riviersonderend

So dit is dan nou 2009

with 15 comments

Ek is terug. Maar ook nie regtig nie. Die jaar het dramaties afgesluit en effe rof begin. Dit gaan nog ‘n rukkie wees voor ek by ernstige blogging uitkom (onder andere wil ek verder skryf oor spiritualiteit).

Ek wil darem net melding maak van ‘n belangrike nuusgebeurtenis die week. Die nuwe Doctor Who is aangewys. Dit is Matt Smith en hy is net 26, die jongste akteur om die rol te vertolk. Ek het my bedenkinge, want ek weet nie of hy die lewenservaring het om reg te laat geskied aan die rol nie. Dit gaan ‘n formidabele akteur eis om David Tennant se skoene vol te staan.

En nou van die os op die jas. Vandag betrap ek myself in ‘n oomblik wat Calvyn se hart sou laat bokspring het van trotse opgewondenheid. Ek bevind my in lingerie-winkel en die musiek wat hulle speel val my op. Dit is gospel, maar nie enige gospel nie. Dit is van daardie praise & worship musiek. My eerste instinktiewe reaksie is afgryse terwyl ek na ‘n pantie staar en “I exalt thee” in my ore dreun.

Wat sou jou eerste instinktiewe reaksie gewees het? Nie die beredeneerde reaksie nie (ja, ja, laat staan nou maar eers die redenasies oor die verhouding tussen geloof en seks en dat daar geen rasionele rede is hoekom dit nie daar gespeel behoort te word nie, ensomeer) wat later volg nie, maar daardie eerste gedagte wat by jou opkom?

Ek dink dit is baie moeiliker om ons kondisionering te ontsnap as wat ons ooit mag toegee.

Advertisements

Written by George Maru

6 Januarie 2009 at 19:42

Posted in sommer net

15 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. My instinktiewe reaksie is: Wat het jy in die lingerie-winkel gedoen? 😉

    boerinballingskap

    7 Januarie 2009 at 13:45

  2. eerste reaksie?
    wat maak jy in ‘n lingerie-winkel? en hoekom staar jy na panties?

    maeree

    7 Januarie 2009 at 13:46

  3. o snap

    boer, ek hou van hoe jy dink.
    sies.

    maeree

    7 Januarie 2009 at 13:51

  4. Wel, wel, wel… gepraat van kondisionering. Wat is so vreemd aan die idee van ‘n man in ‘n lingerie-winkel? 😆

    Ek is besig met navorsing. Seriously.

    George Maru

    7 Januarie 2009 at 21:41

  5. Vreemd, dit was nie my reaksie nie. Dalk is ek net anders gekondisioneer?

    Johan Swarts

    8 Januarie 2009 at 10:00

  6. What ‘n pantie-prayer…!?

    Klink of jy oop oë in die ding ingestap het…?

    Navorsing….hahahahaha (kliphard…)

    Ongegag waaroor jou navorsing handel…. ek het ‘n vermoede jy gaan die naakte waarheid ontdek!?

    johannes coetzee

    8 Januarie 2009 at 11:13

  7. Net in case jy dit oorweeg om hulle aan te pas, vergeet dit, ek het dit al probeer en dit werk nie. Te min materiaal.

    Andrew

    9 Januarie 2009 at 15:03

  8. Nou gaan ek my 2c gee. Ek, het dit totaal en al nie vreemd gedink dat jy ‘n panty in die hand gehad het nie, nog minder sou dit vir my vreemd gewees het as dit ‘n panty en bra was. Regtig.

    My instinktiewe reaksie in jou skoene: Ook afgryse, want ek dink revival-musiek is afgryslik. Maak nie saak waar ek dit hoor nie, ek stap weg.

    En ja, sterk verbintenis tussen godsdiens en seks. Erg so.

    rosalindfranklin

    9 Januarie 2009 at 16:41

  9. Is ek die enigste een wie se NG kerk gewete sou inskop en wat dadelik sou dink: “O hel – god is watching me!”

    Terloops, soos Rosa vind ek dit ook glad nie vreemd dat jy in ‘n lingerie winkel was nie.

    netjane

    10 Januarie 2009 at 16:22

  10. Liewe George,

    Gospel musiek in enige winkel (behalwe die Pienkboekie Shops) is uit. Mens behoort die winkels, wat die reels breek, te laat arresteer!

    Maar aan die anderkant het ek iewers gehoor dat baie van die Kerktannies in die konsistories, vreeslike seksie goetertjies onder hulle kuise kerkrokkies dra…

    (Was dit ‘n Brigette Jones pentie of ‘n flossie?)

    K ‘-)

    Karin

    12 Januarie 2009 at 12:12

  11. Johan, dalk is daar iets fout met jou?

    Johannes: hahaha.

    Andrew, nee ek het nie! 😆

    Rosalind, dit was vir navorsing!!!

    Netjane, dankie. Jy verstaan.

    Karin, hulle verkoop nie regtig Brigette Jones-tipes daar nie. Wel, nie wat ek gesien het nie?

    George Maru

    12 Januarie 2009 at 21:10

  12. Ek glo jou!!! Belowe. 🙂

    Ek dink nog steeds gospel musiek is horrible.

    ROFL @ netjane en george, wat doen julle as julle bad? Jammer maar ek dink daai gewete van my is verlore. Maar ten minste het ek my opinie vir jou gegee, soos wat jy gevra het.

    rosalindfranklin

    13 Januarie 2009 at 15:16

  13. Rosa, jy praat so van gospel musiek, ek skakel op ‘n Sondag in op RSG om Hoe Verklaar Jy Dit te luister. Toevallig het ek verlede Sondag vroeg ingeskakel en af gekom op ‘n godsdienstige kinder program. Ek kon letterlik nie glo wat ek gehoor het nie. Hulle het ‘n liedtjie gespeel met die chorus ‘Jesus se soldaatjies’, dit is nou vir kinders bedoel wat God se woord moet versprei. Ek het myself amper toe gekak.

    Andrew

    13 Januarie 2009 at 22:20

  14. Georgie-boy, my skat, my 1ste gedagte sou wees ‘as ek in daai klein pantie kan pas, sing ek ook I exalt thee’. Met oorgawe.

    Andrew, al ooit gehoor van ‘onward little soldier’? Jy’s nou soos die konsistorie tannie wat fout soek met alles ‘we^relds’. Net anders om. 🙄

    Roer

    18 Januarie 2009 at 19:16

  15. Hmm, eintlik `n skreeusnaakse situasie. Ek dink ek sou onbedaarlik aan die giggel gegaan het. Dit sou beslis geëindig het in `n klipharde snorklag van epidermiese proporsies – veral as daar iemand was wat my kon hoor. Hehe…

    corlivandermerwe

    23 Maart 2009 at 15:08


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: