riviersonderend

Boodskap van Ray Boltz

with 11 comments

Waarom vir 1 Januarie wag? Natuurlik is daar geen goeie rede om te wag nie!

Sonder enige verwyl dus, die nuutste song van Ray Boltz, ‘n gospelsanger wat bekendheid verwerf het met sy treffer “Thank You”.

Ray Boltz was eens op ‘n tyd baie gewild onder evangelikale Christene gewees. Dit is egter nie meer die geval nie. Op 26 Desember 2004 toe die tsunami Suidoos-Asië getref het, is die Boltz familie met hulle eie tsunami gekonfronteer. Boltz kon nie langer ‘n leuen leef nie en het sy vrou van 33 jaar en 4 kinders die waarheid oor homself vertel.

Vandag het hy vrede en is hy gelukkig en maak hy weer musiek.

Advertisements

Written by George Maru

8 Desember 2008 at 19:25

Posted in musiek

Tagged with

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. That was frekkin awesome. Is this your new look? Times are changing George. When I dated across the race line more than 10 years ago no one dared say anything to my face. “Don’t tell me who to love.”

    Andrew

    8 Desember 2008 at 21:06

  2. Don’t tell me who to love…tra-la-la NICE!

    Ek smaak dit! 😉

    rosalindfranklin

    9 Desember 2008 at 14:55

  3. Is hy nou nog steeds ‘n Christen?

    boerinballingskap

    9 Desember 2008 at 18:36

  4. George ek sal graag sy storie wil hoor, is dit erens beskikbaar?

    Ek vermoed hy moes leer dat daar nie met die Evangelie handelgedryf kan word nie, en dat die beginsel van “freely ye have received, freely give” steeds geld.

    Ek hoop nie hy het die Bybel verloën nie…

    johannes coetzee

    10 Desember 2008 at 11:03

  5. Dankie vir die link… ek het dit aanvanklik gemis.

    Ray Boltz se woorde: “I decided I could be born again and all of the things I was feeling in the past would fall away and I would have this new life.” het my veral opgeval.

    Ek hoop hy het die grootste leuen wat die mensdom onderleiding van die kerke leef ook ontdek en dit is dat die mens homself nie kan wederbaar nie.

    “I decided I could be born again….” is een van die grootste leuens wat die kerke vandag aan die mensdom verkoop…!

    “broeeeeers en susssssssters julle kan vanaaaaaaaaaaaaaand die keuse maaaaaak…! As jy opstaan en jou sonnnnnnnnnnnnnnnndees bely kan jy kies… Jeeeeeeeeeeeeeeeesus het aaaaallles gedoen en nou is aaaaaaaaaaaalles in jou haaaaaaaaaaaande…!” Dis om van te kots………!

    Dit (die wonderwerk van wedergeboorte) is alles God se werk, alles Sy werk alleen…! Die beste wat die mens maak kan doen is om op God te hoop. Die leuen wat hy in sy persoonlike lewe geleef het blyk maar ‘n vulletjie van ‘n tsunami te wees as dit vergelyk word met die leuen wat die kerke vandag aan die mansdom verkoop… dit is egter die moeder van alle tsunamis.

    Ek hoop regtig hy het agtergekom dat die mens homself nie wederbaar nie. As die wonderwerk nie van God af kom nie sal die mens bly voortploeter in sy doodsbestaan! Dis die eintlike leuen wat die mens vandag leef..

    (Lam 5:21) Turn thou us unto thee, O LORD, and we shall be turned; renew our days as of old.

    johannes coetzee

    10 Desember 2008 at 11:42

  6. Is no one going to say anything about the snow on this blog? I think it is very cool. Brrrr.

    Andrew

    10 Desember 2008 at 22:06

  7. Andrew & Rosalind, inderdaad!

    Boer, sover ek weet, ja.

    Johannes, ek dink dit is die eerste keer dat jy Klaagliedere aanhaal.

    George Maru

    11 Desember 2008 at 7:40

  8. Andrew

    Ek dink ons het al agtergekom dat dit moerse warm is oor kerstyd hier in Suid Afrika… dit gee my eerder koue rillings as ek sien hoe daar nog met die mensdom se koppe gesmokkel word, alles net om die “goue kalf” lewend te hou…!

    johannes coetzee

    11 Desember 2008 at 10:10

  9. Andrew, met die “sneeu” bedoel jy Johannes se versies 😉

    George, toe ek die skakel volg en dadelik die eerste kommentaar daar lees, toe tref ‘n tsunami my muur van verdraagsaamheid, en slaan dit ter pletter!! Goeie F** – die eensydige, oningeligte fundamentalistiese snert waarmee mense hulle vrye lewens kan boei 😯

    Ek haal my hoed af vir Ray! Goeie inskrywing!

    Emil

    11 Desember 2008 at 19:58

  10. Emil, ‘n mens kan nie ‘n beter voorbeeld soek oor hoe geloof iemand se kop totaal kan opfok nie as juis daar.

    Rosalind, dankie! Ek sal later iets skryf. 🙂

    George Maru

    14 Desember 2008 at 9:41


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: