riviersonderend

Bonsaiboompies is demonies

with 30 comments

Het jy warm hande? Kweek jy bonsaiboompies? Hoor jy goeters? Mmm, ek weet nie hoe om die nuus aan jou oor te dra nie, maar jy is demonies besete. Soos in ‘n gevangene in Lucifer se mag, onder die invloed van die Satan homself.

My mond hang so groot oop oor wat in Moreleta Park NG gemeente verkondig word, dat ek beswaarlik kan kommentaar lewer. In hierdie uittreksel sal jy sien hoe demone vandag werk, aldus Ds. Bennie Mostert:

Ek kan vir u die ongelooflikste stories vertel van ‘n jong man. Toe hy 21 jaar oud was, het hy skielik net totaal beserk geraak. Hulle het hom na iemand toe gevat wat saam met hom gebid het. Hulle het hom ingespuit. Geen medikasie kon hom aan die slaap maak of bedaar nie. Daar het ‘n persoon ingestap en gesê; Ek bestraf jou in Jesus se naam. Bly stil! Skielik het die kind normaal daar gesit. Hulle het hom uitgevra, en uitgevra. Hulle kon niks kry in die okkultiese lyn nie. Toe kry hulle sy ma. Toe sê sy maar sy het nooit iets gedoen nie. Sy sê: Wag ek was een keer by ‘n fortuinvertelster en die fortuinvertelster het vir my gesê ek sal ‘n tweeling hê, maar daar was net een kind, wat van die begin af snaaks was. Hy het twee kleintongetjies gehad. Hy het ‘n pinkie aan elke hand by gehad, ‘n klein pinkietjie. Hierdie persoon het gesê: Goed, kom ons breek daardie vloek en houvas wat die bose op hierdie kind het. Sy het net gesê: Here Jesus ek breek hierdie houvas wat die bose gekry het deurdat hierdie vrou voor geboorte met hierdie kind by ‘n fortuinvertelster was. Die volgende oomblik hardloop hy spieël toe. Toe sê hy: Tannie kom kyk, ek het net een kleintongetjie. Na ‘n paar dae het hierdie vingertjies self verdroog en afgeval. Die tweelingbroer was toe ‘n demoon wat die duiwel gesê het moet saam met hierdie kind woon vir die res van sy lewe. Die dag toe hy 21 word, kom vat hy sy persoonlikheid oor.

So wat is alles demonies geïnspireer? Wel, eintlik enige iets wat nie Afrikaans en Gereformeerd is nie, maar gaan gerus deur die lys – ek is seker jy is ook daar iewers:

Christian Science, The Unification Church van Sun Yung Moon, Hari Krishna, Bahai, Islam, Boeddhisme, Hindoeïsme, Taoïsme, Zen Boeddhisme, Confucianisme, satanisme, spiritisme, Scientology, Teosofie, transendentale meditasie, die Rose Kruiser, Antroposofie, Vrymesselary, die New Age beweging, heksery, humanisme, nihilisme, alternatiewe geneeswyses, akupunktuur, drukpunt, massering, homeopatie, iriskopie, magnetisme, chiropraktyk, mense wat na die slamaaiers toe gaan vir medisyne, mense wat hulle auras laat lees, ouens wat na die sangomas toe gaan, hipnose, selfhipnose, naturopatie, refleksologie, Yoga, biofeedback, verskillende vorme van droomterapie, mense wat warm hande het, kirlian photography, astrologie, voodoo, psychic surgery, handpalm lees, heldersiendheid, mense wat helderhorend is, hoor goeters, teekoppie lees, waarsêende drome, ongeoorloofde seksuele praktyke, owerspel, voorhuwelikse seks, homoseksualisme [sic], lesbianisme [sic], bloedskande, verkragting, kindermolestering, seks met demone, of seks met diere, karate, judo, punk, post punk, heavy metal, black metal, reggae, hard rock, rock operas, new wave psigedeliese musiek, acid rock, dwelmmiddels, Halloween, The Omen, Rosemary’s Baby, Black Christmas en ander vorme van okkultiese films soos the Exorcist, towery, astrale projeksie, levitasie, aardmagnetisme, outomatiese skryf, bonsaiboompies, ikebana, hangertjies wat ‘n okkultiese betekenis het, soos byvoorbeeld ‘n St Christopher of ‘n hangertjie met een van die diereriemtekens aan.

Goed, hier het ek gestop – daar is sowaar nog. Ons leef in ‘n gevaarlike wêreld mense, ek vlug sommer Darfoer toe.

Nou ja, godsdiens in 2007. In die wêreld se grootste NG kerk.

Advertisements

Written by George Maru

25 Maart 2007 at 6:42

Posted in godsdiens

Tagged with

30 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dis ‘n denominale skaapplaas vol disleksiese verkleurmanntjies, nie ‘n kerk nie.

    Johan Swarts

    25 Maart 2007 at 18:26

  2. Ek skaam my elke keer as ek in daai monstrositeit se skadu moet verbybeweeg. Ek het vroeër die week vir iemand in ‘n epos gese^ dat ek dink die NG kerk Moreletapark het ‘n bidgroepie vir my en my baas – wat daarnaby werksaam is. Ons twee oortree gesamentlik ten minste ‘n kwart van die items op daai lysie.

    Woe is us…

    Adam

    25 Maart 2007 at 22:28

  3. ek verstaan nie lekker hoe hulle kan dink humanisme is boos nie. kent hovind het dan juis nié by hulle uitgekom nie.

    t ‘ag…

    Johan Swarts

    26 Maart 2007 at 1:37

  4. So the moral of the story is?

    Grow bonsai trees and you’ll get extra fingers?

    Steve

    26 Maart 2007 at 5:56

  5. Ek wou kyk hoe hoog ek score op die lys, maar besef toe dit is ‘n onmoontlike taak, bv. ek is doodseker Pink Floyd en Green Day laat my kwalifiseer. Maar is dit net een demoon vir al die slegte musiek, of een per kunstenaar, of een per CD? Kry jy dus ‘n Pink Floyd-demoon en ‘n Bob Marley-demoon?

    En waarheen gaan die demone as jy hulle uitdryf? Soek hulle ‘n ander huis? Ek sal nie daarvan hou as ek weet my demone het nou in iemand anders ingevaar nie. Miskien moet elkeen maar sy eie demone hou?

    George Maru

    26 Maart 2007 at 8:04

  6. Daai lys is so lank ek het nie eers halfpad deur hom gekom nie. Miskien moet julle duim vashou ek behou al my klaarblyklike demone…. 😉

    Da Mario

    26 Maart 2007 at 12:03

    • Mag die Here u help om die erns van die saak te besef

      Anoniem

      28 Februarie 2013 at 0:56

  7. […] trees are demonic Bonsai trees are demonic — or so it seems Dominee Bennie Mostert of the Moreleta Park NG Kerk has […]

  8. How medieval! I think we should burn Dominee Mostert at the stake.

    Grunt

    30 Maart 2007 at 11:30

  9. As long as no indigenous trees are harmed in the process.

    George Maru

    30 Maart 2007 at 16:06

  10. The message of the cross is foolishness to those who are headed for destruction! But we who are being saved know it is the very power of God. As the scriptures say, “I will destroy the wisdom of the wise and discard the intelligence of the intelligent.” So where does this leave the philosophers, the scholars, and the worlds brilliant debaters? (If you want to know you can find out in 1 Corinthians 1from verse 18 onwards.)

    Follower of the way

    2 April 2007 at 12:01

  11. Follower of the way: I don’t understand, though the “headed for destruction”-part does not sound too nice.

    George Maru

    2 April 2007 at 12:58

  12. ‘n Hele paar filosowe het reeds “kennis” tot in die aarde toe afgebreek. God is te laat daarvoor…

    Johan Swarts

    3 April 2007 at 9:13

  13. Wat kan u my vertel van sielsverbindinge?

    E. Matthee

    10 April 2007 at 16:19

  14. Niks. Wat is dit?

    George

    10 April 2007 at 17:35

  15. Interessant, ek het kennis opgedoen.

    Hans Matthysen

    21 Mei 2007 at 22:11

  16. Don’t forget about “magnum” ice cream either:

    “Het u in die laaste tyd agtergekom hoeveel advertensies daar op TV is waar mense binne-in die advertensie verlei word? Die nuutste een is van daardie ‘girl’ wat so uit die dak uit hang met haar pylgeweer om daardie stukkie geld te steel. Dan vat sy vir haar ‘n magnum. Dit is verleidend.”

    fridaytraffic

    5 Junie 2007 at 14:46

  17. Se nou net NG Gemeente Moreleta se Elza Meyer is reg

    Hoop vir jul part julle kry nie ‘n surprise nie

    jeanette

    9 Julie 2007 at 15:36

  18. Groot sal julle surprice wees

    Dirk Coetzee - 27Augustus 2007

    27 Augustus 2007 at 21:32

  19. Mense moet ophou om mekaar aan te val. Ek dink nie ons opinies is belangrik nie. God sê beproef alle dinge en behou die goeie. Hoe weet ons wat is die goeie? Ons raadpleeg Sy Woord en meet alles wat ons wil doen daaraan. As dit iets is om Hom te verheerlik, DOEN dit. As dit jou laat twyfel, LOS dit.

    Babsie de Beer

    10 September 2007 at 22:20

  20. Hey all !

    I’ve found this website while browsing on Google.

    If you like Bonsai trees, like me, here’s my website :

    http://Bonsai.sufx.net

    You can find great information about bonsai trees. Learn how to care, prune, and alot more.

    Leonte Cristian

    27 September 2007 at 17:48

  21. Ek is so geskok oor baie van die reaksies op hierdie insetsel. Indien jy ‘n verhouding met ons Lewende God het, kan jy Hom maar net vra om jou te lei en dinge uit te wys wat verkeerd is. Ek is net seker dit maak Hom baie bedroef om te sien hoe mense mekaar sleg-se. Hy is lief vir ons almal en Jesus het vir ONS ALMAL aan die kruis gesterf – juis vir die wat hom verwerp!
    Gelukkig dien ons ‘n genadige God – Hy vergewe ons ELKE KEER wanneer ons opreg berou het…

    Maryna Fouche

    14 Maart 2008 at 16:51

  22. Maryna,

    Ek is jammer dat jy geskok is – ek weet ook nie presies wat geskryf is wat jou so geskok het nie.

    Die pos is redelik lank terug geskryf en verteenwoordig nie meer dit waarvoor hierdie blog staan nie. Betreffende hierdie tipe temas en gesprekke volstaan ek met die standpunt dat die Kerk oor die algemeen ‘n baie, baie slegte idee is.

    George Maru

    15 Maart 2008 at 22:40

  23. Sjoe!
    Die woord sê my volk gaan ten gronde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.
    Waar put jy jou kennis?
    Boeke of God?
    Kerk is sleg – Hoekom? dis nie oor God nie dis oor die mens.
    Wie het eva verlei – ‘n boom of ‘n slang – dit was die duiwel vermom.
    Nou kom die duiwel vandag en laat ons stry oor allerhande sektes etc en goed wat demonies ensovoorts is. Dis presies wat hy wil hê -baklei, stry, mors jou tyd!
    Waarom moet jy vir iemand kos gee of ‘n drukkie; Nee man Snoei eerder jou Bonsai boompie sodat hy mooier kan lyk; julle mis die punt.
    Daar is demone – en ja moenie die deur vir hulle oopmaak nie – want jou openbaring is groot. Maar gaan sit eerder by God se voete en vra Hom wat wil U hê moet ek vandag doen en beteken.
    Get back to the basics – God is liefde;

    Janine

    9 April 2008 at 10:04

  24. Dis ‘n lekker stuk die, George! Ek glo demone is regtig, hoewel ek nog nie een in lewende lywe ontmoet het nie en ook nie juis graag wil nie. (As ek nou heeltemaal eerlik moet wees.) Soek mens hulle, sal jy hulle verseker kry. Het persoonlik nie die tyd of die lus vir ‘n demoonjagtog nie. Daar is seker mense wat besete is met demone. Maar om dit as verskoning te gebruik vir jou eie menslike swakheid..? “Die demoon in my bonsai het my dit laat doen” ??? He-he. Bekamp maar liewer die bose met die goeie, voel ek.

    vygie

    9 April 2008 at 12:06

  25. Vygie, die idee is dat ons hulle nie sien nie. Al ooit die seding gehoor: “The greatest trick the Devil ever pulled was convincing the world he doesn’t exist?” of iets in diervoege…

    In oorlog is dit moeiliker om ‘n onsigbare vyand te veg as ‘n sigbare een…

    boerinbeton

    19 Desember 2008 at 23:41

  26. Ek dog dan ‘n boer in beton gaan nie kerk toe nie want dit is ‘n drag?

    George Maru

    20 Desember 2008 at 9:21

  27. Die kommentare op hierdie blog laat my onteenseglik dink aan die badkamer grafiti …God is dead Nitsche …en dan die antwoord …Nitsche is dead…My volk gaan ten gronde agv ‘n gebrek aan kennis. Uit my persoonlike erfaring kan ek vir julle se dat hierdie nie nonsens is nie en om so arogant daaroor te spot sal julle duur te staan kom. Die duiwel is ‘n brullende leeu en opsoek na wie hy kan verslind. As mens sy bestaan en sy slingse planne ontken is jy soos ‘n lammetjie ter slagting. Vra maar ‘n satanis of die duiwel bestaan en wat sy kragte is en jy sal skrik. Jou onkunde sal jou ondergaan wees. Skrik wakker en ruik die koffie. Ons grootse geskenk is Jesus se bloed as jy nog nie die krag daarvan erfaar het nie…my simpatie. Seen vir julle.

    Eugene

    25 Augustus 2009 at 15:21

  28. Ek lees nou ook al die kommentaar en skud ook maar net my kop.

    So teen my wil moes ek al ‘n paar keer met die goed deel en kan se dat daar verseker so iets soos demone is. Ek kan nie daardie hele lysie bevestig nie maar kan getuig dat yoga, pornografie, seks buite die huwelik, metal, vrymesselary en die sien van sangomas verseker kan lei tot demoniese infestasie, ek het dit al met my eie oe gesien en moes aanspreek!

    Dis snaaks hoe mense dit belaglik maak maar sodra so ‘n demoon in ‘n persoon begin manifesteer, dan is hulle ewe skielik nie meer so clever nie en NG Kerk Moreleta (as voorbeeld) is ewe skielik hulle beste vriend. So ‘n ervaring is nogal ‘n “eye opener”.

    Aan die Christene daar buite wil ek se ons dien ‘n groot en almagtige God, hierdie goed sidder en beef behoorlik vir die naam van Jesus Christus. Staan sterk in Jesus naam en dank hom dat daar nog in hierdie tye kerke is wat bereid is om “onpopuler” te wees om sy wil te doen.

    Neil

    Neil

    21 November 2010 at 22:02

  29. Ek stem saam met Moreletta N.G.Gemmente oor daardie lys van demoniese magte waarvan hulle skryf,al is dit gedurende 2007 gesê Pieter Etsebeth.

    pieter, Abraham, Etsebeth.

    20 September 2014 at 16:26


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: