riviersonderend

George groet

with 4 comments

Ek glo nie in lang afskeidsbriewe nie. Hierdie blog se eerste inskrywing was in Desember 2006 en ek is dankbaar dat ek hier met al my stront kon stoei en soms net sommer simpel kon wees.

Maar tyd staan nie stil nie. Nog minder mense. Ek weet nie hoe om hier aan te hou skryf nie. Alhoewel ek van die blog se naam hou, dink ek dit is gepas dat dit aan George behoort.

Diegene wat nog steeds hier gelees het: dankie.

Dit is egter nie die einde van my avonture in blogland nie. Inteendeel. Die rivier sal onder ander name aanhou vloei – ‘n vooruitsig waarna ek uitsien. Net sonder die bagasie van wat was.

Die enigste rede hoekom ek nog nie begin het nie, is omdat ek nog oor een aspek wroeg (ja, sommige dinge verander nie).

Ek weet nie of ek nog in Afrikaans wil skryf nie? Ek het vir ‘n wyle twee blogs oorweeg, een in Afrikaans en een in Engels. Ek weet egter dat ek net aan een sal aandag gee.

Miskien is dit nie net tyd vir ‘n nuwe blog nie, maar ook vir ‘n nuwe taal?

Advertisements

Written by George Maru

17 Junie 2012 at 19:10

Posted in algemeen

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Enige taal is reg, solank jy net nie heeltemal verdwyn nie!

    boerinballingskap

    18 Junie 2012 at 11:05

  2. Ek stem saam met BiB. Skryf!!!! Maak nie saak watter taal nie. Net nie in Grieks nie, asb! 😉

    O ja, en maak seker ons weet waar om jou te kry / lees 😆

    Son

    18 Junie 2012 at 14:41

  3. Onthou, hoe kleiner die dam, hoe groter die vis.

    Bertus!

    10 Julie 2012 at 21:19


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: