riviersonderend

Posts Tagged ‘tagged!

Onthulling

with 10 comments

Die babes (René, sonkind, oopkop) het my getag! Dit beteken dat ek iets van myself moet onthul. Ek het gedog ek kan julle vertel dat ek ‘n taurus is, maar dit sal die nie-tauri net jaloers maak.

So, sonder enige verwyl.

1. Ek het onlangs plek gemaak in my iTunes biblioteek vir Dolly Parton. Dolly Parton mense!

2. Ek drink nie meer saam met lesbiete nie. Sommige lesse leer mens op die harde manier. Ek is blykbaar ‘n sissie wat tequila betref.

3. Ek het al op ‘n bekende Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar se grasperk in Irene gevomeer. Dit is die oorsprong van ‘n baie ongelukkige bynaam.

4. Die TV-reeks Northern Exposure (oorgeklank in Afrikaans as Goeiemôre Alaska) het as inspirasie gedien vir een van my top sexual fantasies. Weens logistieke probleme was dit nog nie uitvoerbaar nie. (Ek sweer my hits gaan vertrippel oor die gebruik van die term “sexual fantasies”. Sexual fantasies. Sexual fantasies. Sexual fantasies.)

5. Ek het al Love on the rocks voor die haaitenk in die Two Oceans Akwarium gekaraoke met ‘n mikrofoon in die een hand en ‘n glas whisky in die ander.

6. Ek kan nie sing nie.

7. Ek het al gepreek. Ook op troues. En eerste ekstra wyn by die bar gaan haal.

8. Ek het nog nooit iets gedoen waaroor ek bitter spyt was nie. Wel goed nie gedoen nie waaroor ek spyt is.

Ek tag vir: die Rev, Karin, idiwidi (as die vrou naby die internets is), alleman, Johan, Hugo, fredddels, Nico en oppietrap (staan op, demmit!). Ek dink die ander is reeds getag.

Written by George Maru

27 November 2007 at 21:39

Posted in sommer net

Tagged with