riviersonderend

Gaan orkaan Sarah die VSA verwoes?

with 29 comments

Mense. Ek kan nie langer stilbly nie, ten spyte van die beste intensies. ‘n Mens behoort nie ‘n moordkuil van jou hart te maak nie. Dus. In die gevleuelde woorde van Uil (of was dit Trapsuutjies?): “Ek wil iets sê en ek gaan dit sê.”

Sarah Palin.

Ja, daai een.

Ek hou nie van haar nie. Ek laaik haar fokol.

Net toe mens gedink het dit is nie moontlik om meer regs en onnadenkend as Shrub te wees nie (ok, Pat Buchanan tel nie, want hy het 10 jaar terug al seniel geraak), toe ontwikkel tropiese storm Sarah in die noorde.

Ek verpes populisme en populiste. Daarom hou ek nie van Jacob Zuma of Hugo Chavez nie. Hulle sê net wat mense wil hoor, sonder om werklik erns te maak met oplossings vir probleme. Daarom hou ek nie van Sarah Palin nie.

Sarah Palin het haarself oor en oor bewys as ‘n populis vir die religious right van Amerika. Sy wou as burgermeester boeke uit die biblioteek laat verban en sal dreig om jou te ontslaan as jy haar teenstaan. Sy meen ysbere behoort nie as ‘n bedreigde spesie beskou te word. Daar is mos baie, ten spyte van navorsing wat dui op die ysbeer se twyfelagtige toekoms. Sy wil Alaska die speelveld van die wêreld se oliebaronne maak.

In die jaar 2000 was daar een dorp in Alaska waar slagoffers van verkragting moes betaal vir rape kits. Die dorp? Wasilla. Die burgemeester? Sarah Palin. Sy meen verder dat slagoffers van verkragting hul verkragter se baba nie mag arborteer nie. Sy roem haar op haar patriotisme, maar ken nie basiese feite van die Amerikaanse geskiedenis nie. Haar man het met die Alaska Onafhanklikheidsparty gesimpatiseer wat afskeiding voorstaan en baie onvleiende dinge te sê het oor Amerikaners.

Hoe meer mens oor die vrou lees, hoe banger behoort mens te raak. Ek weet nie of sy al ooit enige beleidsbesluit geneem het nie, nadat sy dit rasioneel goed deurdink het.

Oor haar privaatlewe wil ek nie eers praat nie. Sy was al wel op elke tabloid in Amerika se voorblad. Vi al die verkeerde redes. Interessant, as haar tienerdogter swanger raak, dan is dit ‘n privaat familie-aangeleentheid volgens haar ondersteuners. As Britney Spears se suster swanger raak, dan lê die fout by die ouers. Aldus die ondersteuners. O ja, Sarah meen die enigste seksvoorligting wat skoolkinders moet kry, is om hulle te vertel om nie seks te hê nie. As sy nie eers die boodskap by haar eie dogter kan tuisbring nie, watse kans het Amerika met hulle simpel “abstinence” programme? Hallo! Dit werk nie. Maar nou ja, dit is wat die ondersteuners wil hoor.

Die lys gaan egter aan – daar is ook die Troopergate skandaal. Lyk my Sarah is nogals iemand wat graag dreig om mense te ontslaan as hulle met haar verskil…

Hoe op dees aarde kan Sarah Palin ‘n moontlike vise-kandidaat wees vir die wêreld se magtigste land?

Something is rotten in the state of America.

Advertisements

Written by George Maru

10 September 2008 at 19:10

Posted in nuus

Tagged with ,

29 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. en jy glo alles wat jy lees in die media…..
    Elke rumour wat in die afgelope 10 dae oor haar begin is in die liberale pers/blog wéreld is sovér afgeskiet.
    Daai storietjie dat sy boeke wou verban….
    die lys name is NET so van die internet afgehaal, dit is ‘n lys van boeke wat mense al probeer verban het, nie ‘n lys van boeke wat Sarah P wou verban het nie, van die boeke wou sy glo laat verban VOORDAT dit geskryf is, soos die Harry Potter boeke!
    Ek dink jy moet wat jy lees met ‘n groter knippie sout vat en ophou om al die Obama-kamp en die liberale media, wat hom aanbid se leuens en rumours glo.
    Hoekom dink die hele wéreld hulle weet wat in Amerika aangaan?
    Het jy gesien watter sot daai ‘trooper’ is?
    Selfs die ou wat hom ge interview het, het gesé dat hy nie kan verstaan hoekom die man so ‘n rekord wou laat uitkom in die openbaar nie.
    Hy MOES gefire gewees het, hy was ‘n state trooper wat gedrink het in sy voertuig, sy stiefkind getaze het en al DRIE keer geskei is, en ek sien jy is baie lief vir ysbere, dan sal jy seker ook omgee dat hierdie trooper ‘n moose geskiet het ONWETTIG.
    Dit is SIEK wat in hierdie wéreld aangaan.
    Op watter tabloid was sy? Praat jy dalk van Umagazine, wat vir Obama ondersteun en haar op sy voorblad gesit het met die opskrif Babies, lies and scandal?
    20 000 Amerikaners het gekla daaroor en hulle inskrywings gekanseleer, nou bied die tydskrif vir mense die kans om 5 tydskrifte verniet te kry as hulle weer inskryf!
    Hulle het ‘n mislydende opskrif op die voorblad geplaas met opset, want hulle weet dat mense net prentjies kyk en opskrifte lees!
    Die lies en scandals waarvan hulle gepraat het was eintlik oor die feit dat die liberale blogs gesé het dat haar baba eintlik haar dogter s’n is!!!!
    Ek sé weer, lees ALLES met ‘n knippie sout…….

    eilandkind

    10 September 2008 at 21:10

  2. Het jy ‘n probleem daarmee om haar tienerdogter se swangerskap as ‘n privaat familie-aangeleentheid te beskou? En wat het Britney Spears se suster met die saak te doen?

    alleman

    10 September 2008 at 21:25

  3. jammer, ek het dit gaan opkyk, dit is US Weekly, en het jy ook ‘n probleem daarmee, dat Obama ookal op hulle voorblad was, maar natuurlik was die opskrifte meer positief.
    Gaan lees hier: http://news.bbc.co.uk/today/hi/today/newsid_7600000/7600592.stm,
    hoekom McCain gaan wen.

    eilandkind

    10 September 2008 at 21:30

  4. jammer, dis US Weekly.
    Net nog iets, weet jy dat haar profiel op Wikipedia gesé het dat sy eers ‘n MAN was?
    So verander, minute nadat sy aangewys is as visie president kandidaat!
    So sien, lees alles met ‘n knippie sout….

    eilandkind

    10 September 2008 at 21:40

  5. Eilandkind, ek eet nie enige ding vir soetkoek op nie. Jy sal opmerk dat ek nie eers verwys het na haar beweerde affair of die feit dat haar seun die een of ander druggie is nie. Of dat die “ware pa” van die dogter se baba swart is. 🙂

    Ek is ook bevrees dat ek die lys boeke gemis het, maar daar word wel in die ABC News insetsel daarna verwys. Gaan na ABC se website en kliek op die insetsel “Did Sarah Palin try to ban books?” Persoonlik sien ek nie ABC as deel van die liberale bloggers nie. Ek dink net mense behoort bekommerd te raak want sy klink vir my bietjie na ‘n control freak.

    Oor troopergate: ek het terloops daarna verwys as ‘n wolk wat oor haar hang. Die ondersoek is nog aan die gang en ek sal nie verdere uitlatings daaroor maak voordat dit nie afgehandel is nie.

    Ysbere is nie takbokke nie.

    Tabloids: National Enquirer, People, OK.

    Eilandkind, wat van die leuens in haar toespraak? ‘n Uittreksel (weer eens van die Associated Press, nie ‘n liberale blog nie):
    PALIN: “I have protected the taxpayers by vetoing wasteful spending … and championed reform to end the abuses of earmark spending by Congress. I told the Congress ‘thanks but no thanks’ for that Bridge to Nowhere.”

    THE FACTS: As mayor of Wasilla, Palin hired a lobbyist and traveled to Washington annually to support earmarks for the town totaling $27 million. In her two years as governor, Alaska has requested nearly $750 million in special federal spending, by far the largest per-capita request in the nation. While Palin notes she rejected plans to build a $398 million bridge from Ketchikan to an island with 50 residents and an airport, that opposition came only after the plan was ridiculed nationally as a “bridge to nowhere.”

