riviersonderend

En daar was kleur

with 9 comments

As ek moeg word vir die lewe in die stad, dan sluit ek my deur agter my en gaan vir ‘n wandeling in die stad.

Agter my huis is daar ‘n duin.

Aan die een kant waak Tafelberg oor haar kinders.

Aan die anderkant lê die sneeu nou al ‘n paar weke lank op die berge en die canolavelde is besig om hul kleur te verloor.

Tussen die duine, net ‘n paar treetjies van al die gejaag, word daar lente gehou.

***

As jy gelukkig is, mag jy dalk van die uiters gevaarlike wilde diere wat tussen die duine skuil, te siene kry.

Ek weet nie hoe mens hierdie outjie roep nie – hy lyk egter lewensgevaarlik. Dit is nou as jy hom kan raaksien. 🙂

Ek was ook bevoorreg om ‘n foto van die uiters skugtere – maar dodelike – duinebeer te kon neem.

Asook ‘n foto van die werfwolf. Die werfwolf is bekend vir die feit dat sy na wind hap as sy baie gelukkig is en onnatuurlik hard snork as sy slaap.

Advertisements

Written by George Maru

20 September 2008 at 12:06

Posted in sommer net

Tagged with

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het hard probeer, maar ek sien nie die lewensgevaarlike outjie nie. Ek sal egter baie daarvan hou om vir myself so ‘n duinebeer mak te maak 😉

    Sonkind

    20 September 2008 at 23:00

  2. Dit lyk mos soos kaaspasteitjie daai….!

    johannes coetzee

    22 September 2008 at 11:57

  3. Ek sien ook nie die lewensgevaarlike outjie nie?

    Baie mooi foto’s

    Wipneus!

    22 September 2008 at 14:42

  4. Wat ‘n aangename plek om so naby jou te he!

    Ek het my oe gekruis en op my kop gestaan, maar ek kon ook nie die gevaarlike outjie raaksien nie. Is daar ‘n prys? Dan sal ek weer probeer. 😉

    annerkant

    23 September 2008 at 19:45

  5. Jou werfwolf is pragtig! Ek is mal oor sulke tipe wolfies. Ons een werfwolf snork ook…amper harder as sommige andere.

    rosalindfranklin

    24 September 2008 at 14:23

  6. Pragtig!

    Annora

    24 September 2008 at 14:32

  7. Mooiste mooi in ons elke dag… mens moet leer om jou oge oop te maak en te KYK!

    Ek sien jou gogga… slank en lank… maar jou Wolf en Beer lyk effens gevaarliker!

    K ‘-)

    Karin

    25 September 2008 at 7:32

  8. Sonkind, Wipneus & Annerkant, kyk in die middel, net onder die skadukol, noord na suid.

    Johannes, waar’s jou bril?

    Rosalind & Annora, dankie.

    Karin, hulle is. Ontembaar. 🙂

    George Maru

    26 September 2008 at 20:37

  9. Wel, dalk sien ek iets. Moet ‘n bietjie my verbeelding gebruik – ‘n hottentotsgod of sprinkaan? Maar ek glo jou maar (van my af? … “no pun intended” 🙂 ).

    annerkant

    27 September 2008 at 22:24


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: