riviersonderend

Mene Mene Tekel

with 39 comments

Toe jy my ‘n ruk gelede vertel het dat jy Richard Dawkins se The God Delusion gekoop het, het ek niks gesê nie. Heimlik het ek gehoop dat jy maar soos baie mense is en boeke koop vir die boekrak en dit nooit sal lees nie.

Ek weet, dalk maak dit my ‘n huigelaar. Nie dat ek self ooit Dawkins gelees het en my geloof so verloor het nie. Hy het heeltemal te laat op die scene verskyn en daar was niks aardskuddends in sy boek nie.

Nietemin.

Toe jy vanaand vra vir hoop, vir bevestiging dat hy die kat aan die stert beet het, wens ek ek kon. Net iets sê. Dalk ‘n woord van gerusstelling. Jou wys na daardie sekerheid en geborgenheid waarna mens smag, soos toe jy ‘n kind was en jou pa groot en sterk en in beheer.

Maar my woorde van onsekerheid maak nie nou saak nie. Net soos woorde van troos nie die gemis aan ‘n dooie geliefde minder maak nie. Ek kon sê dat jy nie moet worry nie en dat dit net ‘n fase is. Dat jy more weer anders sal voel. Soos ek, sou jy weet dat ek jok.

Ek het net nie die moed gehad om jou te vertel dat vir jou – jou vrae, jou onsekerheid, jou angs – daar nie meer omdraai is nie.

Advertisements

Written by George Maru

5 Augustus 2009 at 23:11

Posted in sommer net

39 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. There goes another one.

    Johan Swarts

    6 Augustus 2009 at 10:54

  2. May Day May Day

    Dis natuurlik elke vrou se droom en dit is “om geweeg te word en te lig bevind te word”

    johannes coetzee

    6 Augustus 2009 at 11:38

  3. Johannes, jou seksistiese kommunis! 😆

    George Maru

    6 Augustus 2009 at 20:28

  4. lol kliphard

    verskoning aan al die swaargewig lady dudes…!

    ek dink nout ek groter moeilikheid

    johannes coetzee

    7 Augustus 2009 at 10:45

  5. Koop vir daardie persoon Karen Armstrong se nuwe The Case for God.

    Die piesangverkoper

    9 Augustus 2009 at 22:44

  6. “Try and penetrate with our limited means the secrets of nature and you will find that, behind all the discernible concatenations, there remains something subtle, intangible and inexplicable. Veneration for this force beyond anything that we can comprehend is my religion. To that extent I am, in point of fact, religious.” – A. Einstein

    Nicky

    10 Augustus 2009 at 19:47

  7. Kry dan ook Anthony Flew se “There is a God.”

    Ek glo nie “God Delusion” kan enigiemand sondermeer in ‘n ateis verander nie, ongegag Dawkins se eis in sy inleiding. Die boek is swak.

    Daar is nie omdraai nie – die skille is af. Wat hieruit voortspruit, is hopenlik ‘n onbesoedelde beskouing van godsdiens.

    Emil

    11 Augustus 2009 at 12:28

  8. Wat is ‘n onbesoedelde beskouing van godsdiens…?

    Wat word as bron van gesag gebruik waarvolgens bepaal kan word wat as besoedel en wat as onbesoedel beskou kan word…?

    Daar moet tog ‘n “maatstaf” wees waarteen ongesoedel gemeet moet word om dit as besoedeld te verklaar…?

    (Psa 119:160) Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

    (Joh 17:17) Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

    Die res van die mensdom se geskrifte is bloot maar net “geweeg en te lig bevind”

    21 Mei 2011 sal beslissend wees, maar ongelukkig te laat om te ondersoek, die tyd van ondersoek is tussen nou en 21 Mei 2011

    johannes coetzee

    11 Augustus 2009 at 14:42

    • Johannes ek hoop jy het jou verloor toespraak en verskonings gereed vir 2010.

      Slim Jannie

      15 Maart 2010 at 9:11

  9. Piesangverkoper, ek het nogal gedink om Armstrong voor te stel, so dankie.

    Emil, dankie ek sal dit ook voorstel.

    George Maru

    12 Augustus 2009 at 19:23

  10. Daar is die wat geweeg word en te lig gevind word, maar daar is ook diegene wat die toets kan deurstaan en sterker daaranderkant uitkom. So moenie te gou oordeel nie.

    Daar staan geskryf dat dit noodwendig is dat mense sal struikel en val, maar wee die een wat die struikblok daar geplaas het. Dawkins is duidelik reeds *’n* antichris, maar dit lyk my hy streef daarna om *Die* Antichris te wees.

    flippiefanus

    14 Augustus 2009 at 22:07

  11. LOL Flippiefanus, ek dink jy is reg. Waarom anders die bravade en tirade?

    Emil

    15 Augustus 2009 at 18:03

  12. Flippiefanus, Dawkins die antichris?! 😆

    George Maru

    16 Augustus 2009 at 8:25

  13. 13miljoen aborsies per jaar in China

    http://edition.cnn.com/2009/WORLD/asiapcf/07/30/china.abortions.millions/index.html

    En dan is dit baie insiggewend dat die wereldbevolking teen 2011 die 7biljoen kerf gaan bereik…

    http://edition.cnn.com/2009/TECH/science/08/12/world.population/index.html

    Die skaal hel oor….iets is seriously wrong, die mensdom wicked beyond measure!

    Hou die jaar 2011 dop, “die Skrif is aan die muur” nie omdat ek so reken nie…

    Openb 11:12 en 13 En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou. En in dié uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.

    johannes coetzee

    16 Augustus 2009 at 10:16

  14. 😉

    flippiefanus

    17 Augustus 2009 at 19:56

  15. Agge nee! Ek’s nou moeg vir Mene Mene Tekel

    Nicky

    22 Augustus 2009 at 14:33

  16. George, ek dink ek verstaan wat jy se by hoop die persoon lees nie die boek nie, maar ek glo aan alles lees, ek is bang vir sensuur – die fisiese en intellektuele.

    Hy word erg gekritiseer vir die betrokke boek, tog het HY dit geskryf en niemand anders nie, ek dink ek verstaan waar hy vandaan kom – woede en frustrasie omdat mense nie-theisme so verkeerd verstaan, In sy geval al van die 70’s.

    Ek glo ook hy het ‘n nodige debat begin.

    Sy ander boeke, baie van hulle het ek almal al gelees, en hulle is briljant.

    rosalindfranklin

    24 Augustus 2009 at 17:30

  17. Rosalind, ek verskil nie van jou nie. Ek weet maar net dat daar ontnugterings wag wat nie maklik gaan wees nie.

    George Maru

    27 Augustus 2009 at 20:10

  18. Ek dink nie ek volg jou nie. Ontnugterings mbt tot wat?
    Jou antwoord, is baie vaag en kan nou op enige iets betrekking he , jy sal moet verduidelik asb.

    rosalindfranklin

    28 Augustus 2009 at 16:01

  19. Rosalind, ek verwys na die ontnugtering wat wag wanneer mens besef dat wat jy geglo het nie werklik is nie. Omdat soveel daaraan gekoppel word, soos sin ens., lei dit tot baie vrae en ‘n roller coaster van emosies. Maar ek dink ook dat as mens eers daardeur is, die lewe ryker kan wees. Maar ek weet ook dat dit nie altyd maklik is nie.

    George Maru

    30 Augustus 2009 at 18:37

  20. George “…wanneer mens besef dat wat jy geglo het nie werklik is nie.” Jy laat dit so klink asof dit ‘n uitgemaakte saak is. Jy weet tog dis nie die geval nie. Geen boek kan dit vermag nie. Boeke kan mens laat twyfel, laat wonder wat die werklike waarheid is, maar dit kan nie daardie “besef” by enigiemand vestig nie.

    Dit werk natuurlik in beide rigtings. Net soos sekere boeke die gelowiges kan laat twyfel aan hul geloof, kan ander boeke weer ongelowiges is laat wonder oor of hulle nie dalk tog die kat aan die stert beet het nie. Ek dink die wankelende fondamente in laasgenoemde geval moet ‘n meer intense emosie wees, want dit het ‘n ontsettende impak op dit wat na jou dood vir jou wag.

    flippiefanus

    30 Augustus 2009 at 20:15

  21. George ek hoop nie jy dink ek gaan ontnugter wees nie want dit sou veronderstel dat jy dink/weet wat ek sou “glo”.

    “Rosalind, ek verwys na die ontnugtering wat wag wanneer mens besef dat wat jy geglo het nie werklik is nie. Omdat soveel daaraan gekoppel word, soos sin ens., lei dit tot baie vrae en ‘n roller coaster van emosies. Maar ek dink ook dat as mens eers daardeur is, die lewe ryker kan wees. Maar ek weet ook dat dit nie altyd maklik is nie.”

    Ryker as jy ‘glo” of ‘nie glo nie”? Ek neem maar aan “mens” verwys na die algemeen?

    rosalindfranklin

    1 September 2009 at 16:39

  22. Flippiefanus: “… kan ander boeke weer ongelowiges is laat wonder oor of hulle nie dalk tog die kat aan die stert beet het nie.” Ek weet dit mag nou arrogant klink, maar hierdie boek bestaan nie.

    Rosalind, nee ek dink nie jy gaan ontnugter wees nie. Ek praat van mense in die algemeen wat met ‘n sekere “belief system” grootword en dan begin besef dat wat hulle geglo het nie so is nie.

    Ryker sonder geloof. Sonder enige twyfel.

    George Maru

    3 September 2009 at 19:35

  23. George, ek sal aan jou die voordeel van die twyfel gee, maar ek weet dat wat jy daar se nie waar is vir alle ongelowiges nie. Iewers het ek in ‘n kommentaar gelees waar ‘n ongelowige sy twyfel oor of sy ongeloof die regte ding is, in soveel woorde erken het. Watse bevestiging kan ‘n ongelowige in ieder geval verskaf vir sy oortuigings?

    flippiefanus

    3 September 2009 at 20:04

  24. Flippiefanus, jy is terug by die argument dat ongelowiges moet bewys daar is nie ‘n God nie wat nie sin maak nie. Die bewyslas is op die persoon wat ‘n sekere aanspraak maak. En soos jy al seker gehoor het: extraordinary claims require extraordinary evidence. En om by Bertrand Russell se argument aan te sluit: glo jy daar is ‘n blou teepot wat in die ruimte sweef? Indien nie, bewys dit! En dan, die term “God” beteken soveel dinge vir soveel mense. Ek aanvaar jy het ‘n teïstiese siening van God, waarop die God-hipotese hoofsaaklik geskoei is. Daar is nie vandag meer enige rede om die God-hipotese te ondersteun nie.

    George Maru

    3 September 2009 at 20:27

  25. 😆 George, ek moet eintlik hierdie kommentaar van jou uitdruk en raam. Dis ‘n pragtige opsomming van ‘n hele arsenaal van argumente wat die ongelowiges normaalweg gebruik. Ek vermoed dat ek mees van die punte wat jy noem al iewers aangespreek het.

    Wel miskien nog nie hierdie een nie: “extraordinary claims require extraordinary evidence.” Die konsep van, en geloof in, God is so oud soos die mensdom self. Die “extraordinary claim” is dus eerder die een dat daar *nie* ‘n God is nie en dus val die bewyslas eerder op die skouers van diegene wat laasgenoemde stelling maak.

    Ongeag van wie die bewyslas dra, is dit regtig geldig om te beweer dat jy iets kan glo bloot omdat die teendeel nie bewys kan word nie? Hoekom glo gelowiges in God? Omdat hulle God deur die Heilige Gees in hul lewens ervaar. Kan mens dit bewys vir ‘n ongelowige? Ek dink nie so nie. Hoekom glo ongelowiges dat daar nie ‘n God is nie? Omdat gelowiges nie kan bewys dat daar wel ‘n God is nie. George, kan jy sien dat daar ‘n probleem is hierso?

    Soos ek iewers gelees het (Ek dink BiB het dit geskryf): die gebrek aan bewyse is nie ‘n bewys vir die gebrek nie. Om vir jou ‘n voorbeeld te gee. Vir langer as ‘n dekade soek die wetenskaplikes al na bewyse vir die bestaan van die Higgs boson. Vandag is daar steeds geen bewyse daarvoor nie. Tog bewys dit nie dat daar geen Higgs boson is nie, want die soektog gaan steeds voort.

    Ja ek dink dis Fresnel of LapLace wat die stelling gemaak het dat hy nie meer die God-hipotese nodige het nie. As jy gaan kyk na die konteks waarin hy die stelling gemaak het sal jy sien dit het gehandel oor ‘n spesifieke wetenskaplike waarneming. Wel in daardie geval is dit korrek. Vir dit wat ons wetenskaplik kan ondersoek is dit nie nodig om God in te bring om die verskynsel te verklaar nie. Dis immers nie wat die wetenskaplike metode bedoel nie. Dit impliseer egter nie dat wat die meganisme is wat daar werksaam is nie deur God tot stand gebring is nie. Al wat dit se is dat ons as mense die vermoe het om natuurlike meganismes op wetenskaplike manier kan verstaan.

    flippiefanus

    4 September 2009 at 7:04

  26. Flippie daar is geen manier dat die mens die vermoee het om ‘n ander mens van sy of haar of jou god(e) te oortuig nie.

    As iemand se god sy kar is, dan bestaan die kar vir hom en sal hy sy kar aanbid….! Ek glo nie hy sal eers begin glo dat sy (die kar) wel bestaan eers wanneer hy die owners manual deur gewerk het nie.

    In die geval van die christendom glo hulle hulle het die kar (God) gekoop en dis hulle s’n….ongeag dit feit dat die Owners Manual verklaar dat die Kar nie deur hulle gekoop is nie.

    Die afvalligheid van die christendom (as uitverkorenes) maak van die Woord van God ‘n bespotting en daarom wend vele christene hulle na ander gode…!

    Die Skrif is aan die muur dude veral vir die christendom want hulle is geweeg en te lig bevind…dis wat Woord van God verklaar. Wie dink jy is hierdie ouens waarvan die Woord van God praat…? Wie dryf duiwels uit en wie profeteer vandag in die naam van die Here…?

    (Mat 7:21) Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

    (Mat 7:22) Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

    (Mat 7:23) En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

    Vir wie geld die woorde “mene mene tekel”…? Ek dink nie diegene wat Budda of Allah aanbid doen dit nie.

    My advies aan jou is om so gou as moontlik uit jou kerk te vlug berge toe (die Bybel en die Bybel alleen). Vir diegene wat hulle gatte aan die Woord van God afvee is die Skrif in anyway van die begin af aan die muur (dit sluit die hele mensdom in, want daars niemand wat God soek nie selfs nie een nie). Genadiglik is daar die God van die Bybel wat vir Sy eiendomsvolk uitkoms bied nadat Hy voor die grondlegging betaal het vir hulle sondeskuld. Dis egter verstommend hoe die Asiatiese en Oosterse volkere vandag op die Evangelieboodskap wat vanuit die Bybel afkomstig is reageer. Hulle weet uit historiese gebeure dat wanneer die God van Abraham, Isak en Jakob, maw die God van Israel praat Hy gaan doen wat Hy belowe het en daarom vrees hulle Hom vandag meer as die christendom dit kan doen…!

    Openb 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

    Openb 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

    Op 21 Mei 2011 wanneer die kaf finaal van die koring geskei gaan word sal ons weet vir wie die Skrif aan die muur is en wie dit “mene mene tekel” gaan wees….presies soos in die dae van Noag.

    Die diere was God meer gehoorsaam as die mens…! Selfs die onrein diere…!

    johannes coetzee

    4 September 2009 at 11:11

  27. George ek het amper gedag die storie van die Mayas in 2012 het in jou kop ingeklim of iets, regtig 🙂
    Traag van begrip was ek (bloos)

    Flippie jy kan nie wetenskap (Higgs boson) se soeke met teisme vergelyk nie, regtig. Die wetenskap werk met die bewysbare en die ander een nie. Dit is soos om skoen met ‘n appel te vergelyk.

    Soos jy self weet in fisika het modelle reeds in bewese die bestaan van die betrokke boson bewys. Soos modelle die bestaan van donker materie bewys het,

    Maar om die twee se “bewysbaarheid of nie-bewysbaarheid” met mekaar te vergelyk is nie korrek nie. Dit is so goed om te se hullle skryf nie van evolusie, selfone en TVs in die bybel nie, daarom kan dit nie waar wees nie.

    Die een is ‘n esoteriese teks en die ander volg die “scienctific method”.

    Ek nie te bewys die tandemuise bestaan nie, hy IS net nie.

    rosalindfranklin

    4 September 2009 at 17:21

  28. Rosa, my bedoeling is nie om die twee met mekaar te vergelyk nie. Ek het maar net ‘n eenvoudige beginsel geillustreer.

    Terloops, die Higgs boson in sy eenvoudigste gedaante soos wat dit in die standaard model verskyn is nie deur die modelle bewys nie, want dit veroorsaak teoretiese probleme. Saam met supersimmetrie kan dit hierdie probleme ontglip. Dis hoekom hulle terselfdertyd soek vir bewyse vir supersimmetrie

    flippiefanus

    4 September 2009 at 20:29

  29. Flippie, ek dink nie my opsomming van die argumente laat enigsens reg geskied aan die argumente nie. Ek skryf sommer so in die verbygaan, want eintlik is ek nie lus vir ‘n intense gesprek hieroor nie. Glo dit nou of jy wil of nie, maar ek het nie ‘n behoefte om jou anders te oortuig nie. Hierdie was maar net ‘n persoonlike inskrywing oor iemand wat ek goed ken wat se geloof nie meer gered kan word nie. En ek weet uit persoonlike ondervinding dat dit aan die begin maar ontwrigtend gaan wees. En dit is ‘n pad wat jy self moet stap. Niemand kan dit vir jou doen nie. Ek gaan maar afsluit met ‘n aanhaling van Joseph Campbell uit sy boek The Power of Myth wat bestaan uit die onderhoud tussen hom en Bill Moyers. Moyers vra: “And your life comes from where?” Campbell antwoord: “From the ultimate energy that is the life of the universe. And then do you say, ‘Well, there most be somebody generating that energy’? Why do you have to say that? Why can’t the ultimate mystery be impersonal?” Hoekom die misterie antropomorfiseer?

    Rosalind, nee daar was duidelik gekruisde lyne 😉

    Johannes, gelukkig bly ek baie naby aan die berge!

    George Maru

    4 September 2009 at 21:39

  30. “Hoekom die misterie antropomorfiseer?” Wat daarvan as die “misterie” homself so aan die mens kom openbaar het?

    “…iemand wat ek goed ken wat se geloof nie meer gered kan word nie.” Bloot omdat hierdie persoon ‘n sekere boek lees? Is dit so dat alle gelowiges wat hierdie boek noodwendig hul geloof sal verloor? Ek dink nie so nie.

    flippiefanus

    5 September 2009 at 6:31

  31. “Hoekom die misterie antropomorfiseer?”

    Dis omdat die mens geeet het van die “boom van kennis van goed en kwaad” en net eenvoudig nie genoeg daarvan kan kry nie, nou dink hy hy kan van die “boom van die lewe” ook eet…dit terwyl toegang tot “boom van die lewe” vir die mens onmoontlik is.

    Die mens (met sy wetenskap) tas maar nog steeds in die donker rond en ontdek nou dat daar in skepping van God ‘n oneindige hoeveelheid onbeantwoorde vrae is wat nie alleen handel oor die “boom van kennis van goed en kwaad” nie maar veral oor die “boom van die lewe” . Hulle dink natuurlik hulle kan dit deur hulle wetenskaplik modelle ontrafel….of is dit ontsyfer?

    Die ergste is dat die misterie antropomorfies soos ‘n reuse dinosour-berg oop en bloot “geskrywe” staan. Terwyl (veral) die christene dink hulle het die sleutel tot die misterie, verkies die wetenskap daarenteen om eerder elke dag om of oor die berg te stap….

    Wag vir die Big Bang 2 dis nie meer lank nie…dan sal nie net die godsdiens myseries moertoe wees nie maar ook al die wetenskaplikes se mysteries…

    Albei “mene mene tekel”….enige vrou se droom.

    johannes coetzee

    5 September 2009 at 18:37

  32. Hier is nog ‘n website oor die begin van Oordeeldsdag op 21 Mei 2011. Lyk my al die paaie lei na Rome…?

    http://www.wecanknow.com/

    johannes coetzee

    Family Radio luisteraars (Suid Afrika)

    johannes coetzee

    17 September 2009 at 9:45

  33. Johannes Coetzee , ek hoop jy het die balls om na die 21 Mei 2011 jou snert te kom verduidelik.

    DW

    6 April 2010 at 10:38

  34. DW

    Watter DW ookal, hoop nie ek gaan een van hulle wees wat gaan agterbly nie. Daar gaan in alle geval geen kommunikasiestelsel meer oor wees om te “kom verduidelik” nie dude…!

    (Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

    (Openb 16:19) En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

    (Openb 16:20) En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

    (Openb 16:21) en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

    johannes coetzee

    28 April 2010 at 16:45

  35. 363 dae…!

    johannes coetzee

    24 Mei 2010 at 13:43

  36. Minder as 50 weke….!

    johannes coetzee

    7 Junie 2010 at 16:00

  37. Rev 22:20 He which testifieth these things saith, Surely I come quickly. Amen. Even so, come, Lord Jesus.

    Feel Him….He is here….!!!

    49weeks….!!!

    johannes coetzee

    11 Junie 2010 at 9:32


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: