riviersonderend

25 jaar van skoonheid

with 11 comments

giantapple

Die Apple Macintosh rekenaar is vandag 25 jaar oud. Apple is in ‘n garage begin deur Steve Jobs, Steve Wozniak en Ronald Wayne in 1976. In 1977 verkoop Wayne sy aandeel in die besigheid vir $800 aan Jobs en Wozniak. Die maatskappy is vandag sowat $80 miljard werd (na die ineenstorting van die finansiële markte).

In 1981 kom Bud Tripple met die term “reality distortion field” vorendag om Steve Jobs se charisma te beskryf. Met Jobs aan die stuur het Apple nog altyd daarin geslaag om die media om sy pinkie te draai. Nie net omdat hulle goeie bemarkers is nie, maar ook omdat Apple ideale verteenwoordig en artikuleer wat mense inspireer. Apple was nog altyd getrou hieraan; in Steve Jobs se eie woorde:

Remembering that I’ll be dead soon is the most important tool I’ve ever encountered to help me make the big choices in life. Because almost everything–all external expectations, all pride, all fear of embarrassment or failure–these things just fall away in the face of death, leaving only what is truly important. Remembering that you are going to die is the best way I know to avoid the trap of thinking you have something to lose. You are already naked. There is no reason not to follow your heart.

en:

When I was 17, I read a quote that went something like: “If you live each day as if it was your last, someday you’ll most certainly be right.” It made an impression on me, and since then, for the past 33 years, I have looked in the mirror every morning and asked myself: “If today were the last day of my life, would I want to do what I am about to do today?” And whenever the answer has been “No” for too many days in a row, I know I need to change something.

Geluk Apple! Mag die era van die Mac nooit tot ‘n einde kom nie.

Advertisements

Written by George Maru

24 Januarie 2009 at 17:45

Posted in nuus

Tagged with , ,

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het Macs die afgelope tyd goed leer ken en kan ongelukkig nie jou entoesiasme deel nie. Die goed is at best mediocre. Really – sodra die ge-“ooh…aah…look at the pretty picture” verby is, slaan die realiteit jou dat daar nie naastenby genoeg sagteware vir die goed is om actually werk daarop gedoen te kry nie.

    As Macs geretail het vir pryse wat ander pc’s retail, kon dit nog aanvaarbaar gewees het, maar teen die pryse wat hulle dit aan mense afsmeer onder die vaandel van “it just works”?

    Nee wat.

    (Ek’s probeer nie nou ‘n flamewar oor OS’s uitlok nie – dis eerlikwaar die beste wat ek oor Jobs en kie se breinkinders kan sê.)

    Johan Swarts

    24 Januarie 2009 at 21:43

  2. I love the two quotes, just what I need to keep me focused at this stage of my life. Thank you George.

    Andrew

    25 Januarie 2009 at 8:49

  3. Johan, my liewe mens, jy ly aan die Stockholm-sindroom. Ken jy daai gospelsong “Uit dieptes gans verlore”? Dit laat my aan jou dink. Gelukkig is jy nog jonk en is daar nog baie tyd vir jou arme deluded siel om die lig te sien. Sê net as jy ‘n fakkel nodig het. 😈

    Andrew, it’s a pleasure.

    George Maru

    27 Januarie 2009 at 17:30

  4. die boom val
    nie ver van
    die appel
    af nie

    johannes coetzee

    29 Januarie 2009 at 9:22

  5. George – Ek gaan nie met jou stry nie en jy hoef my ook nie te glo nie. Op die ou end van die dag is jy die een met die oversized dent in jou beursie 😉

    Johan Swarts

    29 Januarie 2009 at 10:54

  6. Johan hou nie van Mac nie.

    Mac rocks! Dit is nog steeds die enigste, ordentlike werkbare oplossing vir Hebreeus met vokale. Dit is steeds die beste DTP-gerigte tegonologie.

    Dent of te not, ek gaan steeds ‘n Mac hê – daai glansende, kliniese wit omhulsel is amper net so beeldskoon soos George se blogontwerp 😆

    Emil

    29 Januarie 2009 at 13:51

  7. “If today were the last day of my life, would I want to do what I am about to do today?” And whenever the answer has been “No” for too many days in a row, I know I need to change something.

    Dis tyd dat ek iets verander, baie baie gou ook 😈

    Sonkind

    30 Januarie 2009 at 20:59

  8. Ek hou van vinnige hardeware en innoverende sagteware teen ‘n kompeterende prys. Which isn’t Macs 😉

    Johan Swarts

    1 Februarie 2009 at 20:38

  9. Johannes, jy is amazing. Amazing, ek sê. 🙂

    Emil, bless your soul.

    Sonkind, ja? Mag dit ‘n fantastiese sukses wees. 😉

    Johan, ek gaan vir jou modereer.

    George Maru

    1 Februarie 2009 at 22:05

  10. A nee a, net Frank Botha mag my modereer :p

    Johan Swarts

    2 Februarie 2009 at 12:47

  11. (Gepraat van DTP, Emil, het jy al LaTex probeer?)

    Johan Swarts

    2 Februarie 2009 at 12:48


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: