riviersonderend

15 Junie 2009: Die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie

with 6 comments

tehran

Die afgelope paar weke was daar heelwat debat of webwerwe soos Facebook en Twitter mense hul dienste moet ontsê wat in lande soos Kuba, Noord-Korea en Iran woon.

Vandag is daardie debat nie net heel onseremonieël beëindig nie, maar ook het Twitter en sosiale media die wêreld verander. Twee belangrike ontwikkelinge:

Deur middel van Twitter word die gebeure in Iran aan die wêreld uitgebasuin en die Iranese regering is magteloos om dit te stuit, al probeer hulle. Inteendeel, gewone internetgebruikers word aangemoedig om te help met aanvalle op webwerwe van die Iranese regering om hulle ontoeganklik te maak.

Verder is tradisionele media veroordeel vir hul gebrekkige nuusdekking. Buiten vir die #IranElections tag van Twitter is ‘n ander gewilde verwante tag #CNNFail en het ‘n nuwe webwerf oornag verskyn: CNNFail met Twitter tweets wat mense op hoogte hou oor gebeure in Iran en CNN se volslae mislukking om oor die gebeure te berig.

Dit is nie die eerste keer wat sosiale media webwerwe soos Facebook en Twitter gebruik is om mense te mobiliseer nie. Die omvang, impak en potensiaal wat sosiale media het, het eers werklik vandag duidelik geword.

Laat die revolusie begin.

(Die foto is vanaf Flickr.)

Advertisements

Written by George Maru

15 Junie 2009 at 22:05

Posted in nuus

Tagged with , ,

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Disruptive Media!

    Dit herinner my aan die 90’s toe die Amerikaanse regering so hard probeer het om “public key encryption” uit die hande van die res van die wêreld te hou! Gelukkig het aktiviste soos Phil Zimmermann gesorg dat die tegnologie vir almal beskikbaar geraak het… terroriste natuurlik inkluis, maar gelukkig is dit darem ook positief aangewend (sien bv. http://www.philzimmermann.com/EN/letters/index.html).

    Theo

    15 Junie 2009 at 23:22

  2. Ek stem saam die gebruik van kommunikasie is belangrik vir die revolusionere om inligting te versprei oor wat om te doen en hoe om te mobiliseer, maar al word al die Iranse regering se webwerwe uitgehaal, sal dit nou nie veel van ‘n krisis wees vir Ahmadinejad se regime nie. Aanvalle op webbladsye is ongeveer ekwivalent aan die aanvalle op padtekens wat mens in SA sien..

    alleman

    16 Junie 2009 at 0:25

  3. Dis wat dit vandag so fantasties maak om die eindtyd Gospel message die wereld in te stuur….

    Amos 4:12 en 13 Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel—maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel! Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!

    Reg onder die neuse van die “konings” van die wereld (regerings van die dag) en die “konings” van die kerke (regeerders van godsdienstige instellings) is God (die Skepper van die hemele en aarde), die God van die Bybel besig om Sy Eindetyd Evangelie wat vanuit die Bybel afkomstig is by Sy uitverkorenes wat ondermeer uit die Asiatiese en Oosterse volkere afkomstig is uit te kry….!

    Amper sê ek Halleluja!

    “….maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!….” op 21 Mei 2011 sal die wereld nooit weer dieselfde wees nie…. vir ewig.

    What a joyfull day. Dit hang natuurlik af aan watter kant van die “geveg” jy jou bevind?!

    johannes coetzee

    17 Junie 2009 at 9:46

  4. Kommunikasie is ‘n baie effektiewe manier van mobilisering, hoop net dit kan ook meer kere positief aangewend word.

    attie

    17 Junie 2009 at 17:55

  5. Theo, ek dink ons staan nou maar eers aan die begin van ‘n nuwe era van web aktivisme.

    Alleman, ek kan nie besluit hoe ek daaroor voel nie. Op Twitter was verskeie oproepe dat mense dit nie moet doen nie, omdat die hele land se internetkonneksie daaronder ly. Dit maak seker sin. Maar ek dink ook daar is baie mense wat wil betrokke raak en die vraag is seker hoe ‘n mens die sinvolste ‘n bydra kan lewer?

    Johannes, uhm ek sal nie die term “joyful” gebruik nie.

    Attie, ek stem!

    George Maru

    18 Junie 2009 at 19:11

  6. Ons staan aan die begin van ‘n nuwe era! Waarheen dit beweeg, weet en begryp ons nog nie behoorlik nie. Maar Web 2.0 het voorwaar ‘n betreklike duidelike gesig in sosiale media. Bowenal gaan ons ‘n herdefinisie van die term “nuus” sien – feite is vervelig, ervarings (waar of onwaar) is aan die orde van die dag.

    Emil

    24 Junie 2009 at 9:43


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: