riviersonderend

DEUS EX MACHINA – I

with 4 comments

Dit gebeur seker maar as mens desperaat raak. Jy google die wye internet vir dealers en gaan deur foto’s asof dit suiker in ‘n Coke-fabriek is. Maar ek het vyf dae laas my fix gehad en ‘n man is mos nie ‘n klip nie.

Of dit die onttrekkingsimptome was, sal ek nie weet nie, maar ek dink onwillekeurig terug aan my universiteisdae. Toe het ek rondgerits in karre met name. Soos Ahasveros, Maleagi en Nebukadneser. Heel heilig. Dit was nou as ek saam met vriende gery het. Die blou volla was dan of buite aksie of ek was buite aksie of ons was meer as agt mense.

Karre en name. Ek kon dit nog nooit verstaan nie. Moenie verkeerd verstaan nie. Ek raak emosioneel-geheg aan my ryding. My rooi Honda het ek vir oor die 300,000 km gery voor ons paaie geskei het. Dit was nogal traumaties. Nie dat ek ‘n scene gemaak het nie. Ek het in die nuwe ryding geklim, weggery, en gewonder wat nou met my rooi Honda gaan gebeur? Ag, mag dit tog nie vir drag racing of spaarparte gebruik word nie. Ek kan daardie oomblik van selfverwyt en verlies as emosioneel beskryf.

Dit is net vir my vreemd om die ding ‘n naam te gee. Dalk omdat ek nog nooit into karre en rygoed was nie? Die nuwe ryding sou ook naamloos bly, het ek my trots voorgeneem. Ek gee nie karre simpel name nie. Tot daai dag toe ek besluit om op ‘n roadtrip na McGregor te gaan.

“Ek gaan McGregor toe. Cynthia stel belang om ‘n kothuis daar te koop. Is jy lus om saam te ry? Hoor sommer ook by A of sy lus is vir ‘n trip. Ek het vir Cynthia gesê sy moet ook self gaan kyk. Ek weet nie of sy van McGregor gaan hou nie. Dit is anders.”

Hoe is dit moontlik dat so ‘n eenvoudige boodskap met net een tussenganger so onherkenbaar vermink kan word dat A vra: “Hoekom wil jy spesifiek McGregor toe ry? Dit maak sin dat jy bietjie met Sylvia wil ry, maar waarom McGregor?” “Wie is Sylvia?” vra ek nou verward. “Jou nuwe bakkie,” lig A my in.

Nee.

Nee.

Nogmaals, nee.

Nee.

‘n 4×4 bakkie met ‘n naam? Sylvia?!

My protestasies was tevergeefs. Ek kan uitwei oor die fases van ontkenning, skok, onderhandeling, en woede waardeur ek moes worstel. Ek gaan nie.

My naam is George en ek ry ‘n bakkie genaamd Sylvia. Die naam het net gebeur.

Advertisements

Written by George Maru

11 April 2012 at 18:45

Posted in algemeen

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek hou van die titel van hierdie pos – nogal sprekend! En jy gaan baie lekker ry in ‘n bakkie wat Sylvia genoem word.

    hoendersop

    11 April 2012 at 18:57

  2. Mmm, nogal ‘n stylvolle naam vir ‘n bakkie 😆

    Ek raak emosioneel oor my ryding, al gee ek dit nie ‘n naam nie. Ek hoop nou nog die nuwe eienaars kyk mooi na my RunX’ie 😉

    Son

    15 April 2012 at 19:23

  3. […] George – met sy 4 x 4 bakkie, Sylvia […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: