riviersonderend

Wat is spiritualiteit?

with 12 comments

Good grief! Ek sit nog ewe rustig en teug aan ‘n Sauvignon Blanc, terwyl ek boek lees op die internets, toe Annerkant die geraamtes van eens spekvet koeie uit die sloot gaan delwe het. Wel, dit is die tweede keer in twee dae wat Google my aangenaam verras het. Ek sal dit sommer oorweeg om Blogspot toe te skuif (nie rêrig nie; Blogspot is kak).

Annerkant se inskrywing oor die vraag na ‘n definisie van spiritualiteit, laat my besef dat ek sowaar iets te sê het oor die onderwerp.

Nee wag, ek voel skoon geïnspireerd om ‘n reeks daarvan te maak met die volgende onderafdelings:

1) Wat is spiritualiteit nie? Die verskille tussen spiritualiteit en geloof/godsdiens;

2) Wat spiritualiteit dan is en hoekom ek die term “spiritualiteit” verkies;

3) Die invloed van John Dewey: op reis na ‘n pragmatiese spiritualiteit; en

4) Amazing Grace: ‘n Sinvolle lewe sonder geloof, godsdiens en God (in 2 aflewerings).

Miskien verander ek bietjie aan die struktuur. Wie weet. Nietemin, wees gewaarsku: die blog gaan bietjie heavy raak vir die volgende ruk. Maar ek sal dit afwissel met ‘n youtubie of twee.

Belowe.

Advertisements

Written by George Maru

28 September 2008 at 20:06

Posted in spiritualiteit

Tagged with

12 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 😆 Jy skuld my ‘n Cabarnet Sauvignon, of ietsie in dier voege. Moet nou nie kop uittrek nie! Ek begin met al meer belangstelling hiernatoe kom. … 😆 jy maak my dag … ek bedoel aand.

    annerkant

    28 September 2008 at 20:23

  2. Iemand stuur noudiedag vir my die volgende in ‘n mail, maar ek weet darem nie so mooi of dit nou vir my werk nie:

    Spiritualiteit (geestelikheid) het te make met die mens se begrip van, en geloof in ‘n God wat aktief en relasioneel betrokke en teenwoordig is in hierdie wêreld en in die lewens van mense,
    asook daardie sosio-religieuse konstrukte wat sosiaal-konstruksionisties geskep word om spiritualiteit uit te leef of te ervaar,
    die woorde en beelde wat ons gebruik om die eksistensiele werklikheid mee te beskryf ens.
    Dit alles lei tot ‘n bepaalde spiritualiteit…
    Ons begrip en ervaring van God word weer beinvloed deur die woorde en beelde wat ons gebruik. Dit dui dus aan wat die inter-relasionele verband tussen ons woorde, konstrukte ens. en ons ervaring van God is wat ‘n lekker inclusio-ringskomposisie – argument verteenwoordig…

    cobus

    28 September 2008 at 21:00

  3. As jy Sauvignon Blanc drink en geniet, laat dit vir my geen twyfel oor jou spiritualiteit nie. 😉
    Watter SB was dit?

    NS: Natuurlik gaan ek baie van jou verskil op jou opkomende inskrywings, maar ek sal probeer om niet te heavy te raak nie.

    boerinballingskap

    29 September 2008 at 14:59

  4. Ek sien hier moet ons langer kuier, dit gaan nog lekker raak 😆

    Ek sal maar ook ‘n rooi wyntjie saambring, George – so ‘n amperse nagmaalsoetetjie 😉

    Sonkind

    2 Oktober 2008 at 21:30

  5. Annerkant, OK! 😆

    Cobus, ekke verstaan nie so mooi nie, maar ek dink nie ek stem saam nie. 😉

    Boer, dit was niks fênsie nie; sommer ‘n Van Loveren. Danksy die Wacky Wine Weekend het ek ‘n baie spesiale bond met Van Loveren.

    Sonkind, nou praat jy!

    George Maru

    8 Oktober 2008 at 18:21

  6. Atheists can have spiritual moments too, moments when you are just left feeling numb by the beauty of what you are witnessing. (Or drinking for that matter.)

    Andrew

    11 Oktober 2008 at 11:13

  7. Morw Mnr Maru,

    Ek sien uit na veral no 4. Laat jy begin… ek wag!

    K ‘-)

    Karin

    17 Oktober 2008 at 8:14

  8. Antici … pation. – Rocky Horror Picture Show

    Andrew

    17 Oktober 2008 at 17:52

  9. Ek stem saam met Karin, spring diep kant in. Ek sal man alleen ateisme verdedig al word ek oorweldig deur ‘n kerk vol geseende gelowiges.

    ‘For the pride of your nations, start your engines.’

    Tick tock, tick tock …

    Andrew

    17 Oktober 2008 at 22:03

  10. Dit klink baie lekker, soos jou skrywe ook altyd is.

    Veral die deel: wat is dit nie? (ek ja, ek hou van heavy, jy weet mos)

    rosalindfranklin

    19 Oktober 2008 at 20:41

  11. Hoe vorder dit? 😉

    Emil

    17 Desember 2008 at 22:01

    • Emil in die nuwe jaar. Hierdie tyd van die jaar is bedoel om fees te vier.

      George Maru

      20 Desember 2008 at 9:31


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: