit deel.

    Johan Swarts

    12 April 2007 at 9:56

  2. Ek is dit met Johan eens.

    Dit verg onverskrokke gewetensgetrouheid om so ‘n reis aan te pak. Voorspoed en vaarwel.

    idiwidi

    12 April 2007 at 12:51

  3. Vaarwel klink vreeslik.

    George Maru

    12 April 2007 at 13:53

  4. Ek dink jyt by die begin verdwaal…
    maar as jy daar kom
    hoop ek Iemand kom jou haal

    sien jou dalk da

    johannes_11

    12 April 2007 at 15:03

  5. Johannes, die wind hy waai my hier, hy waai my daar, en nou skrywe jy my sommer deurmekaar!

    Wa’s da?

    George Maru

    12 April 2007 at 18:01

  6. Wow. Dankie. Inspirerend…

    Adam

    13 April 2007 at 9:19

  7. George…

    Raak rustig… en lees weer wat ek geskrywe het.

    Om dit vir jou makliker te maak gee ek my bedoeling in hakies

    Ek dink jyt by die begin verdwaal… (lees jou eie berig)
    maar as jy daar kom…(waar dit ookal is….”moer toe in die vreemde” volgens jou eie woorde)
    hoop ek Iemand kom jou haal…(iemand is met ‘n hoofletter geskrywe.. die Een wat Sy verdwaaldes soek en kom haal)

    sien jou dalk da (die klem op die dalk… “da” wa jy is as Hy jou dalk kom haal…as jy verder verdwaal het en by “moer toe die vreemde in” uitgekom het…..)

    Dis makliker om uit te werk….. as die 1=3 en 3=1 “sommetjie”

    Tot wedersiens… (dalk)

    johannes_11

    13 April 2007 at 10:24

  8. Wat is die 1=3 en 3=1 sommetjie? Praat jy van die drieeenigheid?

    My baas se man het ‘n sommetjie wat niemand kan uitpluis nie. Sal iemand my help, asb? Dit gaan so:

    twee skapies
    word een skapie
    word twee skapies

    Wtf? Help asb!

    Adam

    13 April 2007 at 10:42

  9. Vir diegene oppad na “moer toe die vreemde in….”
    Volgens die Bybelse Kalender…

    Die Dertiende…

    11013 V.C. – Skeppings jaar

    10883 V.C. – Adam 130 jaar oud toe Set vir hom gebore was

    2167 V.C. – Tera 130 jaar oud toe Abraham vir hom gebore was

    1877 V.C. – Jakob 130 jaar oud toe hy hoor sy seun Josef leef

    7 V.C. – Jesus gebore op die dag van Versoening (Day of Atonement)

    AD 7 – Jesus word 13 jaar oud

    AD 29 – Jesus word deur Johannes gedoop en kies 12 dissipels .. saam met Hom 13

    AD 33 – 13 Tishri (Hebreeuse kalender) die dag voor Jesus gevange geneem word..

    AD 1988 – 13000 jaar vanaf die jaar van Skepping… begin van die tyd van Groot Verdrukking… God se oordeel begin wereldwyd oor alle kerke deur Satan toe te laat om homself as God voor te doen en as God in die kerke en kerkstrukture te regeer

    AD 2001 – 13 jaar na die aanvang van die tyd van Groot Verdrukking word die boodskap begin verkondig dat die Kerk-era verby is, en dat gelowiges hulle kerke en kerkstrukture moet verlaat. Hierdie boodskap word sederdien via veral radio- en internetuitsendings regoor die hele wêreld verkondig…

    AD 2011 – dd 13de/Tishri/AD2011(13-4 Tishri wat die eerste maand van die Hebreeuse kalender is) is die begin van die Fees van Tabernakels in AD 2011… heelwaarskynlik die Laaste Fees wat hier op aarde herdenk gaan word en wat ten einde loop op die 20-1/10/2011 heelwaarskynlik die Laaste Dag van die bestaan van hierdie generasie

    13 dae van die 1ste van die maand (van die Exodus) sou verloop voor die bloed van die lam op die aand van die 14de van die maand in die jaar 1447 V.C. aan die deurposte gesmeer moes word … ‘n dag wat jaarliks herdenk sou word en ‘n heenwysing na die Lam wat 1440 jaar later gebore sou word (op die 2de Oktober 7 V.C. volgens ons moderne kalender) en wat op die 14de dag van die maand Nissan van die jaar van ons Heer 33 gekruisig is

    ‘n vrydag die 13de is voorwaar betekenisvol maar Vrydag die 14de…. die dag wat daarop sou volg is ‘n dag wat Lewe sou bring des te meer.

    Geniet die 13de…! (sorry as dit al verby is….)

    (Rev 22:20) Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

    (Rev 22:21) Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

    johannes_11

    14 April 2007 at 14:27

  10. Die maand Nissan? Genugtig, dan’s daar baie plagiaatbakkies op ons paaie…

    Johan Swarts

    14 April 2007 at 14:37

  11. Sorry Nisan…. soplettend…. hoor soplettend

    dekka Lag

    johannes_11

    14 April 2007 at 14:48

  12. Johannes, die einde is al soveel keer geprofeteer en nog elke keer was die mense verkeerd.

    Wat gaan jy maak as 2011 kom en gaan en jy is nog hier in 2012? Saam met my moer toe die vreemde in voeter?

    George Maru

    15 April 2007 at 9:05

  13. George

    Beslis “back to the Bible”…. want dan is daar dinge aangaande “tyd” wat ons nie korrek verstaan nie…! As jou “moer toe die vreemde in voeter” beteken dat ons steeds na die Waarheid in die Bybel gaan soek dan gaan ek saam…!!

    Andersins… sorry dan bly ek net da…miskien vat die volgende Skrifgedeelte my goed saam…

    (Exo 33:13) As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.

    (Exo 33:14) En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?

    (Exo 33:15) Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.

    Gestel 20-1/10/2011 is die einde van tyd… hoop ek steeds ons sien mekaar da… kyk na hierdie interesante Skrifgedeelte…

    (Ecc 8:5) Whoso keepeth the commandment shall feel no evil thing: and a wise man’s heart discerneth both time and judgment.

    johannes coetzee

    19 April 2007 at 20:53

  14. Johannes, jy kan nie soeke na die waarheid beperk nie, net omdat jy bang is jy vind dit op ‘n plek waarvan jy nie hou nie.

    Jy sal maar moet agterbly en wag op jou pos – ten minste tot 2011. 😉

    George Maru

    20 April 2007 at 9:34

  15. George ..

    Op geen stadium het ek laat blyk dat die soeke na die waarheid beperk kan word nie… inteendeel dis ‘n opdrag van God… maar as ons vertrekpunt in nederige afhanklikheid by die Bybel as die Woord van God is… vind jy onmiddelik dat jy op ‘n plek is waarvan jy nie hou nie….? Hoekom ‘n hele reistog onderneem as jy by die “plek waarvan jy nie hou nie” kan begin…?

    Wie is gewoonlik bang ….? My ervaring is…. gewoonlik hy wat bang is vir die Waarheid?

    johannes_11

    20 April 2007 at 11:51

  16. Johannes, jy maak ‘n geweldige klomp aannames oor waar die waarheid te vinde is nie.

    George Maru

    22 April 2007 at 8:42

  17. “Gestel 20-1/10/2011 is die einde van tyd…”…



    …MAAR DIT IS NIE.

    Johan Swarts

    22 April 2007 at 10:20

  18. Johan Swart

    Het jy jou “MAAR DIT IS NIE.” teen alles wat in die Woord oor “tyd” geskrywe is gaan toets…?

    Dis “maar net” meer as 1640 dae of net minder as 234 weke … tot dan toe…. Ek pleit by jou om net daai Skrifgedeeltes in http://www.timehasanend.org te check…. dis die minste moeite. Moenie in dieselfde strik trap as die klomp skrifgeleerdes en wetsgeleerdes wat in die dae van Jesus geleef het nie.

    Tyd het ‘n Einde

    Voorwaar.

    johannes_11

    22 April 2007 at 18:25

  19. Wat sal jy doen as 2011 aanbreek en die son kom op, en die son gaan onder soos op enige ander dag?

    Ek vermoed daar sal weer ‘n klomp mense wees wat oombliklik na die grashalms van misinterpretasie gryp.

    idiwidi

    23 April 2007 at 4:46

  20. iDi

    Sien my antwoord op dieselfde vraag… hierbo… inskrywing no 13

    Ek sal beslis moet gaan na die Bybel … want dan het ons dit nie korrek verstaan nie…. God ken ons harte… Hy sal weet wie geworstel het met Sy Woord… en wie dit bloot net ignore het.

    God het hierdie 13000jaar inligting nou onlangs eers uit die Bybel vir die mensdom meer verstaanbaar gemaak…. Ek staan verstom om te sien hoeveel harmonie daar oor hierdie aspek van God se verlossingsplan, in die Bybel is…. daar word letterlik en figuurlik van elke jaar, van die begin van skepping af (11013V.C.) tot en met die einde (AD2011) daarvan, rekenskap gegee…. geen wonder dat God hierdie welbekende Skrifgedeelte vir ons aangeteken het nie…

    (Rev 22:13) Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

    Ek lei af dat jy jou erens in china bevind…. Julle behoort Family Radio selfs daar ook op te vang… doen my ‘n guns en kyk op http://www.familyradio.com wanneer hulle uitsaaitye oor die radio China bereik…. en kyk of jy kan in tune….?

    Vreugde in die vreemde… lees die pragtige verhaar in die boek Ester… miskien is daar baie “Esters” vandag wereldwyd… wat God gereedgemaak het… vir hierdie “laaste van laaste dae” waarin ons tans leef. Nog nooit het die mens kommunikasiegewys die vermoee gehad om die Ware Evangelie (veral via radio..) aan die wereld te bring nie… en ek reken die Afrikaners het beslis ‘n rol daarin te vervul… Hoekom dink jy is ons ou volkie “die wereld ingejaag … Moer toe die vreemde in…?”

    God het vir ons Sy wonderlike verlossingsplan in Sy Woord (die Bybel) uitgespel… die volk Israel van ouds het hulle “afgevee” aan Sy eerste koms, laat ons leer daaruit… en nie weer dieselfde foute maak nie.

    Hy… hierdie Messias… wat vandag so deur die wereld afgemaak word vanwee eiewaan selfregverdiging… staan op die punt om terug te keer….

    soos Hy aan ons in Sy Woord belowe het….

    en daardie Dag is hier…!

    2011 sal leer…?

    johannes_11

    23 April 2007 at 8:17


Lewer kommentaar