riviersonderend

All hail the king

with 17 comments

Moses het van die berg afgekom en nie teleurgestel nie. Daar is nie woorde om die jongste tegnologiese wonderwerk te beskryf nie.

Ek hoop net die kontrak met uitgewers sluit Suid-Afrika hierdie keer in.

Totsiens Kindle. Jy het probeer.

Advertisements

Written by George Maru

28 Januarie 2010 at 7:25

Posted in nuus

Tagged with ,

17 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dis reg ja. Met features soos:

    1. Dis draagbaar
    2. Jy kan jou background verander
    3. Jy kan die internet access
    4. Jy kan jou e-pos lees
    5. Jy kan films kyk
    6. Jy kan musiek luister

    bied dit funksies waarvan geen rekenaar nog ooit kon droom nie! Dis ‘n ongelooflike revolusionêre magiese never seen before stuk tegnologie wat die manier hoe ons met digitale media gaan omgaan, totaal gaan verander!

    of…

    wag…

    Ek kan die obsessie met iMacs en MBP’s ten minste nog verstaan. Maar hierdie stuk junk? Dit kan nie eers multitask nie.

    Jobs se keynote gisteraand was ‘n verleentheid.

    Johan Swarts

    28 Januarie 2010 at 11:25

  2. Waaaaaaaaaaaaarvan praaaaaaat julle dudes…?

    Waars die help knoppie?

    johannes coetzee

    28 Januarie 2010 at 12:22

  3. Ek wil ook een he, maar ek weet net nie so lekker van daai naam nie… klink so bietjie dodgy (as jy nou ‘n vrou is 😈

    Sonkind

    28 Januarie 2010 at 19:12

  4. Johan laat my smile. Ek dink jy kan/het die eienaar van hierdie blog dalk ontstel ;-0

    Nicky

    28 Januarie 2010 at 19:54

  5. Die snaakste van Jobs se keynote was hoe hy (anders as tydens, bv, die iPhone se bekendstelling) niks revolusionêr gedemonstreer het nie, maar staatgemaak het op adjektiewe en sy stemtoon en infleksies om dit goed te laat klink. Dit was regtig pateties – ek het hom selfs begin jammer kry.

    Hier is een van die eerste sinne wat hy gesê het:

    “And you can..eh…change the background screen, the home screen, to personalize it any way you want…people put their own photos on it I’m sure and…we ship a few and…you can make it anything you want” (HOLY SHIT! BACKGROUNDS!)

    Die hardste wat die gehoor hande geklap het, was vir ‘n sagteware foefie (‘n slideshow preset genaamd “Origami”.)

    Johan Swarts

    29 Januarie 2010 at 9:12

  6. (My kommentaar mag dalk ‘n rapsie antagoniserend voorkom. Dis glad nie die bedoeling nie. Ek dink ek gaan volgende week sommer gou ‘n post hieroor maak.)

    Johan Swarts

    29 Januarie 2010 at 16:14

  7. Johan, ek vergewe jou want jy weet nie wat jy sê nie. 😆

    Ek wag vir jou post.

    George Maru

    29 Januarie 2010 at 20:38

  8. Wie weet, dalk verras ek jou 😛

    Johan Swarts

    30 Januarie 2010 at 16:31

  9. Gedog ene George mag jou kommentaar nie so goed vat nie. Hoe lekker kry ek nou. Ek hou tog so van ‘n bietjie vet op die vuur. 🙂

    Nicky

    31 Januarie 2010 at 21:53

  10. Tog wel uiteindelik ‘n “beunhasige beulblasery.” Op dieselfde vlak as “water in wyn” verander?

    Emil

    4 Februarie 2010 at 7:10

  11. Emil nie eers naaaaaaaaaaaaaaaaaaaastenby op dieselfde vlak nie. Dis soos om waterdoop in dieselfde asem as vuurdoop te probeer plaas…..7000jaar uitmekaar.

    johannes coetzee

    4 Februarie 2010 at 8:22

  12. haha…johannes, wat sou hierdie blogosfeer sonder jou gewees het?

    @George – http://gormendizer.co.za/2010/02/03/ipad-mediocre-toekoms-blink/

    Johan Swarts

    4 Februarie 2010 at 8:43

  13. Emil, nee, die Jesus-tablet kan nog nie water in wyn verander nie. Gee Steve ‘n paar jaar kans.

    George Maru

    4 Februarie 2010 at 22:16

  14. Dan weer, mense het ook gesê niemand het die iPod nodig nie.

    Emil

    10 Februarie 2010 at 7:41

  15. Hulle was verkeerd.

    Johan Swarts

    15 Februarie 2010 at 21:32

  16. Persoonlike getuienis: die iPod het my lewe verander.

    George Maru

    17 Februarie 2010 at 7:04


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: