riviersonderend

Koersverandering

with 14 comments

Op 26 Desember sal hierdie blog 2 jaar oud wees. Baie water het al in die see geloop sedert hierdie inskrywing. Daar kan baie geskryf word oor die verskillende rigtings wat die blog ingeslaan het die afgelope twee jaar. Daar was hoogtepunte en laagtepunte. Maar nou ja, kom ons los maar die dooie koeie in die sloot. 

Dit is al ‘n geruime tyd dat ek wik en weeg oor die rigting wat ek wil inslaan. Die ronddobbery was lekker, maar nou ook verby. 

In die nuwe jaar trek riviersonderend ‘n nuwe baadjie aan, nie net wat ontwerp betref nie, maar ook inhoudelik. Uit die aard van die saak lees mense hier vir verskillende redes. Ek is seker daar is diegene wat sal aanhou lees en die koersverandering gaan geniet. Daar sal ook diegene wees wat nie gaan aanklank vind by die nuwe riviersonderend nie. Hoe dit ookal sy, verandering is onafwendbaar en soms nodig.

Maar nou is dit tyd om feestelik te wees. Geniet die feesseisoen en kyk na julleself.

Namasté.

Advertisements

Written by George Maru

5 Desember 2008 at 7:22

Posted in sommer net

14 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ooh, beteken dit jy gaan self hosted gaan? If you do en jy kort hulp, gooi my ‘n e-possie. Ek help graag 🙂

    Ek sal altyd die Maru lees 😉

    Johan Swarts

    5 Desember 2008 at 8:40

  2. Ek sien uit na die nuwe baadjie! Van hier ver oor die water in die snerpende winter: ‘n Geseende Kersfees vir jou.

    boerinballingskap

    5 Desember 2008 at 14:38

  3. Sien ook uit na die nuwe blaadjie…!

    johannes coetzee

    5 Desember 2008 at 14:41

  4. geluk met die byna twee jaar. wel ek het dit nog altyd hier geniet en ek vermoed baie sterk dat ek van die nuwe baadjie ook sal hou. ek sien reikhalsend uit 😉

    rosalindfranklin

    5 Desember 2008 at 15:46

  5. Geseënde Kersfees vir jou ook!

    Ek is vreeslik nuuskierig oor die nuwe koers…

    NetJane

    5 Desember 2008 at 17:19

  6. Christmas is traditionally a celebration of the changing solstice, an astronomical event. And change is good.

    Merry Yule everyone.

    Dies Natalis Solis Invicti

    Andrew

    6 Desember 2008 at 10:24

  7. heeeeeeeei, hoekom word ek gemodereer?

    Johan Swarts

    6 Desember 2008 at 12:38

  8. johan hy bang jy plaas bybelversies…. haha

    johannes coetzee

    7 Desember 2008 at 18:44

  9. Of jy nou oos, wes, noord of suid gaan, vir die rivier sonder einde sal ek altyd kom lees 🙂

    Mag jy ‘n mooi Kersfees en ‘n uitmuntende 2009 tegemoetgaan, George!

    Sonkind

    8 Desember 2008 at 13:33

  10. Johan, nee nie op die oomblik nie, maar dankie in elk geval vir die aanbod. 🙂 Sorry oor WordPress se gemodereerdery. Die ding se kop het weer uitgehaak.

    Dankie, Boer, selfde vir jou.

    Johannes, jy kan self vir ons ‘n feestelike versie hier plaas. 🙂

    Dankie, Rosalind!

    Dankie, NetJane. Selfde vir jou ook.

    Andrew, yes, change is good. 🙂

    Sonkind, dankie. Net die beste vir jou ook.

    George Maru

    8 Desember 2008 at 19:36

  11. Ek sien uit na die verandering. Lekker feestyd vir jou ook!

    Emil

    11 Desember 2008 at 20:00

  12. Dankie George ek doen dit met graagte.

    Gedagtig aan die nuwe baadjie…. waarom nie ‘n nuwe lied nie:

    (Psa 144:9) O God, ek wil ‘n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.

    johannes coetzee

    12 Desember 2008 at 8:51

  13. Happy Holidays.

    Die piesangverkoper

    18 Desember 2008 at 10:01

  14. Piesang & Emil, dankie en selfde vir julle ook.

    Johannes, jy het nog niks uit Hooglied geplaas nie! Niks nie.

    George Maru

    20 Desember 2008 at 9:27


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: