riviersonderend

Om in die gutters rond te grawe

with 11 comments

Wat is Rapport se probleem? Nog ‘n kind van Steve is iewers op die Vrystaatse vlaktes ontdek. Naas se seun by ‘n prostituut praat sy hart uit. En hoe groot is Joost se penis nou werklik? Of wag, wag: Is Frans Steyn nou gay of wat?

Kyk, ek het nie probleem wanneer joernaliste skynheiligheid ontmasker nie, soos in die geval van die dominee wat ewe vroom op ‘n Sondag een boodskap preek, maar in die week iemand anders is. As jy graag vir ander mense wil vertel hoe hulle moet leef, dan moet jy maar sorg dat jy lewe soos jy preek.

Maar Frans Steyn? Waarom mense wat bloot hulle drome najaag se lewens verongeluk omdat ‘n redakteur sy (of dan haar) kwartaalikse targets moet maak? Dit is nie ‘n groot geheim dat die Afrikaner een van die mees homofobiese volke (saam met mede-Afrikane) is op hierdie planeet nie. Gewone statistiek behoort mens ook te vertel dat daar top gay rugbyspelers moet wees in Suid-Afrika. Maar erken dit en Ras Dumisani staan ‘n beter kans om “Die Blou Bul” op Loftus te sing, as wat ‘n gay speler sal hê om ‘n Springboktrui oor sy kop te trek. Daarom dat spelers maar eerder in die kas bly.

Ja, ek weet, eintlik moet mens nie Rapport blameer nie. Die Afrikaner se algemene zefgeit  en ‘n siek beheptheid met ander se persoonlike lewens, stel publikasies soos Rapport instaat om nog te bestaan.

Tragies.

Advertisements

Written by George Maru

24 Januarie 2010 at 9:16

Posted in nuus

Tagged with

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Erkenning vir “algemene zefgeit” gaan aan Alleman waar ek dit raakgelees het. Ek het gedog dit is ‘n treffende beskrywing. 🙂

    George Maru

    24 Januarie 2010 at 9:39

  2. Jy kak op Rapport se koppe! Kan ek net my persoonlike kak om presies dieselde redes in die rigting van Esmare Weideman en haar “gesinstydskrif” Huisgenoot stuur. Gepraat van “algemene zefgeit” en “siek beheptheid met ander se persoonlike lewens”! She is the mother of them all. Die tragika van die situasie is dat ek haar publikasie om werksredes moet lees/deurblaai. Glo my, as ek ‘n keuse gehad het, het ek defnitief nie my brein met haar trash besoedel nie. Grrrrrrrr!!

    Nicky

    24 Januarie 2010 at 11:34

  3. Soos jy tereg opmerk, George, die fout le^ nie by die publikasies nie. Dit le^ by ons as mense. As die meeste mense nie so zef was dat hulle een of ander kick daaruit kry om van ander mense se lewens te lees nie en deur ander mense te LEEF nie, dan het hierdie joernaliste almal sonder werk gesit. So ook die prostitute, die drug-pushers, ensovoorts. Hulle verskaf eintlik net ‘n siek diens vir die siek mense wat dit wil he^. Fucked up ja, but true! Die armes van gees – ons sal hulle altyd by ons he^ 😉

    Sonkind

    24 Januarie 2010 at 12:38

    • Sonkind, ek verstaan wat jy sȇ, en mense is net soos jy sȇ. Daarom sal daar altyd iets soos prostitusie wees en mens moet dit ook aanvaar, maar al aanvaar mens dit, is dit nog steeds nie OK om ‘n pimp te wees nie, en ek voel Naspers is soos ‘n pimp, hulle bevredig nie net ‘n behoefte nie, hulle vuur dit aan.

      alleman

      24 Januarie 2010 at 14:50

  4. Ja-nee, dis jammer en mislik van Rapport, maar ek verskil daaroor dat dit die net mense se beheptheid is wat hierdie aaklighede veroorsaak.
    Daar is miskien ietsie van ‘n beheptheid met ander se persoonlike lewens in die meeste van ons, maar ‘n koerant kan kies of hy hierdie beheptheid gaan voed en of hy mense se belangstellings in ander, meer verdienstelikke kwessies gaan prikkel.

    Ek dink daar is nie veel aan Liza Albrecht nie, maar dis ten eerste Naspers se gierigheid, en totale gebrek aan beginsels wat vir hierdie toedrag van sake veroorsaak.

    Dis ook nie net Rapport en Huisgenoot nie, maar talle ander Naspers produkte wat hierdie pad volg. Ook Kyknet, byvoorbeeld, soos wat Vlam oor geskryf het: http://brandnetel.wordpress.com/2010/01/23/die-ander-kant-yeah-right/

    alleman

    24 Januarie 2010 at 14:42

  5. Ek dink nie dit gaan net oor mense se siek behoeftes nie. Hierdie publikasies skep ook behoeftes deur dit wat hulle publiseer.

    Nicky

    24 Januarie 2010 at 16:06

  6. Nicky, ek weet nie of Huisgenoot nog enigsens pretend om joernalistiek te be dryf nie. Ek dink Rapport wil nog voorgee dat hulle ‘n koerant is.

    Stem saam Sonkind. Maar dit is iets dat ek nie seker nooit sal verstaan nie.

    Alleman, ek dink nog steeds dat daar goeie Naspers produkte ook is, maar ja, daar is ook baie trash.

    Ek wens die rugbyseisoen wil nou begin dat Rapport hulle gewone stront kan publiseer en hopelik die mense uitlos.

    George Maru

    25 Januarie 2010 at 8:04

  7. Gelukkig is ou johannes daar.

    Gee kans “ou johannes” sal almal daar ontmasker.

    Hy staan op die punt om oor die grootste gebeurtenis wat die mensdom op 21 Mei 2011 gaan tref te begin verslag doen….!

    As Rapport net van die “klomp broederbonders” kan ontslae raak sal hulle dalk ook die lig begin sien.

    johannes coetzee

    25 Januarie 2010 at 10:59

  8. Wat die publiek meer geniet as ‘n held, is ‘n held wat kom tot ‘n val. (Arme Hansie.)

    mnr.muller

    25 Januarie 2010 at 11:47

  9. Ek verstaan ook nie wat mense/koerante se beheptheid met ander se privaatlewens is nie. Die goed waaroor hulle skryf gebeur daagliks met soveel mense, maar omdat daar ‘n bekende naam daaraan gekoppel word moet dit die wereld ingestuur word. Zef is nie die woord nie…

    kaalvoetinireen

    25 Januarie 2010 at 14:36

  10. Ek is nog steeds vies vir Rapport. Maar ja, ek stem saam met julle, selfs jy Johannes 😉

    George Maru

    28 Januarie 2010 at 7:27


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: