riviersonderend

Vlug land uit, spirituele geweld en programmeringstale as gelowe

with 9 comments

Breyten Breytenbach raai jong Suid-Afrikaners in ‘n artikel in die jongste Harpers aan om Suid-Afrika te verlaat, as die verlies nie te groot sal wees nie.

‘n Voorstel om homoseksualiteit te dekriminaliseer word deur 66 lande by die VN ondersteun. In baie lande word homoseksualiteit met die doodstraf gestraf. Lande wat teen die voorstel gekant was, sluit al die moslemlande en die Vatikaan in (uit die aard van die saak). Twee lande wat hulle by hierdie lande geskaar het teen die voorstel? Amerika en Suid-Afrika (Zuma se uitsprake oor gays is bekend).

Die Australiese staat, Victoria, gaan voortaan laerskoolkinders se godsdiensopvoeding uitbrei en ruimte maak vir perspektiewe dat daar geen bonatuurlike magte of gode is nie. Die kirrikulum is ontwikkel deur die Humanistiese Vereniging van Victoria.

Obama kies Rick Warren, skrywer van Purpose Driven Life, om die gebed tydens sy inhuldiging te behartig. Gay-regte organisasies beskryf dit as sprituele geweld teen gays.

obama

Duisende mense word in slawerny gedwing in Darfoer deur die Janjaweed militia.

Ted Haggard, een van Amerika se bekendste fundamentalistiese predikers wat seks met ‘n manlike prostituut gehad het en dwelms gebruik het, sukkel nog steeds om oor sy gay siekte te kom. Blykbaar neem dit langer vir die drie weke program van Focus on the Family wat jou van gaygeit genees, om in te skop.

As programmeringstale gelowe was, watter taal sou watter geloof gewees het? Geen prys vir die persoon wat kan agterkom waar die skrywer se lojaliteite lê nie. Python se moer.

Vandag se gesneuwelde woorde is van Rick Warren, skrywer van Purpose Driven Life (in ‘n onderhoud met Steven Waldman):

As jy gays se verhoudings moet vergelyk, waarmee sal jy dit gelykstel? Kinderverkragters, natuurlik! (Ten minste is hy konsekwent in sy afkeur van mense wat nie soos hy is nie. Hy het ook vir ‘n Joodse vrou reguit gesê sy gaan hel toe, omdat sy ‘n Jood is.)

Steven Waldman: But what about, like, partnership benefits in terms of insurance or hospital visitation?

Rick Warren: You know, to me, not a problem with me.  But the issue to me is, I’m not opposed to that as much as I’m opposed to the redefinition of a 5,000-year definition of marriage. I’m opposed to having a brother and sister be together and call that marriage. I’m opposed to an older guy marrying a child and calling that a marriage. I’m opposed to one guy having multiple wives and calling that marriage.

Steven Waldman: Do you think, though, that they are equivalent to having gays getting married?

Rick Warren: Oh I do.

En oor hoe om kerke meer aanvaarbaar te maak vir mans (van David Marrow, een van Warren se sidekicks):

2. Decorate with men in mind. Most church buildings are adorned with quilts, flowers, lace, and banners. How do we expect men to connect with God in a room that looks like a beauty parlor?

Redecorate your worship space with men in mind. Take down the quilts and lace. Repaint using the colors of the field. Change your lighting. If you’ve got the guts, cover the walls with swords, shields, or maybe even mounted animal trophies.

Advertisements

Written by George Maru

21 Desember 2008 at 7:01

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. I loved the programming languages link but was a bit disappointed not to find Assembler and Pascal in the list; I used to be pretty good at both some years ago. 266 000 hits and still counting, brrrilliant. 🙂

    Andrew

    21 Desember 2008 at 13:27

  2. Ek wonder nou oor SA se stem by die VN – hoe word dit met die Grondwet (daai Grondwet waarop ek so trots is!) in gedagte gedoen?

    /sug

    netjane

    21 Desember 2008 at 13:54

  3. Nee dis te erg. Wat op aarde. My cause is gay regte X

    Pepik

    21 Desember 2008 at 14:20

  4. “se moer” het my laat wonder tot watter fanatiese godsdiens jy behoort!

    alleman

    21 Desember 2008 at 22:42

  5. Redecorate your worship space with men in mind. Take down the quilts and lace. Repaint using the colors of the field. Change your lighting. If you’ve got the guts, cover the walls with swords, shields, or maybe even mounted animal trophies.

    O jinne! Hoekom kry ek die gevoel die euwels van die Kruistogte het nog nie ingesink nie. Seker omdat hierdie onverdraagsame gespeupel reken enigiets in die naam van God is geoorloof, solank dit met hulle verwronge insigte van gosdiens saamstem. Net maar nog hartseer voorbeelde van die verdoemende onverdraagsaamheid en onvergewende karakter van geloof.

    Emil

    22 Desember 2008 at 15:00

  6. I suppose taking a shower does not wash away one’ prejudice.

    Andrew

    22 Desember 2008 at 17:32

  7. Andrew, isn’t it obvious that Assembler is whatever they practiced at Stonehenge? It looks quite impressive though nobody has any idea how the hell it got there. It is an esoteric art that not even its practitioners understand all that well and it leaves admirers dumbfounded. A lot of prayers, invocations and incantations are characteristics of this dark art. Its main purpose is to leave people asking “Why?”

    Netjane, ek vermoed dit het ook iets te make met SA se neiging om altyd teen Westerse moonthede te wil stem. SA laat hom lei deur die ontwikkelende wêreld se opinies.

    Pepik, love die avatar!

    Alleman, ek programeer nie meer nie, maar het onlangs onder die invloed van ‘n uiters verleidelike kultus beland. En ek wil nie daarvan gered word nie. Ruby is fantasties en die res is almal verkeerd! 🙂

    Emil, ek het net so ‘n gevoel die man is ook nie so lekker in touch met die moderne man nie. 😉

    George Maru

    22 Desember 2008 at 18:21

  8. Very funny Mr Maru, in my day we called it machine language and it carried street cred. Oh the good ol’ days of pushing and popping and 8 bit registers. 🙂

    Andrew

    22 Desember 2008 at 20:41

  9. Jy het vergeet oor die bestialiteit en gays. Nadat gays kinders molesteer wil hulle met skape trou, jy weet mos! En wat as jy Joods en gay is, oi vey!!!!!!!

    rosalindfranklin

    29 Desember 2008 at 1:59


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: