riviersonderend

Die toorn van ‘n vrou en my gunsteling vampiere

with one comment

Die Towerfluit tel sekerlik onder Mozart se bekendste operas. Dit vertel die verhaal van die Koningin van die Nag wat prins Tamino aanmoedig om haar dogter, Pamina, uit die kloue van Sarastro te red. Nadat Tamino ‘n portret van Pamina sien, raak hy terstond verlief op haar en stem in om haar te red.

Die planne werk egter nie mooi uit nie, aangesien Tamino ‘n dissipel van Sarastro raak nadat hy hom ontmoet. Sarastro is baie wys en nie so ‘n ondier soos wat die Koningin van die Nag beweer het nie. Sarastro weier egter dat Pamina na haar ma mag terugkeer, omdat die Koningin van die Nag mense bygelowig maak.

Nou teen die tyd is die Koningin van die Nag een ongelukkige vrou. Sy verskyn aan Pamina en gee haar ‘n dolk waarmee sy Sarastro moet vermoor. En die vrou is kwáád. Sy sing een van die bekendste opera arias: Die hel se wraak kook in my hart.

Kwáád. Moerig.

Sy sal vir Pamina onteien, verlaat, verwoes as sy nie gehoor gee aan haar moeder se opdrag nie. Eintlik is daar net een manier om die woede te ervaar. Luister self. Wikipedia skryf oor die aria: “The artistic demands of the dramatic context, a vengeful demand for murder, put a heavy demand on even the well-qualified voice.”

Kwaad. Bedonnerd.

Wat my bring by hierdie webwerf wat dramaties groei: Do not date him.

Vrouens (en, ek aanvaar mans) kan hier mans name en shame. As hy mislik was met jou, laai hom op die “do not date him” databasis. Soek vir name en die soekenjin deel gretig die skandale:

He is a very good looking “farm boy” who preys on the goodness of women (the more financially secure, the better, the older the better). He is a compulsive lier who introduces himself as an old school gentleman and withoug flinching spins the story of his fictional life as the bastard son of a wealthy and powerul Natal farmer. Claims he is an electrical engineer – I doubt he has matric.

En:

This loser was engaged to 2 of us at the same time without either of us ever having a clue! He is a pathological liar, bipolar, manipulative, confidence trickster who preys on beautiful, successful vulnerable women. He will tell you everything you want to hear – and lie about every word – by his own admission, but will only tell you 2 years later. He also kicked and mishandled the ‘other woman’ and broke down her flat. Her son had to threaten to hit with a golf club before he would leave her alone. He will embezzle money and sex out of you, cheat and lie, and then turn on sympathy / tears act to keep you on the line.

Good grief! Ek kan nogals aan een of twee persone dink wat daar hoort vir wie ‘n helse woede behoort te kook.

Nou ja, daar is seker mans wat dit werklik verdien, maar daar is seker ook diegene wat die slagoffers van ‘n gekrenkte ego is.

En om nou nie heeltemal af te wyk van die tema van bloedsuiers nie. My gunsteling vampiere! En ‘n bietjie musiek vir daardie somergevoel. Uiteindelik lyk dit of die somer hier is – ek hoop.

Vampire Weekend is vernoem na die amateurvideo van die hoofsanger, Ezra Koenig, waarin hy teen vampiere veg wat hom van sy maagdelikheid wil beroof.

Hier is hul heel vrolike song, A-Punk. Kom ons hoop die somer is hier om te bly!

Advertisements

Written by George Maru

28 September 2008 at 16:26

Posted in musiek, sommer net

Tagged with , ,

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Net Saterdag sit ek by die haarkapster en luister hoe ‘n vrou vertel van die webwerf “Do not date him”, en die man wat haar so ingeloop het, en wat sy daarop “aangegee” het. Jou “farm boy” klink vir my so al soos die een wat sy beskryf het. Het tot Saterdag nog nie van die werf gehoor nie, en nou hier ‘n tweede keer. Snaaks hoe hierdie dinge altyd soos in golwe by ‘n mens uitkom. 🙂 Moenie die toorn van ‘n vrou onderskat nie! Kan dink dat ‘n paar onskuldige siele ook die spit daar mag afbyt.

    annerkant

    1 Oktober 2008 at 20:40


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: