riviersonderend

Archive for the ‘afrikaans’ Category

Dans! Dans! Dans!

with 4 comments

Nou ja, die groot gewag is verby. Jack Parow se video van Dans, dans, dans, is uiteindelik op die interwebs.

Dit is werklik al waarvan jy vandag op die internet hoef kennis te neem.

Viva Afrikaans, viva!

Advertisements

Written by George Maru

6 Mei 2010 at 19:08

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with

Soek jy Die Antwoord?

with 18 comments

Die Antwoord vind jy in die zeffifikasie van alles wat is. Die Antwoord vertrou op die ninja. Die Antwoord is nie Steve nie. Ook nie Kurt nie. Die Antwoord se hart klop nie tjoklits nie.

Jy sal nie Die Antwoord by die Huisgenoot Skouspel vind nie.

Besluit maar wat jy dink van Die Antwoord. Dit gebeur egter nie elke dag dat ‘n Afrikaanse groep se video op Youtube al meer as 1 miljoen keer bekyk is nie.

Written by George Maru

17 Februarie 2010 at 7:03

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with

Die ander Suzanne

with 5 comments

Oor die algemeen is ek nie ‘n groot voorstander van sangers wat liedjies van een taal na ‘n ander vertaal nie. Dit is seker maar omdat daar soveel musiek van massavernietiging in Afrikaans gepleeg word deur ‘n tunetjie van klanke te voorsien.

Wanneer dit goed gedoen word, bied dit ook ‘n nuwe, verrassende perspektief op die oorspronklike liedjie. Een van my gunstelingliedjies is Leonard Cohen se Suzanne. Ek het, naas Cohen se weergawe, vyf weergawes van die liedjie waar Joan Baez, Nina Simone, Daniele Pascal, Neil Diamond en Herman van Veen dit sing.

Herman van Veen het dit in Nederlands vertaal. Ek wil beweer dat van Veen se weergawe myns insiens selfs beter as die oorsponklike vertolking van Leonard Cohen is. Die vertaling verdien om as poësie in eie reg beskou te word.

Luister, lees en geniet.

Suzanne neemt je mee,
naar een bank aan het water,
duizend schepen gaan voorbij
en toch wordt ‘t maar niet later,
en je weet dat zij gijn gek is,
want daarom zit je naast haar
en ze geeft je pepermuntjes,
want ze geeft je graag iets tastbaars
en net als je haar wilt zeggen:
‘ik kan jou geen liefde geven’
komt heel de stad tot leven en hoor
je meeuwen schreeuwen,
je hebt steeds van haar gehouden,
en je wilt wel met haar meegaan,
samen naar de overkant
en je moet haar wel vertrouwen,
want ze houdt al jouw gedachten in haar hand

en Jezus was een visser,
die het water zo vertrouwde,
dat Hij zomaar over zee liep,
omdat Hij had leren houden
van de golven en de branding,
waarin niemand kan verdrinken,
Hij zei: ‘ Als men blijft geloven,
kan de zwaarste steen niet zinken’.
Maar de hemel ging pas open,
toen Zijn lichaam was gebroken
en hoe Hij heeft geleden,
dat weet alleen de Visser aan ‘t kruis
en je wilt wel met Hem meegaan,
samen naar de overkant
en je moet Hem wel vertrouwen,
want Hij houdt al jouw gedachten in Zijn hand.

Suzanne neemt je mee,
naar een bank aan het water,
je onthoudt waar ze naar kijkt,
als herinnering voor later
en het zonlicht lijkt wel honing,
waaraan kinderen zich te goed doen
en het grasveld ligt bezaaid met wat de
mensen zoal weg doen,
in de goot liggen de helden,
met een glimlach op de lippen
en de meeuwen in de lucht,
lijken net verdwaalde stippen,
als Suzanne je lachend aankijkt
en je wilt wel met haar meegaan,
samen naar de overkant
en je moet haar wel vertrouwen,
want ze houdt al jouw gedachten in haar hand

Written by George Maru

1 Julie 2008 at 23:53

Die slakspoortjie van ‘n volk?

with 14 comments

Aanvanklik het ek my nie veel gesteur aan die gebeure op Greytown nie. 60,000 (volgens Die Rapport) mans het byeengekom om hul sonde voor die Here te bely en is as die “Mighty Men” gesalf. Dit sal lei tot die begin van die einde van ons probleme in hierdie ongelukkige land.

Eers het ek dit effe amusant gevind. Namate ek met mense gepraat het wat dit positief beleef, voel ek anders. Dit is nie snaaks nie. Ons is besig om die begin van die einde van ‘n volk te aanskou.

Die Afrikaner is sterwend.

Ons is angstig op soek na antwoorde om die onafwendbare te vermy. Die Afrikaner was nog altyd gelowig en het hom tot ‘n hoër hand gewend in tye van droogte, dreigende onheil van volke en rasse wat sy geboortereg van hom wou afneem en aanslagte van die bose. Daarom is dit seker nie vreemd dat dit nou ook so sal wees nie.

Daar is vandag nie ‘n gebrek aan uitdagings en gevare in hierdie land nie: misdaad, ekonomiese onsekerheid oor regstellende aksie en werkloosheid, Afrikaleiers se onvermoë om die kontinent se probleme aan te spreek, morele verval, die wegvlug van openbare ruimtes na die veiligheid agter sekuriteitsmure en die gepaardgaande afgestompheid.

Die antwoorde wat voorgehou word, is eenvoudig: sê vir die Here jy is jammer oor die hoogmoed in jou hart, neem weer jou gesagsposisie in die huis in as man, kry die gays om hulle te bekeer van hul losbandigheid en sit die kerkbanke vol. En bid. Bid dat dinge moet beter raak. Glo net, en dit sal!

Soos ek verstaan, werk die redenasie as volg: God is kwaad oor al hierdie dinge en nou straf hy die Afrikaner. Maak net hierdie dinge reg en Hy sal sy kant bring.

Hierdie antwoorde is geweldig populêr, want dit is bietjie wyn vir die pyn, sonder dat dit die dieperliggende uitdagings oopkrap. Dit herinner aan die bekende, goeie goue era. Al is dit leeg, maak dit nie saak nie. Te midde van soveel onsekerheid, word daar gehunker na die bekende.

Dit maak die Afrikaner steeds besonders naïef en goedgelowig. Gebed het nie gehelp vir 6,000,000 Jode nie. Dit het niks verander aan die lot van 300,000 Darfoeri’s nie. 800,000 Rwandese het ten spyte van hulle gebede gesterf. Die lys is nimmereindigend.

Tog wil die Afrikaner glo dat hy spesiaal is. ‘n Vrome hart kan al die probleme wegneem. Ook daardie kwellende onrustigheid waaroor daar nie veel gepraat word nie, maar wel in die Afrikanergemoed leef.

Gaan daar nog Afrikaners oor 150 jaar wees?

Ironies genoeg hang die Afrikaner se toekoms vandag volkome af van Afrika se lot – dieselfde Afrika waarvan die Afrikaner hom wou losmaak. As Suid-Afrika en Afrika se vooruitsigte verbeter, is daar hoop vir die Afrikaner. Indien nie, sal die volgende geslagte Afrikaners toenemend emigreer. Hulle kinders en die se kinders sal assimileer en Canucks, Aussies en Kiwis word. Minder Afrikaners sal oorbly in Suid-Afrika; hulle ekonomiese invloed sal afneem. Noodwendig sal dit moeiliker en moeiliker word om Afrikaans in skole en universiteite as onderrigtaal te behou. Minder boeke sal verkoop en gelees word. Minder advertensies in Afrikaans. Minder TV-tyd. Minder radio-tyd. Minder Afrikaans. Minder Afrikaners.

Met die nuus van nog ‘n gesin wat emigreer raak die gebed nog dringender. God word ernstiger gesmeek om die Afrikaner die beker van sy naderende dood te spaar en die Afrikaner die ewige lewe te gee, soos Hy belowe het.

Ek vermoed dat daar in die Afrikaner-onderbewuste ‘n besef is van die weerlose posisie waarin die volk hom bevind; die uitdagings wat soos die Himalajas voor hom verrys; en die uiteindelike futiliteit om te hoop op ‘n De la Rey of ‘n hoër hand. Want dit is Afrika wat sy toekoms sal bepaal en Afrika se toekoms lyk nie juis op die oomblik rooskleurig nie.

Deon Opperman het reeds in Donkerland die toekoms gesien. So vervlietend as a slakspoortjie oor die rots van Donkerland, so is die Afrikaner se tyd in Afrika. Dieselfde Afrika wat sy enigste tuiste was.

Ons lééf met daardie besef, ten spyte van ons gebede.

Written by George Maru

28 April 2008 at 10:38

Posted in afrikaans, godsdiens, nuus

Tagged with , ,

Begrafnis op Koffiefontein

with 13 comments

O my siel! Hou vas jou hart, ons gaan begrafnis hou! Terwyl ek so effe windverwaaid deur Youtube seil, kom ek toevallig op ‘n video knipsel af. Julle sal nie raai van wat nie!

Dit is 1989. Riaan Cruywagen lees die Afrikaanse nuus (hoe is dit moontlik dat hy in 2008 steeds lyk soos hy in 1989 gelyk het?!). Die video begin met ‘n laaste beeld van Freddie Mercury. Maar dit is nie belangrik nie, want volgende hou ons begrafnis. Op Koffiefontein. Etienne Leroux se begrafnis. Leroux was een van Afrikaans se grootste skrywers en is veral deur die Afrikaner vergruis. Hy is bekend vir werke soos Sewe Dae by die Silbersteins, Magersfontein, o Magersfontein en Een vir Azazel.

Ek plaas ‘n artikel van hom wat in Insig (nog ‘n begrafnisgeval), Maart 2006, verskyn het. Hy was ‘n fenomeen. Formidabel. En Afrikaans.

My Dans met God

Deur Etienne Leroux

Ek was ‘n baba in die arms van ‘n bruin vrou en daar was ‘n begrafnis met baie blomme en mense in swart pakke en die reuk van kamfer en die geur van kruisement. As baba druk en my hand teen die radiator van ‘n ou Ford en brand my brose velletjie af. (Ek het dit jare later daarna bevestig in ‘n gesprek met my vader. Ek onthou dit, het hy vir my gesê. Maar hoe kan jy dit onthou? Jy was toe drie.)

Die natuur, God, huisgodsdiens, spoke, poltergeists, en die kerkklokke wat lui in die lokasies van dié Middeleeuse agtergrond. Op my pa se escritoire was ‘n brons uil. Ek het kinkhoes gehad en kinkhoes gehoes op pad na my ouma se huis, verby die watersloot met krappe, en die heinings met die grenadellablomme. My ouma het my stroop gegee en koekies uit haar sombere spens. My oupa het my met sy kierie geraps toe ek die verbode vrug, lukwarte, in sy netjiese tuin gesteel het.

Een aand het ek in die volstruisveerhuis, ál die vensters en deure met hortjies gesluit, ‘n wit lig gewaar. Dit was ‘n soort maanlig wat die hele kamer verlig het. Dis ‘n spook, het die diensmeisie gesê wat in ons kamer geslaap het. Trek die lakens oor jou gesig, en dan sal jy dit nie sien nie.

‘n Rukkie daarna kry ek masels. My koors was 104. Daar was geen verband tussen my visie en die koors nie, want ek het die wit lig nie weer gesien nie en die vloek van masels was dat ek nie kon lees nie.

Die geïllustreerde Kinderbybel was my riglyn: ek kon vir ure die stories lees en interpreteer. Daarná het ek die Pilgrim’s Progress bekom en dit het my soeke dinamies geprikkel. Toe gee my pa my sowel die Griekse sages om te lees as die Arturiaanse legendes. Asook die sprokies van Grimm en Andersen. Asook Dickens en Die sewe duiwels.

Intussen was daar ook ‘n meisie wat vallende siekte gehad het en my gedurig agtervolg het. In haar verlange tot kommunikasie het sy op die onverwagste oomblikke verskyn: in die dag op die hoek van die straat; één aand in my kamer verlig deur kerslig. Kom ons hol, sê Sarah terwyl ons in stywe omhelsing in die hangkas wegkruip. (Sarah was toe nog nie op die wetboek geplaas as voorbeeld van ontug nie.)

Yahweh en Christus het oor al twee my skouers geloer in hierdie vreemde wêreld.

Ek sit as kind in die kerk van my oupa.

Ons eet pepermente terwyl my oom improviseer met die lied in sy stem: as die gemeente styg dan daal hy; daal hulle, dan hef hy sy falsetto tot borduursel. Die dominee wys op ons sondes. Hy begin met abstraksies en dan rig hy hom tot besonderhede. Maar alles is veilig. Niks raak jou as kind nie. Die Sekhinah sweef deur die kerk. Op sy eie manier is dit die ritueel van ‘n uitverkore volk. Dit was ons geloof.

Written by George Maru

29 Maart 2008 at 18:18

As jy ‘n song was…

with 19 comments

As jy jouself in een song kon opsom, watter song sou dit wees?

Written by George Maru

26 Februarie 2008 at 6:52

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with , ,

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

with 2 comments

Elisabeth Eybers is dood. Woorde is daar nie. Ek laat haar self spreek. Die gedig van ‘n moeder aan haar kind, kom uit Valreep/Stirrup-cup (2005).

VIR BERT

Noudat jy swyg is daar niks meer
vir my om ooit nog te begeer
buiten die tydstip waarop ek
dieselfde stilte mag betrek.

Written by George Maru

3 Desember 2007 at 8:18