riviersonderend

Hoekom geloof irrelevant raak

with 34 comments

Na aanleiding van ‘n opmerking wat ek op Piesangverkoper se blog gemaak het oor die werk van Joseph Campbell, het ek weer gedink aan ‘n opmerking wat hy gemaak het in sy boek, The Power of Myth. Hierdie fenomenale boek is ‘n gesprek tussen Campbell en Bill Moyers. Die gesprek het plaasgevind op George Lucas se Skywalker Ranch en is ook verfilm.

Die boek bevat soveel juwele dat mens nie eintlik weet waarop om te fokus nie, maar in die lig van een van my vorige plasings oor geloof en spiritualiteit, het ek gedink om Campbell se siening van mitologie en die nodigheid vir ‘n herinterpretasie daarvan te plaas. (The story of the song verwys na ons ware natuur.)

MOYERS: And isn’t mythology the story of the song?

CAMPBELL: Mythology is the song. It is the song of the imagination, inspired by the energies of the body. Once a Zen master stood up before his students and was about to deliver a sermon. And just as he was about to open his mouth, a bird sang. And he said, “The sermon has been delivered.”

MOYERS: I was about to say that we are creating new myths, but you say no, every myth we tell today has some point of origin in our past experience.

CAMPBELL: The main motifs of the myths are the same, and they have always been the same. If you want to find your own mythology, the key is with what society do you associate? Every mythology has grown up in a certain society in a bounded field. Then they come into collision and relationship, and they amalgamate, and you get a more complex mythology.

But today there are no boundaries. The only mythology that is valid today is the mythology of the planet – and we don’t have such a mythology. The closest thing I know to a planetary mythology is Buddhism, which sees all beings as Buddha beings. The only problem is to come to the recognition of that. There is nothing to do. The task is only to know what is, and then to act in relation to the brotherhood of all these beings.

MOYERS: Brotherhood?

CAMPBELL: Yes. Now brotherhood in most of the myths I know of is confined to a bounded community. In bounded communities, aggression is projected outward.

For example, the ten commandments say, “Thou shalt not kill.” Then the next chapter says, “Go into Canaan and kill everybody in it.” That is a bounded field. The myths of participation and love pertain only to the in-group, and the out-group is totally other. This is the sense of the word “gentile” – the person is not of the same order.

In ‘n wêreld wat al meer na “unboundedness” beweeg, bied “boundedness” nie meer die antwoorde nie.

Advertisements

Written by George Maru

25 November 2008 at 20:47

34 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek’s al lank(erig) ‘n groot Joseph Campbell fan, maar op hearsay en snippets soos hierdie. Shocking. Ek moet nog besluit watter van sy boeke (of DVD’s) ek moet kry. Klink my jy beveel aan ek kry vir my “The Power of Myth”, in boek vorm? Ek het al genoeg kere daarna verwys. DVD is dalk net lekker indien mens dit vir ander mense ook wil wys… fliek-aand styl?

    Hugo

    26 November 2008 at 3:15

  2. Nee George, miskien probeer jy iets anders se^ as wat jy hier se^, maar geloof sal nooit irrelevant word nie. Sonder geloof kan geen mens bestaan nie. Miskien probeer jy eerder verwys na geestelikheid, maar selfs dan dink ek die inherente soeke van die mensedom na geestelikheid sal maak dat ook dit nooit irrelevant sal raak nie.

    Hierdie storie van die mitologie met of sonder grense klink maar op die ou end na een of ander folisofie sonder waarheidsmeganisme. Mens kan daarop inkoop of jy kan dit verwerp. Dis elkeen se eie keuse.

    flippiefanus

    26 November 2008 at 8:38

  3. Luister, nie om op enigiemand se vuur te piepie nie, maar julle die vaagste, mees obskure taal moontlik.

    Spesifiseer asseblief. Moenie net “geloof” gebruik nie – gebruik: “die geloof in xxx” of “die geloof dat yyy”. Want as julle nou eers gaan begin om oor ‘n begrip te baklei wat heimlik vir julle altwee iets anders beteken, kan ek jou belowe julle gaan kwaad raak.

    Johan Swarts

    26 November 2008 at 8:43

  4. *julle gebruik

    Johan Swarts

    26 November 2008 at 8:43

  5. Netso min as wat die mens homself binne die tydvak van hierdie generasie van die natuurwette kan losmaak, netso min kan die mens van die Goddelike wette (waarvan ‘n bondige beskrywing in die Bybel as die Woord van God uiteengesit is) wegkom.

    Hoemeer die mens vanwee die verbreding van die kennis van die natuurwette in sy hooghartigheid dink dat hy “unbounded” is, hoemeer is die mensdom besig om hom vas te loop in die “boundedness” van die ewige tydlose Goddelike wette….!

    Inteendeel, dis nie net die “geestelike” toring van Babel watse spits vandag tot aan die hemel reik nie maar is die ander toring van Babel op die terrein van die natuurwette besig om seriously met sy “geestelike’ eweknie te compete vir die eersteplek…!

    Die val van beide gaan oooo so baie, oooo so oneindig baaaie baaaaie groot wees.

    Ek hoef seker nie die jaar van die groot val aan julle geleerdes uit te wys nie….? Hoef ek?

    johannes coetzee

    26 November 2008 at 12:49

  6. Ek is so ‘n ateis wat nie die bybelse geskiedenis en stories glo nie, ook nie die van die quran, geeta of enige van daai nie, maar selfs ek het al dinge beleef wat geeneen kan verklaar nie, elke keer as ek in ‘n verknorsing is en wanneer ek sien dinge is oppad om skeef te loop dan gaan daar deure oop, hoe dit gebeur weet ek nie, wetenskaplikes sal dit afmaak as blote toeval, maar ek weet nie so mooi nie, al se ek ek is ‘n ongelowige, is daar iets wat binne my is en ek dink in almal dat as die paw paw die fan straaik, dan bid almal seker so op sy eie manier.

    Wat alle wetenskaplikes na mening miskyk is dat lewende wesens hulle self kan versorg en aan die lewe hou, kyk bv na ‘n mens, ons is self sustainable vir my is dit ‘n wonderwerk in hom self, of waar het die spinnekop geleer om ‘n web te spin om kos te vang, big bang kon dit nie vir hom geleer het nie.

    Mense oor die algemeen kan nie ander mense dood maak nie, tensy hulle geleer word, of aan geweld bloot gestel was nie, vir elke mens is dit vreeslik om vir die eerste keer ‘n dier keel afte sny, hoekom?

    Maak nie sin nie, hoekom is ons atties in die minderheid? kan ons reg wees en almal verkeerd?

    Ek weet ons kan nie ‘n God bewys nie, maar dood het ‘n oorsaak, al is dit asem ophou….

    Miskien weet ek nog te min, maar dan nou weer wat soek elke mens op aarde? aanvaarding en liefde, of dit hgeld is wat dit vir jou bring, of mag, of skoonheid, of kennis of enige aantrekkings krag for that matter, almal wil net gelukkig wees, miskien van daai basis af beweeg en dit ondersoek…

    Thinus

    26 November 2008 at 18:46

  7. Hugo, ek dink Power of Myth is ‘n lekker inleiding en dit lees lekker. Hero with a thousand faces is ook ‘n goeie opsomming. Sy grootste werke is seker sy “The Masks of God”-reeks. Vanaf Wikipedia: “His massive four-volume work The Masks of God covers mythology from around the world, from ancient to modern. Where The Hero with a Thousand Faces focused on the commonality of mythology (the “elementary ideas”), the Masks of God books focus upon historical and cultural variations the monomyth takes on (the “folk ideas”). In other words, where The Hero with a Thousand Faces draws perhaps more from psychology, the Masks of God books draw more from anthropology and history. The four volumes of Masks of God are as follows: Primitive Mythology, Oriental Mythology, Occidental Mythology, and Creative Mythology.”

    Flippiefanus en Johan, geloof in die konteks = “Ek glo in God die Vader ens.” Maar jy kan dit ook toepas op Islam ens. Dit is juis die punt wat Campbell maak. Jy moet dit reïnterpreteer en herdefinieer om relevant te bly. Die enigste manier om dit vandag te doen is deur unboundedness te omhels.

    Johannes, ek weet nie of jy “unboundedness” hier reg verstaan nie?

    Thinus, meeste mense het ook geglo die aarde is plat. Wat jy skryf is baie waar en Campbell praat ook baie daaroor. Mitologie, indien reg verstaan, is juis ‘n voertuig om te praat oor die wonder van die lewe in poëtiese taal.

    George Maru

    26 November 2008 at 19:57

  8. Wow Thinus, “You’ve blown me away!” Het jy al gelees by annerkant.wordpress.com? Ek dink jy sal kan aanklank vind by haar.

    flippiefanus

    26 November 2008 at 20:00

  9. George, dis inderdaad in daardie konteks wat ek van geloof gepraat het. Met ander woorde, nie net geloof in ‘n God nie maar geloof in alle fasette van die lewe. Waar ek egte van jou verskil is dat dit nie iets is wat ons nog moet doen nie. Dis iets wat reeds is soos wat dit is en wat nog altyd so was. Wat miskien wel moet verander is dat mens dit moet besef. Die mensdom kyk in die huidige paradigma vas teen die hele konsep van bewyse soos dit in die moderne era deur die wetenskap aan ons voorgehou is.

    Wat die onbegrensdheid (“unboundedness”) betref. Die begrip is bra vaag gedefinieer in die inskrywing, maar ek neem aan dit word in die kulturele konteks bedoel: totale vryheid van denke, sonder enige grense. Wel ek dink daar sal maar altyd grense wees soos daar nog maar altyd grense was. Die mens wil graag glo in die een of ander onbegrensdheid, maar ek dink nie dis in die mens se vermoe om totale vry van die beperkings van kultuur te leef nie. Die resultaat sal eenvoudig chaos wees.

    flippiefanus

    26 November 2008 at 20:15

  10. Verstaan ek reg….?

    “unboundedness” = die geloof of lewensbeskouing dat die mens in ‘n onbegrensde Godlose vrye geloofs of spirituele wêreld homself sonder las van enige voorskifte mag uitleef, maw dat die mens volle beheer het oor en verantwoordelik is vir sy eie destiny…

    “boundedness” = die geloof of lewensbeskouing van die mens dat die mens oorgelewer is aan die wil van ‘n God(of Godheid) met ‘n onbegrensde alvermoeë “waarbinne” die mensdom se lewe gerig word en waaroor die mens geen beheer oor die uitkoms daarvan het nie. maw die mens se lewe word begrens deur die God (of Godheid) se wil en daarom begrens word deur Sy Goddelike wette en werke….

    Sjoe nou verstaan ek waarmee die wysgere of wyshere van oud geworstel het…! Ek wil sommer teruggaan na ‘n plat aarde….. dit was minder dinkwerk

    johannes coetzee

    27 November 2008 at 10:07

  11. Net toe ek dink, hoerhaa iemand met sy foete op die aarde, toe lees ek verder “maar selfs ek het al dinge beleef wat geeneen kan verklaar nie, elke keer as ek in ‘n verknorsing is … ens”

    *Sug*

    Iemand gee vir my ‘n geweer dat ek my harsings kan wegskiet.

    Andrew

    27 November 2008 at 18:44

  12. kalmeer bru…kalmeer ons is nou eers in die tyd van die groot verdrukking, die einde is eers 21 Mei tot 21 Oktober 2011

    johannes coetzee

    27 November 2008 at 19:00

  13. Ok ok ek sal traai, dankie Johannes.

    Andrew

    27 November 2008 at 19:23

  14. Dankie! Ek begin maar met The Power of Myth. Dit klink of ek later alles gaan wil lees, en of alles dalk nuttig kan wees vir my padjie. But all in good time. *wink* @ Andrew. Yay for the human experience! *grin*

    Hugo

    28 November 2008 at 1:00

  15. Flippiefanus en Johannes. Flippiefanus, jy het dit nogal goed opgesom in ‘n inskrywing op jou blog van omgee vir ander en om die sirkel wyer te trek. (Terloops, ek stem saam daarmee, behalwe vir jou siening oor selfliefde; ek dink dit is een van die mees misverstaande konsepte in die Christendom). Onbegrensdheid gaan daaroor dat jy meer mense insluit en nie uitsluit nie.

    Campbell beweer dat ons op die oomblik nie so ‘n mitologie, of tradisie as jy wil, het nie en dat die tyd aangebreek het dat ons ons tradisies sal moet herdefinieer om relevant te bly in die veranderende wêreld. My punt is dat as geloof nie gaan verander en die sirkel gaan wyer trek nie, gaan dit irrelevant raak aangesien meer mense daarna begin strewe.

    Andrew, wie het ooit altyd hulle voete op die aarde? 🙂

    Hugo, ek dink jy sal dit geniet.

    George Maru

    28 November 2008 at 7:24

  16. Johannes soos ek dinge verstaan dat waneer die einde kom in 2011 sal dit kom deur middel van vuur. My vraag is sal die Here dit beskou as kroek as ek ‘n dag voor die tyd selfmoord pleeg op ‘n meer aangename manier?

    Andrew

    28 November 2008 at 8:03

  17. George, die beginsel van liefde vir jou naaste is juis daarop gemik om in te sluit eerder as uit te sluit. Ek stem wel saam met jou dat geloof (of godsdiens) soos wat dit prakties in baie kerke en deur baie gelowiges toegepas word geneig is om mens eerder uit te sluit. Nogtans is ek hoopvol dat dit wel besig is om te verander. Dis reeds so dat as jy na kerke in byvoorbeeld Kanada kyk dan is hulle baie meer ontvanklik vir ander mense. Daarmee moet ek erken dat daar nogsteeds ‘n baie rigiede element is, maar selfs hulle het hul plek en funksie wat hulle verrig.

    Daar moet op die ou end wel gewaak word dat mens nie suiwerhied van geloof inboet bloot om meer populer te wees nie. In die proses verloor jy op albei fronte. Opregtheid en ontvanklikheid hoef nie in stryd met mekaar te wees nie.

    flippiefanus

    28 November 2008 at 10:02

  18. Andrew

    Dis nogal ‘n goeie vraag. Waarom dink jy sal iemand dit ‘n dag voor die tyd begin glo as hy dit nie vandag (903 dae voor die 21 ste Mei 2011) glo nie, what the difference…?

    Ons leef tans in die laaste deel van die tyd wat deur die Bybel beskryf word as die tyd van die groot verdrukking (van die harte, nie ‘n fisiese verdrukking soos wat die kerke glo gaan gebeur nie) en dus tans nog in die tyd wat God volgens die Bybel ‘n groot menigte (wat niemand kan tel nie) red.

    (Openb 7:9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

    Daar is niks wat die mens van hierdie waarhede kan oortuig nie, selfs nie eers wonderwerke soos deur Jesus Christus hier op aarde gedoen kon die mens van die Waarheid van die Woord oortuig nie. Dis net God (die Heilige Gees) wat ons deur Sy Woord (die Bybel) van hierdie waarhede oortuig.

    Andrew as jy dink dat jy dit ‘n dag voor die tyd sal glo wat dink jy sal jou ‘n dag voor die tyd beweeg om te glo dat die aarde die volgende dag deur vuur verteer gaan word…?

    “Een ding” weet ek… vanaf 21 Mei 2011 tot en met die 21 Oktober 2011 (153 dae) gaan dit “death all over” wees, en moet God volgens Sy Woord ‘n einde bring aan hierdie generasie wat dink hulle kan God “kroek” (“wicked generation”).

    Andrew vir God is lewe meer werd as dood. Selfs die dood van die ongelowige “wicked generation” is vir Hom geen geringe saak nie…

    (Eze 33:11) Say unto them, As I live, saith the Lord GOD, I have no pleasure in the death of the wicked; but that the wicked turn from his way and live: turn ye, turn ye from your evil ways; for why will ye die, O house of Israel?

    johannes coetzee

    28 November 2008 at 10:30

  19. Johannes ek sal nie my oortuiginge verander ‘n dag voor die Here se koms nie. Ek sal dit wel doen as Hy voor my verskyn en vir my bewys dat Hy ‘n god is, maar nie voor dit nie. Ek is ‘n bietjie bekommered dat ander dalk iets onverantwoordelik sal aanvang, en ek hoop regtig nie jy sal nie. Wag maar eerder tot die Here voor jou staan voor jy enige besluite neem.

    Andrew

    28 November 2008 at 12:28

  20. Andrew

    Ek dink jy ontwyk my teenvraag, miskien kan ek dit anders herbewoord: Wat dink jy kan iemand (nie noodwendig jy nie) tot die besef beweeg dat die volgende dag alles met vuur verteer gaan word en dat selfmoord op ‘n meer aangename manier vir hom beter gaan wees…?

    Net die gedagte aan selfmoord of die dood opsigself is nie eers iets waaraan ek wil dink nie. Die lewe is te kosbaar….! Veral die ewige lewe (sonder die gedagte aan dood…) nog kosbaarder….!

    Dit verstom my dat die mens oor die algemeen steeds bereid is om die spreekwoordelike pot lensiesop te verruil vir hul eersgeboortereg?

    Andrew wat jy besluit en wat die HERE oor jou besluit het is twee verskillende dinge, as Hy vir jou sondeskuld betaal het dude is ek bevrees is jy Syne. En daaraan sal jy niks kan doen nie… al verwerp jy Hom ook. Kyk maar wat met die dude gebeur het wat langs Hom aan die kruis gehang het. Een oomblik spot hy nog saam met die ander dude net om die volgende oomblik te hoor:

    (Luk 23:43) En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

    Nie dat ek jou enigsins met ‘n moordenaar wil vergelyk nie…. allermins.

    johannes coetzee

    28 November 2008 at 15:47

  21. Miskien is my denke effe simplisties en mis ek die punt, maar is dit nie bloot logies dat geloof irrelevant sal wees vir iemand wat ongelowig is nie?

    boerinballingskap

    28 November 2008 at 16:13

  22. Johannes om jou vraag te beantwoord, niks nie. Ek dink maar net aan sektes waar mense in groepe selfmoord pleeg omdat hulle so sterk glo in die wederkoms. Dis verskriklik tragies.

    Andrew

    28 November 2008 at 17:48

  23. Tjek bietjie hierdie een, vir ‘n interessante verhaal: The Great Disappointment.

    “I waited all Tuesday [October 22] and dear Jesus did not come;– I waited all the forenoon of Wednesday, and was well in body as I ever was, but after 12 o’clock I began to feel faint, and before dark I needed someone to help me up to my chamber, as my natural strength was leaving me very fast, and I lay prostrate for 2 days without any pain– sick with disappointment.”[5]

    Ja johannes, ek besef wel die probleem was dat hulle verkeerd was. 😉 Ek deel bloot die interessante brokkie met die nuuskierigies. Indien jy jouself wel op ‘n soortgelyke plek vind in 2011, dan kan jy gaan loer vir bietjie aanmoediging.

    Miller recorded his personal disappointment in his memoirs: “Were I to live my life over again, with the same evidence that I then had, to be honest with God and man, I should have to do as I have done. I confess my error, and acknowledge my disappointment.” [6] Miller continued to wait for the second coming of Jesus Christ until his death in 1849.

    Nogals ‘n hartseer storie, dink ek.

    Hugo

    29 November 2008 at 1:29

  24. Flippiefanus: “Ek stem wel saam met jou dat geloof (of godsdiens) soos wat dit prakties in baie kerke en deur baie gelowiges toegepas word geneig is om mens eerder uit te sluit. Nogtans is ek hoopvol dat dit wel besig is om te verander.”

    Flippienfanus, dit is al vir 2,000 jaar so. Hoekom is jy nou hoopvol dat dit sal verander. Die hartseerwaarheid is dat geloof net verander omdat mense verander en die verandering ten spyte van geloof geïnisieer word. So wat is geloof se rol dan? Het dit enige rol behalwe om sogenaamd mense ‘n gevoel van sin te gee?

    Boer, ek verwys na die samelewing in die algemeen, veral die Christendom se bakermat. Selfs Amerika (die laaste westerse bastion van die Christelike geloof) is nie sekularisasie gespaar nie.

    George Maru

    30 November 2008 at 8:38

  25. George, nee wag ek dink jy verstaan my verkeerd. Met insluiting bedoel ek nie onvoorwaardelike insluiting nie. Daar bly steeds geloofsvereistes, maar dis nie so rigied soos party dit probeer maak nie.

    In die geskiedenis is daar darem baie dinge wat die afgelope 2000 jaar gebeur het wat groot veranderings geimpliseer het. Telkens is daar wegbeweeg van een of ander dwaalspoor, terug na die oorspronklike bedoeling. Die probleem wat tans bestaan is dat party mense die voorwaardes onnodig rigied probeer maak en sodoende mense uitsluit deur die deur op baie mense toe maak.

    Die globale rol wat geloof speel is om as ‘n morele standaard te dien en te verhoed dat die mensdom te ver oorboord gaan met wat hulle aanvang.

    flippiefanus

    30 November 2008 at 16:07

  26. Hugo

    Dankie vir daardie link ek het dit sommer so vinnig gescan… dit lyk nogal feitelik. Sal dit met graagte lees en kyk “what went whong”…?

    Elke ou moet maar self gaan sekermaak. Een ding weet ek vanuit my ervaring van hierdie dinge en dit is dat hierdie eindtydboodskap van 2011 tans wereldwyd veral via radio uitgesaai word. In Suid Afrika luister ek byvoorbeeld elke aand tussen 18h00 en 01h00 na hulle uitsendings. Ons bereik vandag veral diegene in die arm derde wereld lande. As jy in Suid Afrika woonagtig is kan jy gerus kyk of jy Family Radio se uitsendings op AM 1197khz kan kry. As jy ‘n radio het wat Short Wave kan opvang is daar vele ander SW frekwensies waarna ook geluister kan word.

    Vanuit my kontak met mense in India en China van hulle dieselfde eindtydboodskap ook daar op…!

    Dit grootste telleurstelling gaan onder die geledere van veral die christene wees. Die christene weet dat Jesus weer gaan terugkeer, maar hulle glo nie dat dit vir ons in die Skrif verborge gehou is tot die “tyd van die einde” waarvan Dan 12:4 en 9 praat.

    johannes coetzee

    30 November 2008 at 18:46

  27. Hierdie maak my bang:

    Ons bereik vandag veral diegene in die arm derde wereld lande.

    Arme mense… *sug*.

    Die feit dat dit wêreldwyd uitgesaai word is nie juis ‘n teken van reg of verkeerd nie, bloot ‘n teken van ons vordering van tegnologie. As William Miller die tegnologie gehad het, sou hy dalk ook wêreldwyd uitgesaai het. Of een van die baie ander wat ek al met jou gedeel het:

    http://www.religioustolerance.org/end_wrld.htm

    ‘n Lekker lang lys van baie “end-of-the-world prophecies”. Dink nou as elk van hulle wêreldwyd kon uitsaai…

    Hugo

    30 November 2008 at 19:31

  28. Flippiefanus, nou maar vertel van die voorwaardes om insluiting te beleef? Dit klink vir my net na ‘n manier om vooroordeel respektabel te maak. Dit is juis daardie “morele standaard” wat ek bevraagteken. Ek sou juis argumenteer dat geloof ons dikwels verhoed om moreel op te tree.

    Johannes, jy hou van Daniël? Dit is nie die eerste keer wat jy na Daniël verwys nie.

    Hugo, ek stem. Baie derde wêreld lande is ook waar mense in hekse glo en verbrand. Laat mens dink. Die mense het meer kennis nodig en minder geloof.

    George Maru

    30 November 2008 at 20:26

  29. George die voorwaarde is baie eenvoudig en maklik: glo in Jesus as jou verlosser en saligmaker.

    “Ek sou juis argumenteer dat geloof ons dikwels verhoed om moreel op te tree.” Nee dis darem nou nie waar nie. Wanneer “gelowiges” immoreel optree is dit juis weens ‘n gebrek aan geloof. Partykeer is hulle geneig om mense uit te sluit, wat baie jammer is. Jesus leer ons om die sondaar lief te he. Met ander woorde selfs al voldoen iemand nie aan die voorwaarde nie dan moet ons so persoon steeds lief he.

    Wat ons nodig het is beide kennis en geloof.

    flippiefanus

    1 Desember 2008 at 6:22

  30. Hugo

    William Miller het (duidelik) nie in die “volheid van die tyd” (of die “tyd van die einde” soos deur die God van die Bybel bepaal) geleef nie. Wat hy wel besef het is dat hierdie verborgenhede in die Bybel verskuil is.

    Wat hy egter nie besef het nie was dat dit nog nie die “tyd van die einde” soos deur Daniel (en ander profete van die Bybel) gesien is, was nie. Die feit dat hulle later erken het dat hulle ‘n fout gemaak het gee my sommer baie meer respek vir hulle. Dis immers ‘n karaktereienskap wat jy nie sommer by vandag se “manne van naam” (vandag se kerkleiers) kry nie. Dit is dan ook sekerlik vir daardie rede waarom God hom (en andere) nie toegelaat het om ‘n wêreldwye gehoor (uit elke volk en taal en nasie en stam) soos wat dit vandag met Family Radio die geval is, te hê nie.

    Hugo soos wat dit die geval was met die Joodse kerkleiers in die dae van Jesus (met Sy eerste koms ), is die Bybel baie duidelik dat hierdie eindtydboodskap van die tweede koms van die Messias (ook uit die Woord van God, soos vervat in die Bybel) netso min deur die christene van vandag geglo sal word. Hulle (die meerderheid christene ) trust hulle kerke en kerkstrukture en hulle dominees, pastore, vaders, rabbis, predikante se teachings meer as dit wat in die Bybel “geskrywe staan”, bloot ook omdat hulle nie die Bybel lees nie…. en dit is ‘n feit. Flippiefanus dink nie so nie (hy dink die meeste christene lees die Bybel) dis ondermeer een van die vele punte waaroor ek en hy met mekaar verskil.

    Terwyl alles dus “geskrywe” staan sal die ongeloof van diegene aan wie die Evangelie toevertrou was ook hulle ondergang beteken. Die skrifgeleerdes in die dae van Jesus het nie gepractice wat hulle gepreach het nie.(Mat 23:1) Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek

    (Mat 23:2) en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.

    (Mat 23:3) Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.

    (Mat 23:4) Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.

    Die kerkleiers van vandag is niks anders as die skrifgeleerdes van 2000jaar gelede nie…

    (Mat 23:15) Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

    Hoeveel keer moet ‘n donkie sy kop stamp voordat hy begin luister…? En die mens is meer as ‘n donkie.

    Flippie … bileam se donkie het lyk my meer “kennis en geloof” gehad as sommige profete…? Hy het immers agtergekom dat God in sy pad staan…! Vir hom (die donkie) was geloof immers irrelevant…?!

    johannes coetzee

    1 Desember 2008 at 10:13

  31. FF – die hele “persoonlike verhouding” storie is later deur die kerk self ontwikkel. ek vind dit nie in die bybel nie – kan jy dalk vir my voorbeelde daarvan gee? (ek vra nie om jou gat te krap nie. jy weet mos nou al.)

    Johan Swarts

    2 Desember 2008 at 11:22

  32. Mites die setel van soveel geloof in die onbewysbare…

    rosalindfranklin

    2 Desember 2008 at 19:46

  33. Johan ek is nie seker of ek verstaan in watter konteks jy die vraag vra nie, maar ek neem aan jy verwys na ‘n persoonlike verhouding met God. Ek weet ook nie of dit in soveel woorde iewers in die Bybel genoem word nie, maar dit is tog redelik duidelik as jy na die hele Bybel in konteks kyk dat dit geimpliseer word.

    Soos met enige persoonlike verhouding is kommunikasie van sleutel belang in ‘n mens se verhouding met God en dan kom dit dus neer op gebed. Hieroor word daar baie gepraat in die Bybel. Jy vra my nou vir ‘n voorbeeld wat dus implseer jy wil he ek moet nou hier op George se woernaal Bybel versies aanhaal. Weet nie of hy so baie daarvan gaan hou nie, maar ek sal jou darem ‘n verwysing gee: gaan lees Fil 4 vers 6 en 7.

    flippiefanus

    3 Desember 2008 at 8:51

  34. Flippiefanus, ek weet nie of dit moontlik is om ‘n Bybelversie hier te plaas wat Johannes nie reeds gedoen het nie. Ek sal nie verbaas wees as hierdie blog die meeste Bybelversies in die ganse Afrikaanse blogwêreld bevat nie. 🙂

    George Maru

    5 Desember 2008 at 6:58


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: