riviersonderend

DEUS EX MACHINA – II

with 9 comments

Ek sit op die persiese tapyt en kyk na Moeder Maria teen die muur. “Gee jy om as ek rook?’ vra my shrink. Sy sit met haar rug teen die stoel en reik na die Camel Lights op die koffietafel. “Wil jy een hê?” Ek sê dat ek nie rook nie, maar gee maar. “Hoekom is jy hier?” wil sy nou weet. Eintlik wonder ek self. Hoe verduidelik ek dat ek deur my tweede midlife crisis gaan op 32? Ek sou dog dit raak beter, maar die een voel erger as my eerste op 25.

Dit voel soos gister toe ek deur my tweede midlife krisis gewerk het met die hulp van tarotkaarte, past life regressions en boeke oor argetipes wat jou jou plek in die universe wys. Nou is ek weer hier. Maar die keer is dit tyd vir die ware Jakob. Toe was dit soveel makliker. Die krisis het na my toe gekom. Nou moet ek die krisis loop soek.

Ek gaan vra vir antwoorde by Wikipedia. Die Wikipedia artikel oor midlife crisis begin nie belowend nie: “Academic research since the 1980s rejects the notion of midlife crisis as a phase that most adults go through.” As daar dan so iets is, affekteer dit blykbaar minder as 10% van volwassenes in Amerika waar die studies gedoen is.

Gedrag wat mens tipies by hierdie mense kan verwag:
• Hulle begin te veel drink;
• Hulle kry depressie;
• Hulle koop motorfietse, motorbote, sportkarre, duur juweliersware, of kry tattoes;
• Hulle begin klere dra wat hulle nie pas nie of kam die bleskolle toe;
• Hulle begin verhoudings met jong bokkies.

Opsies. Ek hou daarvan. Alhoewel alkoholmisbruik en depressie buite die kwessie is, want ek sien nie kans vir die emosionele drama wat dit vereis nie. Daar was ‘n tyd wat ek ‘n motorboot ernstig oorweeg het, maar my entoesiasme het te gou getaan. Sportkarre maak my nie opgewonde nie. Spoed laat my koud. ‘n Tattoe kan werk, maar waar ek ‘n tattoe wil hê, sal bitter min mense te siene kry. En wat is ‘n midlife crisis nou sonder toeskouers?

Dalk ‘n affair met ‘n 22-jarige? Ek dink terug aan toe ek 22 was. Miskien is daar 22-jariges wat meer uitgesorteer is as wat ek was op 22. Ek was ‘n mess. Nie eers ‘n hot mess nie, net ‘n mess. Nee wat, en dan moet jy ook nog emosioneel beskikbaar wees.

Die opsies lyk nie baie belowend vir iemand wat gedetermineerd is om ‘n krisis te hê nie. Daar is egter een opsie wat ek nog glad nie oorweeg het nie: ‘n motorfiets, m.a.w. ‘n doodskis op wiele.

Motorfietse. Kon nog nooit verstaan wat mense daarin sien nie. Hulle lawaai, motorfietsryers is hooligans en hulle almal wil net groot tiete op bikes sien. Vreemde spul.

Hoe dit dan gebeur het, dat ek nou hier – dolverlief – sit en skryf, is nog onduidelik.

Ja, mense sal sê dit is net ‘n masjien. Maar hierdie tweewiel het ‘n siel. Haar naam is Leila.

Written by George Maru

22 April 2012 at 20:50

Posted in algemeen

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Aha. Watse masjien is dit ? Zxr, Zzr, Gsx, Hayabusa ….. BMW ?

    jagternw1976

    23 April 2012 at 11:06

    • Jislaaik! Ek sal mos sterf binne die eerste 30 sekondes op een van daai bikes. My skill level laat dit net nie toe op die oomblik nie 🙂 Ek vat dit maar rustig met ‘n Honda NC700X (dit is ‘n nuwe bike). Dit is ideaal vir commute waarvoor ek dit nodig het.

      George Maru

      25 April 2012 at 18:05

      • He he. O ok …. Gou op Google geloer – Baie mooi fiets.

        jagternw1976

        26 April 2012 at 11:29

  2. Daar is net IETS omtrent ‘n motorfiets, met of sonder die krisis. Ek het selfs met my eerste man getrou oor sy motorfiets. Fok – pleks ek net toe al net vir myself een gekoop het – sou my baie moeite gespaar het 😈

    My lonesome old heart still feels the same,
    So Leila won’t you steal away.
    Leila, Leila your mind, will be flying high
    And everything will be alright.

    Son

    23 April 2012 at 12:58

    • Hoekom laat WordPress nie toe dat mens ‘n comment kan laaik nie? Want ek laaik jou comment kwaai Son.

      George Maru

      25 April 2012 at 18:06

      • Daar is deesdae so ‘n widget of ‘n ding wat jy kan aktiveer, dan kan jy comments like 🙂

        Son

        26 April 2012 at 15:39

  3. Maar dis gevaarlik.

    Bertus!

    27 April 2012 at 13:54

    • Maar Bertus!! Dit is Zen.

      Anoniem

      27 April 2012 at 15:35

      • Skuus dit is ekke, George. Weet nou nie hoekom WordPress my anoniem maak nie.

        Anoniem

        27 April 2012 at 15:36


Lewer kommentaar