riviersonderend

Kla liewers op die internet

with 10 comments

Ek is seker enige persoon wat al deurgeloop het onder lugrederye se “gee-nie-‘n-hel-om-nie” houding, kan met Dave Carroll simpatiseer. Sy kitaar is beskadig deur United Airlines se personeel tydens ‘n vlug van Kanada na Nebraska in die VSA.

Natuurlik het hy gekla en geëis dat hulle betaal om dit te laat regmaak. Soos enige goeie lugredery betaam, het hulle net hul gatte daaraan afgevee. Wel, tot onlangs. Carroll het ‘n song oor sy ervaring geskryf  (‘n countrysong! ), ‘n video gemaak en dit op Youtube geplaas.

Nadat dit nou reeds deur 4 miljoen mense gesien is, is United “jammer”. Hulle het aangebied om hom te vergoed vir die skade, maar Carroll het gesê hulle moet maar die geld vir liefdadigheid gee.

Hier is “United breaks guitars”. 😆

Advertisements

Written by George Maru

25 Julie 2009 at 8:43

Posted in nuus

Tagged with

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dit roer my hartsnare…

    johannes coetzee

    25 Julie 2009 at 13:23

  2. Spyt is SO ‘n oulike ding, wat ongelukkig altyd te laat kom. Good for him!

    Sonkind

    25 Julie 2009 at 20:10

  3. kwl video – lekker goedkoop gemaak, maar grappig 🙂

    mnr.muller

    27 Julie 2009 at 12:28

  4. dis ‘n osim idee 🙂 ek is ook al gatvol verby vir sekere besighede se “gee-nie-‘n-hel-om-nie” houdings! En snaaks genoeg hoe groter die besigheid hoe minder gee hulle om!

    Spinnekop

    28 Julie 2009 at 16:27

  5. Johannes, moenie huil nie, moenie treur nie.

    Sonkind, is dit nie?

    Mnr Muller, ek het dieselfde gedink en dit dra myns insiens by tot die bekoorlikheid daarvan.

    Spinnekop, dit is maklik om in groot organisasies weg te kruip en nie verantwoordelikheid te neem nie.

    George Maru

    28 Julie 2009 at 20:48

  6. Die mag van die Internets … en die pen en kitaar!

    Emil

    29 Julie 2009 at 16:02

  7. Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om met groot leedwese na lang en onaanvaarbare stiltes die heengaan van Riviersonderend te betreur. Ek skeur my klere en dra sakklede!

    Nicky

    4 Augustus 2009 at 12:35

  8. Dis noggi Judgment Day nie dude ….

    johannes coetzee

    4 Augustus 2009 at 14:47

  9. Ek sal rou totdat George my anders oortuig.Boe-hoe!

    Nicky

    5 Augustus 2009 at 18:56

  10. Dude, ek is besig, jy weet? Planne om die wêreld oor te neem gebeur nie vanself nie.

    George Maru

    6 Augustus 2009 at 20:26


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: