riviersonderend

Ek het my opinie oor die doodstraf verander

with 16 comments

Vir baie lank het ek ‘n baie duidelike standpunt oor die doodstraf gehad: ek was gekant daarteen onder alle omstandighede. Ek dink egter nou dat daar wel misdade is waarvoor die doodstraf gepas is.

Ek was nog nooit daarvan oortuig dat die doodstraf  as ‘n afskrikmiddel dien vir mense om misdaad te pleeg nie. Daarvoor is daar te veel voorbeelde van lande en state waar die doodstraf wel op de wetboek is maar onder meer geweldsmisdaad gebuk gaan as lande en state waar die doodstraf afgeskaf is. Verder dink ek ook nie dat my redenasie op alle lande en plekke van toepassing gemaak kan word nie. Dalk gaan Europa nie soveel baat om weer die doodstraf in te stel nie.

Maar ek is oortuig daarvan dat ons op die oomblik in Suid-Afrika met sulke uitsonderlike omstandighede gekonfronteer word, wat ‘n uitsonderlike reaksie vra. Ek is ook bewus daarvan dat mense kan verander. Dit is dan ook wat my laat huiwer het om die doodstraf te ondersteun.

So ‘n ruk gelede was ek in die bevoorregte posisie om te hoor hoe voormalige misdadigers wel verander het en ek is heeltemal oortuig dat die ommekeer 100% eg is. Dit is ‘n voorreg om te kan sien hoe mense hul lewens omgekeer het. Maak nie saak wie of wat jy was nie, jy kan iets anders word. En ja, die samelewing faal hierdie mense al te dikwels deurdat hulle steeds verwerp word en nie toegelaat word om suksesvol weer in die samelewing te integreer nie.

Maar dit verander nie die feit dat die meerderheid van geweldsmisdadigers nooit sal verander nie. Hierdie verkragters, moordenaars en dwelmhandelaars verdien niks minder as die doodstraf nie. Dit is die mense wat die doodstraf verdien: verkragters, moordenaars en dwelmhandelaars.

Iemand wat aanhou om moord te pleeg, verdien nie nog ‘n kans nie. Iemand wat nog ‘n kind se lewe verwoes met dwelms, verdien nie nog ‘n kans nie. Iemand wat aanhou om vroue en kinders te verkrag, verdien nie nog ‘n kans nie. Hulle verwoes nie net hulleself en hulle slagoffers se lewens nie. Hulle verwoes ook ons almal se toekoms want hulle vernietig die land se jeug.

En dit is lankal nie meer ‘n geïsoleerde geval hier en daar nie. Te veel van ons land se kinders word ingesuig in die spiraal van geweld en dwelms wat hul lewens verwoes. En wanneer ons land se toekoms so bedreig word, word die hoop op die rehabilitasie van ‘n enkele moordenaar, dwelmhandelaar of verkragter ‘n luukse wat ons nie nou kan bekostig nie.

Advertisements

Written by George Maru

18 Julie 2009 at 10:14

Posted in algemeen

Tagged with

16 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 91 jaar oud! Wat ‘n voorbeeld, ja we love you Madiba. Have a wonderful birthday with so much blessings! For me, my religion and spirituality comes in English somehow.. worship and praise and yes , we all need idols to look up too.

    .. we shoud forgive ..
    .. but not forget ..
    .. these are the words ..
    .. humble great Madiba said ..

    Ek dink an die kinderboekie van Chris Van Wyk .. in Afrikaans en Engels en pragtige prente … oor Long Walk To Freedom.. beaaautiful… het Chris hoor praat op derde winterskool by Tuks … vir skrywers.. dit was wonderlik lekker om die bekende en fantastiese skrywers te hoor praat.

    My 67 minutes.. ek gaan kos uitdeel op die hoeke van die strate.. lekker vis en skyfies. Het R600 gespaar daarvoor. So laat ek gaan. Eks mal daaroor om honger mense te voed. Mense wil maar gee. Dis lekker en goed.

    Magies gevul. Mensies gevoed.

    Long live Madiba.

    ..Love and Light..
    Annora Eksteen
    By die konsert vandag in New York se Madison Square sal onder andere die Franse presidentsvrou, Carla Bruni-Sarkozy, saam met bekendes soos Josh Groban, Queen Latifah, die Soweto Gospel Choir, Stevie Wonder en Suid-Afrika se eie Yvonne Chaka Chaka, Chris Chame?leon en Freshly Ground sing.
    Hm nou is ek regtig honger ook, maar ek moet nou eers gan werk…

    katjiepiering

    18 Julie 2009 at 11:55

  2. Maar dit verander nie die feit dat die meerderheid van geweldsmisdadigers nooit sal verander nie. Hierdie verkragters, moordenaars en dwelmhandelaars verdien niks minder as die doodstraf nie. Dit is die mense wat die doodstraf verdien: verkragters, moordenaars en dwelmhandelaars.

    oops askies eks heeltemaal deurmekaar vandag\\

    ja nee ek weet al lankal daar is evil mense … hulle laat die boosheid toe om hulle lewens totaal te regeer en daar is een genade daarvoor nie

    ek dink goodness is far more powerful than evil, maar die evil mense… met hulle wil mens werklik niks te doen he nie so ja, hulle verdien die ewige ..

    hemel dis maar erg… al die boosheid in die w^reld, mens wil nie eens daaraan dink nie

    ek is mar die good news koerant tipe

    love
    anny

    katjiepiering

    18 Julie 2009 at 12:00

  3. ek meen GEEN GENADE

    my laptop se keyboard…

    katjiepiering

    18 Julie 2009 at 12:01

  4. Ek stem saam met wat jy hier skryf. My mening oor die kwessie het langs ‘n soortgelyke trajek verander.

    Die piesangverkoper

    18 Julie 2009 at 22:50

  5. Die doodstraf is op die ou end iets wat ‘n gemeenskap oor moet besluit en nie iets wat eksterrn op die gemenskap afgevorseer moet word nie.

    flippiefanus

    19 Julie 2009 at 15:04

  6. George

    Die doodstraf was nog nooit opgehef nie.

    “Die loon van die sonde is die dood.”

    Jy weet seker waaruit hierdie aanhaling kom…

    21 Mei 2011 is die dag waarop die doodstraf finaal ten uitvoer gebring gaan word.

    Die begin van D-Dag en dit sal vir ‘n volle 153 dae op hierdie aarde voortwoed, waarna God volgens Sy Wet hierdie “wicked generation” (die wat dan nog lewe), op 21 Oktober 2011 finaal vernietig deur dit met vuur te verteer…..vir ewig.

    (2Pe 3:7) Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

    (2Pe 3:8) Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

    Dis nie toevallig dat God se Oordeel met water in jaar 4990VC (die jaar van die vloed in die dae van Noag) en Sy Oordeel met vuur in AD 2011 presies 7000jaar uitmekaar is nie.

    Dis verder ook nie toevallig dat die Vloed in die dae van Noag volgens Genesis 7:11 op die 17de dag van die 2de maand van die jaar Noag 600 was nie, en nog minder toevallig dat die 21 Mei 2011 op presies die 17de van die 2de maand (die maand Iyyar is die tweede maand na die maand Nisan) van die Hebreeuse of Bybelse kalender val nie.

    As die mensdom gedink het dat die doodstraf ofgeskaf was wag daar ‘n allerverskriklike verrassing op ons….beginnende 21 Mei 2011

    En daardie dag is nou 22maande weg… skrikwekkend.

    Maar soos dit die geval was in die dae van Noag steur min mense hulle aan hierdie Bybelse waarskuwing.

    Hier is ‘n link na meer besonderhede oor die doodstraf wat eintlik tel

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/judgment/judgment.html

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes coetzee

    20 Julie 2009 at 15:20

  7. […] Hierdie skrywe in vir die eerste keer in ander vorm by Bosparra.com verskyn. Nou, aangepas, vorm dit my kommentaar op hierdie. […]

  8. Ek vind dit moeilik om saam te stem. Tot op hede oorwin die argument van die edele, etiese beskouing van wat ‘n beskaafde samelewing behoort te wees. Ek het probeer antwoord op my blog.

    Emil

    20 Julie 2009 at 15:39

  9. George, jy bewoord jou standpunt goed en die volgende som dit die beste op:

    “Maar ek is oortuig daarvan dat ons op die oomblik in Suid-Afrika met sulke uitsonderlike omstandighede gekonfronteer word, wat ‘n uitsonderlike reaksie vra.”

    Ek stem sonder voorbehoud saam.

    Emil: “wat ‘n beskaafde samelewing behoort te wees” – verwys jy nou na Swede, Finland of Japan?

    boerinballingskap

    22 Julie 2009 at 15:45

  10. Ek voel oor die doodstraf, soos aborsie en genadedood. Die saak moet individueel op meriete beoordeel word. Mens kan onmoontlik nie net summier nee se nie.

    Dit sal egter moeiliker wees om met die doodstraf die kriteria met wetgewing te bepaal. Tog voel ek, ons het baie regskenners wat insae kan gee om so ‘n witskrif ter tafel te le, en waaroor ons ‘n referendum kan hou.

    Laat ons ten minste stem daaroor. 51% is ‘n meerderheid.

    rosalindfranklin

    22 Julie 2009 at 17:49

  11. George, as jy skryf iemand “verdien” die doodstraf, watter morele en / of etiese raamwerk hang jy aan? Kan jy daardie raamwerk verabsoluteer of ten minste verdedig?

    Ek word baie huiwerig wanneer die woorde “verdien” en “reg” gebruik word in so ‘n debat.

    Johan Swarts

    22 Julie 2009 at 20:58

  12. Watter etiese of morele raamwerk se vir die owerhede dat jy ten minste R2 500 moet betaal as jy 135km/h in ‘n 100km/h sone gery het?

    boerinballingskap

    23 Julie 2009 at 16:11

  13. Bib, daai wat jy noem is net landsgrense. Maar … in die algemeen, seker dan. Eens op ‘n tyd was ons samelewing (met die doodstraf) tog ook as “moreel” beskou, deur God daargestel. George noem by my die Kairos dokument – ek stem met hom saam dat ons ‘n nuwe formulier moet optrek. Maar waar en hoe trek ons die grense.

    Dalk is dit inderdaad moreel-eties dat sulke enorme boetes opgetrek word. Dit moet mos dien as afskrikmiddel teen spoed wat ewe-eens onskuldige lewens neem. Tog jaag mense steeds 135km/h in 100km/h sone – nie veel van ‘n afskrikmiddel nie, of nie?

    Emil

    23 Julie 2009 at 21:55

  14. Ek het bietjie weer gedink en wil graag my standpunt effe aanpas: Ek stem saam met George, maar tog het ek wel ‘n voorbehoud, nl: Ek weet nie of die doodstraf regverdig en oordeelkundig in SA sal toegepas kan word nie. Ons regstelsel en ondersoekvermoeens is sub-standaard en kan lei tot gruwelike foute…

    Emil, my punt met die spoedboetes is juis dit: wie besluit wat is moreel-eties en waarop word hierdie besluit gefundeer? Dit geld vir die straf van alle misdade. Wie besluit op minimum en maksimum vonnisse en wat is hulle riglyn/e? Itv afskrikmiddel of nie: ek stem saam met George. Die feit of dit as afskrikmiddel dien of nie, is nie vir my ter sake nie. Tog, glo ek op die langtermyn dien dit as afskrikmiddel. Wat sou bv. gebeur as SA alle spoedbeperkings skielik afskaf of die maksimum boete verlaag na R10?

    boerinballingskap

    24 Julie 2009 at 14:38

  15. Dankie vir julle kommentaar. Ek gaan weer hieroor skryf en dan van die geldige punte wat julle opper aanspreek.

    George Maru

    28 Julie 2009 at 20:49

  16. Geldige vrae, George (en Bib). Ek dink ek moet daarteen waak om ‘n outomaties-algemene moreel-etiese standpunt te handhaaf wat onder “normale” Westerse interpretasie geld. Maar aan die anderkant wil ek ook daarteen waak dat die teenoorgestelde lei tot ‘n verhewe mening van wat “Westers” is in vergeleke met “die Suid-Afrikaanse” situasie. Die teendeel hiervan is angswekkend, dat ons sekere “beskawings” as benede geformuleerde “Westerse” etiek beskou en sodoende weer die saad van onverdraagsaamheid ontkiem. Kolonialisme se tekortkominge was reeds ‘n les van hoe so ‘n beskouing ver in die geskiedenis vorentoe allerhande probleme skep.

    En tog, daar is ‘n aantrekkingskrag in hierdie onderskeid, moet ek erken. Die meriete van elke saak sal moet bepaal – maar wie bepaal die meriete?

    Emil

    29 Julie 2009 at 16:01


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: