riviersonderend

We had joy, we had fun, we had seasons in the sun

with 14 comments

My lief, dit is nou tien jaar later en vanaand sal ons laaste aand saam wees. Ek onthou nog die eerste keer wat ek jou gesien het op die hoek van Duncan- en Schoemanstraat. Ek het jou gesien en gewéét: ‘Jy is myne!’ Alhoewel jy nie heeltemal gelyk het soos dit wat ek gedink het ek soek nie, het jy my nooit teleurgestel nie. Nooit nie! Selfs nie daardie nag in Victoria-Wes toe jy effe koud was nie.

Die afgelope tien jaar het jy my lewe gedeel. Toe ek per ongeluk my klere voor die lewendige webcam uitgetrek het in die huis in Stanley Road, was jy daar. Jy was daar toe ek G by die V&A opgetel het voordat sy al ons geld die aand by Bronx uitgedrink het. Nieteenstaande jy het ons veilig by die huis besorg.

Onthou jy die aand toe ek W na die naaste 24-uur dierehospitaal in Panorama moes vat? Wat sou ek sonder jou gedoen het? En nooit het jy gekla as jy W met sy nat sandlyf moes abba nie. My lief, daar is nie baie soos jy nie.

En nou. Vanaand.

Wat ‘n verrassing toe jy onthul dat jy daai langverlore gedig vir jy-weet-wie gebêre het! Ja, die een oor die onbeholpenheid van ‘n orgasme waarin ek snik dat ek nooit jy-weet-wie se Lorca sal kan wees nie. Maar ja, dit is die een geskenk waarmee Liefde my altyd laat: twyfelagtige poësie.

Ai my lief, hoe vinnig het die tyd nie gevlieg nie. Môre moet ek doen wat mans begin doen op my ouderdom: jou inruil vir ‘n nuwer model.

Totsiens dan, my lief!

Onthou net die goeie tye:

Advertisements

Written by George Maru

18 Februarie 2009 at 19:55

Posted in sommer net

14 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 😆 Voel saam met jou – ek het amper agter myne aangehardloop toe ek hom uiteindelik laat gaan het na 8 jaar en het staan en kyk en kyk tot ek geen rooi liggies meer kon uitmaak nie. 😉

    Sonkind

    18 Februarie 2009 at 20:49

  2. twyfelagtige poësie

    …ek kon niks doen toe jy met die seuns daardie sondagmiddag wegry…

    en nou na amper 10jaar

    onthou ek steeds die gedreun van jou kar en hoe dit in die verte weggedreun het, en dit helder oor dag nag geword het.

    ‘n nuwer model?

    johannes coetzee

    19 Februarie 2009 at 11:31

  3. Goed geskryf. Vir ‘n oomblik daar het jy my gehad! 🙂

    boerinballingskap

    19 Februarie 2009 at 13:59

  4. Het my gehad. Ek moes twee keer lees 😆

    Emil

    20 Februarie 2009 at 9:55

  5. Vir my ook. Maar ek’t gedag jy neem afskeid van jou Mac :p

    Johan Swarts

    24 Februarie 2009 at 19:37

  6. Sonkind, ek voel nou nog ‘n bietjie bewoë en wonder of die nuwe eienaar mooi na my lief gaan kyk.

    ((Johannes))

    BiB en Emil, julle moet wakker wees! 😆

    Johan, jy tart vir my. Jy tart vir my. Wat dink jy is die kans? Inteendeel, die Mac werk perfek saam met die nuwe iPhone. Alles werk mooi saam en bevorder harmonie. Apple is Zen.

    George Maru

    25 Februarie 2009 at 18:06

  7. ek besef ek moet eintlik iets harvogtig sê, maar ek sê vandag niks nie. ek sê net so hier en daar hallo, want die prozac werk vandag besonder goed. hallo.

    maeree

    26 Februarie 2009 at 15:20

  8. jinne amper tjank ek 🙂

    rosalindfranklin

    26 Februarie 2009 at 17:24

  9. Nee wat die hoek van Duncan en Schoeman het dit weggegee. Dis net die klomp Kapenaars wat jy so om die bos lei. 😉

    flippiefanus

    26 Februarie 2009 at 21:22

  10. Jy is vrek bevoorreg. Kommentaar van Johannes is skaars deesdae.

    Johan Swarts

    2 Maart 2009 at 10:38

  11. lol

    gaan na 21 Mei 2011 gaan ons nog skaarser wees

    so ons spread hom dus maar so biekie

    johannes coetzee

    2 Maart 2009 at 16:35

  12. hoe vorder daai comeback?

    maeree

    18 Maart 2009 at 17:06

  13. Die pressure raak net te veel!

    George Maru

    19 Maart 2009 at 6:52

  14. Lyk my George se tong is saam met sy rooi liefling weg. Maak elke nou-en-dan die blog met afwagting oop om teleurgestel te word deur “niks” nie! Ai!

    Nicky

    23 Maart 2009 at 11:23


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: