riviersonderend

Soek jy Die Antwoord?

with 18 comments

Die Antwoord vind jy in die zeffifikasie van alles wat is. Die Antwoord vertrou op die ninja. Die Antwoord is nie Steve nie. Ook nie Kurt nie. Die Antwoord se hart klop nie tjoklits nie.

Jy sal nie Die Antwoord by die Huisgenoot Skouspel vind nie.

Besluit maar wat jy dink van Die Antwoord. Dit gebeur egter nie elke dag dat ‘n Afrikaanse groep se video op Youtube al meer as 1 miljoen keer bekyk is nie.

Written by George Maru

17 Februarie 2010 at 7:03

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with

18 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ja dit klink soos straatmusiek van ‘n underclass eerder as zef (of dis in elk geval nie wat ek as zef verstaan het nie).
    Die vraag is of dit eg is. Duidelik het die wit outjies uit Belville iets in die lyn van talent, maar kom hulle perdalkies uit middelklas huise?

    alleman

    17 Februarie 2010 at 10:18

  2. As dit die antwoord is, wat is die vraag?
    Hoe banaal kan ons wees?
    Hoe laag kan ons daal?
    Wat kan ons doen om te skok?
    Kan ons Fokofpolisiekar na gospel laat klink?

    Ek het al ‘n paar maande gelede op hulle afgekom en self nie geweet wat om daarvan te maak nie. Nadat ek egter na meeste van hulle videos gekyk het, onderhoude geluister het en artikels gelees het, het ek besluit dat hulle regtig die “lowest common denominator” najaag. Ek glo hulle het talent, maar nou-ja…selfs Hitler het talent gehad. Hulle is duidelik daarop uit om te skok en slaag 100% in hulle doel. Dit, tesame met die feit dat van hulle videos visueel baie goed is, sorg vir hulle skielike gewildheid.
    Ek kan bloot maklik se dis in elke geval nie my tipe musiek nie, maar selfs al het ek van rap gehou, glo ek dat rou banaliteit nie ‘n noodsaaklike resep is vir sukses nie. Behalwe vir hulle naam en hier en daar lirieke, is hulle ook nou nie werklik Afrikaans dit wil uit onderhoude voorkom asof hulle hulself spesifiek in Engels bemark.
    Maar, nou-ja…soos Valiant Swart se: daar’s ‘n mark vir alle tipe musiek. Solank ek nie daarna hoef te luister nie, kan hulle maar “sing”.
    Hulleself se self oor die wat nie van hulle musiek hou nie: “F*k hulle”. Dus is ek seker nou gef*k! 🙂

    boerinballingskap

    17 Februarie 2010 at 15:50

  3. As hulle die antwoord is, weet ek nie of ek wil weet wat die vraag is nie…

    Ek stem saam met Boeri op die ene.

    kaalvoetinireen

    17 Februarie 2010 at 18:11

  4. Die vraag is hoekom is dit al 1 miljoen keer op YouTube bekyk? Ek dink die antwoord hierop is baie duidelik, en dis nie ‘n kompliment nie. Met ander woorde, die hoeveel keer wat mense na iemand se gemors op YouTube kyk moenie as ‘n vorm van meriete gesien word nie.

    flippiefanus

    17 Februarie 2010 at 20:35

  5. Jy se dis nie elke dag dat ‘n Afrikaanse groep se video 1 000 000 keer gekyk word nie. As ek volgens hierdie video moet beoordeel, en dis al van hulle wat ek al gesien het, is al wat Afrikaans aan hulle is hulle naam en die “vloekwoorde” wat hulle gebruik. In elk geval, good luck vir hulle, maar ek is nie ‘n fan nie. Enigste rapper aan wie ek nog ooit vatplek kon kry is Eminem. Moet se, die Ninja is nogal vinnig en Yo-landi het ‘n oulike gesiggie.

    Nicky

    18 Februarie 2010 at 10:53

  6. Alleman, as jy uit ‘n middelklas huis sou kom, diskwalifiseer dit jou dan outomaties?

    Boer, so wat sê jy nou? Of jy is zef, of jy is gefok? 🙂

    Kaalvoet, is die vraag regtig belangrik?

    Nicky, hulle ander treffers soos Wat pomp julle en Doosdronk is Afrikaans.

    Miskien sal ek later meer uitwei oor wat ek dink, maar hulle groei op my.

    George Maru

    18 Februarie 2010 at 19:40

    • Nee, seker nie. Ek weet nie wat is erger nie, die feit dat hulle regtig so is of die die feit dat dit dalk net ‘n act is. Wie wil so wees? Rerig?

      kaalvoetinireen

      19 Februarie 2010 at 14:12

      • Ek stem saam. Wie wil so wees? Die benaming “white trash” kom onwillekeurig by my op.

        boerinballingskap

        19 Februarie 2010 at 15:23

  7. Dis nie ‘n waardeoordeel nie, maar Eminem is regtig zef. Die Antwoord (dink ek) is fake zef of wanabe zef of kommersieel zef of aandagsoekerig zef. Ek lees hulle se hulle dogtertjie vloek nie. Nie net hulle nie, maar defnitief ook honest to goodness zef ouens, het nie ‘n saak of hulle dogtertjies vloek nie. Of plaas ek nou alle zefgeit in dieselfde hokkie? Miskien het hulle zefgeit nodig as ‘n vehicle omdat hulle regtig iets het om te se. Twyfel net of ek die teikengehoor is.

    Nicky

    18 Februarie 2010 at 20:14

  8. […] so many people (including American rock god Fred Durst, top-of-the-pops icon Katie Perry and Riviersonderend) I have been blown away by South-Africa’s new runaway band Die Antwoord. Everybody who is […]

  9. Mense, onthou net, fake zef is veilig. 🙂

    George Maru

    19 Februarie 2010 at 20:07

    • Enige musiek is veilig. Maar as dit fake is, is dit soos Disney se Pocahontas, Mulan, of Lion King, dws kulturele uitbuiting van iemand anders se kultuur, en boonop, soos jy sê, fake.
      Nie dat ek weet of dit fake is of nie, ek sê maar net.

      alleman

      19 Februarie 2010 at 23:00

  10. Maak seker nie saak of dit fake is of nie. As jy jouself as zef beskou is dit uit en uit jou eie saak.

    Nicky

    20 Februarie 2010 at 13:32

  11. Ek kom nou net van Musica en hulle het dit nie in vooraad nie. Dis nie eers op hulle databasis nie. George, weet jy dalk waneer dit vrygestel gaan word?

    Andrew

    25 Februarie 2010 at 16:28

  12. Andrew, gits nee ek weet nie. Dalk is daar iets op hulle website?

    George Maru

    28 Februarie 2010 at 19:59

  13. Daar was in gister se Rapport (28 Feb) ‘n artikel oor hulle – hulle het ‘n konsert in Gauteng gehad wat klaarblyklik deur +/-1000 mense bygewoon is. Van die songs het die gehoor luidkeels saamgeskreeu en ander is louerig ontvang . Dis blykbaar ‘n Nederlandse maatskappy wat hulle 1ste album gaan vrystel.

    Nicky

    1 Maart 2010 at 11:20

  14. Ek praat ‘n bietjie Afrikaans, maar dis vir my moeilik om hulle groeptaal te verstaan. Een van my aanlyn woordeboeke het gesê: “Omdat kinders die woordeboek gebruik word kru taal nie gelys nie.” 😦

    VerdantSF

    7 Maart 2010 at 1:44


Lewer kommentaar op VerdantSF Kanselleer antwoord