    Alleman, natuurlik nie! Ek wys bloot daarop dat van haar ondersteuners skynheilig is. Hoekom dan nie die Spears geval dieselfde beoordeel nie, maw ‘n privaat familie-aangeleentheid? Vir die rekord: ek dink ook dit is nonsens om die ouers vir alles te blameer. Dit is net relevant insoverre dit beklemtoon dat die “abstinence only” program ‘n mislukking is, ‘n program wat sy ondersteun.

    George Maru

    10 September 2008 at 22:14

  6. Die republikeine is nie goed met regeer nie, maar hulle is goed met verkiesings (losweg vertaalde quote wat ek erens gehoor het). En hulle kry dit weereens reg om die hele verkiesing te omskep in ‘n kultuur-oorlog. Mense soos eilandkind het reeds besluit dat Obama sleg is, en dat McCain / Palin reg is. Hulle gee nie om oor die issues nie, hulle gaan nie verder luister nie, en gaan alles glo wat Fox News vertel en alles afskiet wat die anderkant sê. As jy hulle vra hoekom hulle nie van Obama hou nie, sal hulle nie vir jou 1 regte issue kan noem nie, eerder goed soos die Jeremia Wright skandaal en ander kamstige “skandale” (dalk selfs dat hy eintlik ‘n Moslem is, of dat Palin great is want sy het ‘n vagina). Net soos die “skandale” rondom Palin nie saak maak nie. Wat wel saak maak is dat sy moontlik die president van die VSA kan word. Dis tog belaglik! Soos Matt Damon gesê het, dit klink soos ‘n baie swak Disney Movie waarin hierdie onervare “Aw Shucks” hockeymom die president word en haar down-home savvy gebruik om die hele wêreld aan haar kant te kry. As sy van die begin af ‘n kandidaat in die primaries was, sou mense nou nog gelag het. Nou skielik is daar ‘n wesnlike kans dat sy president word as sy en McCain wen. Palin is gekies om die aandag van McCain af te hou, om die emdia se aandag te kry en dit te hou, weg van die issues af.

    Die republikeine het dit reg gekry om die fokus weereens weg te skuif van hoe hulle die wêreld opgemors het in die laaste 8 jaar. Dis ongelooflik dat mense nog 4 jaar daarvan kan soek (ek kon dit klaar nie glo toe hulle 4 jaar terug waaragtig weer vir Bush gestem het nie, nadat dit tog duidelik geword het wat hy besig is om te doen).

    Ameirkaners wat dink soos eilandkind verdien wat hulle kry. Hulle verdien die ekonomiese probleme waarin Amerika nou is, hulle verdien die oorloë waarin onskuldige mense doodgemaak word. Hulle verdien ‘n samelewing waarin alles net gaan oor wie die meeste kan verbruik en basta met die res. Hulle verdien global warming se uitwerking en hoë oliepryse. Hulle verdien dit dat die res van die wêreld Amerika begin verwyt. Hulle is te hardkoppig om te luister na rede, te hardkoppig om vir hulle self te dink. Te hardkoppig om terug te staan en te besef wat besig is om te gebeur.

    Ongelukkig verdien die onskuldige mense in Irak dit nie, en ongelukkig verdien die res van die wêreld wat ook ekonomies saam moet suffer dit nie. En ongelukkig verdien die planeet dit nie.

    Pienk Zuit

    11 September 2008 at 13:51

  7. En daar het ek ook nou my self-opgelegde stilte hieroor weereens verbreek. Ek haat dit om so opgewerk te raak hieroor, oor kreasioniste en oor Zuma en sy trawante. Maar soms is dit net so frustrerend dat ek nie my mond kan hou nie.

    Pienk Zuit

    11 September 2008 at 13:59

  8. woohoo! vir ‘n slag is die bad guy a vrou! who knew?

    maeree

    11 September 2008 at 14:29

  9. Jammer, ek het nie bedoel om twee comments te los oor die US weekly nie.
    Die eerste een wou nie deurgaan nie, nou sien ek albei het deurgegaan. Ek het nie bedoel om jou blog te spam nie.
    Ja, ek stem saam, takbokke is nie ysbere nie, dis nogal ‘n skerp observasie 🙂
    Maar, onthou ook, rumours en verdraaings van die waarheid is nie feite nie…
    Ek sal my nie verlaag om met Pienk Zuit te stry nie, hy ken my nie, so hy kan nie labels op my kom plaas nie.
    Hierdie was nie ‘n kwessie oor Obama of McCain nie, dit gaan oor die feit dat ek dit haat dat die media so linksgesind is hier dat hulle feite verdraai en rumours plant.
    Die media ‘report’ nie nuus nie, hulle gee hulle ‘mening’ daaroor en baie mense ondersoek dit nie, en kyk nie wat die waarheid is nie.
    Dit gaan vir my oor reg en regverdigheid.

    eilandkind

    11 September 2008 at 14:37

  10. Lyk my julle is hier baie meer vuur-en-vlam as op my blog oor hierdie kwessie. Wil vir my voorkom asof ons hier ‘n paar die-hard Demokrate en Republikeine bymekaar het wat die Amerikaanse Presidentsverkiesing kop toe neem. Omrede ek geen van die 2 kampe steun nie en die VSA nie my land is nie, geniet ek die debatte terdee. Dis vir my interessant om waar te neem watter argumente aangewend word deur die twee kampe om mekaar by te kom en die hele dinamika daarvan fassineer my. Die gebruik van veralgemenings, halfwaarhede, gerugte en ander propaganda-truuks is ‘n bewese karaktereienskap van die presidentsverkiesing en ammunisie in die verskeie ondersteunersgroepe se arsenaal. Al wat vir my saakmaak is dat die verkieising bitter interessant is en gaan wees…en sulke debatte verskaf nog meer vuurwerke.

    boerinballingskap

    11 September 2008 at 17:44

  11. NS: Zuit jou voorlaaste paragraaf oor wat Amerikaners verdien, sal ook nogal goed van toepassing gemaak kan word op SA, of hoe? 😉

    boerinballingskap

    11 September 2008 at 17:49

  12. Bib, jy’s dood reg. En ek voel so oor SA ook. As die meerderheid van SA vir Zuma instem verdien SA vir Zuma. Dis dalk deels waar my frustrasie vandaan kom, die feit dat ek begin vertroue verloor in demokrasie. Want dit lyk of dit te maklik is om dit teen te werk met propaganda en deur ‘n kultuur-oorlog aan die gang te sit. Dis juis wat so scary is daarvan dat die hele Republikeine en ANC se planne werk.

    Eilandkind, dis absurd om te probeer insinueer dat die Amerikaanse media links en liberaal is. Fox News, wat die grootste kykerstalle het van enige cable news network in die VSA is basies die spreekbuis van die neocons. Jy kan op geen manier se^ hulle is onpartydig of regverdig teenoor Obama nie. Onregverdige media en rumours is hoe Bush beide sy verkiesings gewen het. Ek se^ nie die media is reverdig nie, ver daarvandaan, maar jy moet erken dit gaan beide kante toe. En ek sien nie dat jy kla oor hoe onregverdig die media is teenoor Obama of Clinton nie. Ek vind dat die Britse media die verkiesing die beste dek. Hulle is nie so emosioneel betrokke nie, maar volg dit naby genoeg dat mens alles kan volg.

    Bib, ek kies net kante omdat die we^reld nou dringend ‘n sterk en regverdige Amerika nodig het, en defnitief nie ‘n oorlog in Iran nie. As McCain wen is daar vir ons almal swaar tye voor (selfde as Zuma wen ongelukkig).

    Pienk Zuit

    11 September 2008 at 18:40

  13. Pienk Zuit- Het jy dalk opgelet dat die link wat ek gegee het hier bo vir die artikel, vanaf die BBC is?
    Ek moet ook byvoeg dat dit natuurlik net een persoon se mening is….
    Maar, dit is ‘n insig in die psige van die gewone Amerikaner.
    En hoe meer mense stupidities versprei oor Sarah Palin, hoe meer gaan hierdie mense agter haar staan.
    Hoe meer simpel Britte soos Russell Brand opstaan voor ‘n Amerikaanse gehoor en sé dat Amerikaners nie weet hoe om vir ‘n goeie president te stem nie, hulle moet vir Obama stem, hoe meer gaan hierdie mense agter McCain/Palin staan…..
    Ek kyk skaars vir Fox, behalwe wanneer die res van die media ‘n belaglike storie aan die lug bring, net om te kyk wat Fox se take is, dan kry ‘n mens ten minste verskillende insigte.
    My man ( wat ALTYD reg is 😉 ) hou nie van Fox nie, maar hy sé dat hulle net so vér regs lyk omdat die res so vér links is…..
    Ek is ook nie aangestel as kampvegter vir Obama/Clinton nie, hoekom moet ek hulle verdedig?
    Ek het gereageer op hierdie blog en as jy mooi kyk, dit gaan oor Sarah Palin………

    eilandkind

    11 September 2008 at 19:43

  14. Eilandkind, dis juis wat my frustreer. Daardie “cut of my nose to spite my face” houding. Hulle sal eerder stem vir die kandidaat wat WW3 gaan veroorsaak as om te erken hulle was verkeerd. Dis soos die hele “Freedom Fries” storie. En toe dit later uitkom Frankryk was toe tog reg en Sadam het nie WMDs gehad nie, het niemand om verskoning gevra nie. Maggies, soms is dit nodig om net jou trots te sluk en te erken jy was verkeerd, en dan die regte ding te doen. Dis tyd om die foute van Guantanamo en Irak reg te stel. Dis tyd om te erken die oorlog was om oliemaatskappye en Haliburton nog ryker te maak. Dis tyd om te erken Frankryk en Duitsland was reg. Dis tyd om te erken “Mission NOT accomplished”. Dis tyd om te erken Amerika het hulle moral high ground heeltemal vernietig. En dis tyd om dit alles terug te kry, want die res van die we^reld het dit bitter nodig. Ons kan nie bekostig dan China en Rusland en Iran die moral high ground kry nie. Sarah Palin het niks daarmee te doen nie. Sy is ‘n politieke speelbal en dis lagwekkend dat sy enigsins as president materiaal beskryf kan word. Sy is bloot daar om die aandag af te trek. En dit werk. Skielik gaan mense vir McCain stem oor hulle haar jammer kry, of hulle geslagsdele soos hare lyk, of hulle van swak Disney Movies hou. Al is al die aantuigings teen haar onwaar, al is sy die niceste hockey-mom ooit. Sy bly die mees ongekwalifiseerde kandidaat wat daar is. Dis maar al waarop dit neerkom. Sy is ‘n siniese keuse, dis al, niemand kan tog ernstigwaar dink sy moet president kan word nie. Dis hoekom ek wil skree “WORD WAKKER!”

    Jammer George Maru vir die lang relaas op jou blog, maar dis 4 jaar se frustrasie wat al opbou. Soos ek gese^ het, ek kan nou nog nie glo Bush is herverkies nie. En ek wil my hare uittrek dat hulle op pad is om weer daardie fout te maak.

    Pienk Zuit

    11 September 2008 at 21:40

  15. Eilandkind, jou een inskrywing was in my spam filter. Ek het dit deurgelaat. Verder stem ek met jou saam dat mens nie te veel waarde aan gerugte moet heg nie. Maar ek dink ook Pienk Zuit maak ‘n paar goeie punte in terme van beleid. Sien Amerika regtig kans vir nog 4 jaar van Bush se idees en werksmetodes? Ek dink daar is baie frustrasie dat mense nie die ooreenkomste kan/wil insien nie. Ek wonder ook wat jy definieer as “liberale/linkse media”? Wat moet die media doen om vir daardie label te kwalifiseer?

    Maeree, daar is baie voorbeelde van vrouens wat die “bad guys” is deur die geskiedenis, te veel om hier op te noem. Van dag een af.

    Boer, ja dit is wat gebeur as ons nie onder jou toesig is nie. 😈

    Pienk Zuit, moenie jammer sê nie. Ek dink jy maak baie geldige punte. Veral dat Palin nie gekwalifiseerd is vir die werk nie. Om te sê sy is want jy kan Rusland van ‘n eiland in Alaska sien, is werklik ‘n swak argument. Ek wonder of Palin al op die eiland was? Ek wonder hoe werk dit? Gaan staan jy op die eiland en kry enlightenment? Hulle moet dit dan beter bemark. 🙂

    George Maru

    12 September 2008 at 7:33

  16. Daar is ‘n gesegde dat mens die regering verdien wat jy kry. Of is dit nou kry wat jy verdien?

    Nelba

    12 September 2008 at 13:25

  17. George Maru, niemand is so blind soos hy wat nie WIL sien nie, die meerderheid van die media, hier in Amerika, aanbid vir Obama, hulle hang aan sy lippe met onderhoude, dit is altyd vir my snaaks dat hulle monde nie ook oophang nie.
    As hulle nie so openlik ‘Demokratiese party’ gesind was nie, dan sou hulle nie soveel van die ‘gewone’ Amerikaners gealienate het nie en dan sou mense meer respek gehad het vir hulle ‘reporting’.
    Dit is net Fox, wat regs gesind is, en ongelukkig hel hulle sover oor daardie kant toe dat hulle baie keer walglik is.
    Ons skreeu altyd vir die TV, ons wil nie jou MENING he, nie REPORT die NUUS!
    Ek deel met jou die woorde van ‘n vroeere Demokraat, wat hierdie jaar Republikeins gaan stem, hy vra:
    Hoe is dit MOONTLIK dat die demokrate hierdie verkiesing gaan verloor, na AGT jaar van Bush! Hoe is dit MOONTLIK?!
    Sy antwoord, hulle het die MEES liberale, demokratiese kandidaat gaan kies wat hulle kon VIND, iemand wat nie ‘in touch’ is met die gewone, plat op die aarde Amerikaner nie, iemand wat baie mense voel nie baie patrioties is nie en hom opgebou ( met die hulp van die media EN die res van die wereld) tot ‘n amper God.
    Hy word nou al met Jesus vergelyk.
    Nee wat, Pienk Zuit, ek stem saam met jou, dat die mense in die wereld nie verdien om te suffer nie, maar om jou woorde te steel, en dit te TWIST, die MEDIA, in Amerika, gaan kry wat hulle verdien….
    En as ek verkeerd is, sal ek my woorde kom eet.

    Jammer George Maru, ek gaan retire van hierdie debat, ek is besig om ‘n maagseer te ontwikkel.
    Sarah Palin sal maar vir haarself moet veg, ek wou middernag laas nag al ‘n hartaanval kry oor die verdraaiing van haar woorde in haar ABC onderhoud, deur die MEDIA.
    Ek gaan nou sing en dans op my kunstenaarsvriende se blogs, VER van Amerika OF Suid-Afrika af…

    eilandkind

    12 September 2008 at 16:09

  18. Eilandkind, ek weet nie met watter media jy te doen kry daar in die USA nie, maar ek kry glad nie die idee dat die ‘mainstream’ media Obama bevoordeel nie. Ongelukkig is dit so dat die feite aan Obama se kant is, en die ‘ernstige’ pers wat nog redelik neutraal en objektief is, soos die New York Times, skroom dus nie om die Republikeine aan te vat oor hulle leuens en halwe waarhede nie.

    Hoekom wys die media nog enigsins McCain se ads wat Obama daarvan beskuldig dat hy voorskoolse kinders ‘comprehensive sex education’ wil laat kry, terwyl dit so duidelik ‘n siek, siniese verdraaiing van die eintlike issue is? Die FactCheck ad, wat selfs FactCheck.org oor beswaar aangeteken het?

    Obama was selfs onlangs op Bill O’Reilly se program op Fox, hy kruip nie weg vir moeilike vrae soos Palin nie. Hoekom moes die Repulikeine haar so lank wegsteek vir die media? En nou doen sy net ‘n paar geselekteerde onderhoude waar sy weet wat gevra gaan word en die ‘party lines’ kan opswot voor die tyd. En dan maak sy nog steeds haar naam krater in Charlie Gibson se onderhoude. Jy kan Rusland ‘sien!’ van Alaska af… sy MOET haar stuff ken!

    Joe Biden gaan die vloer met haar vee in die debatte. Net jammer mense soos Eilandkind het klaar hulle minds opgemaak en niks maar niks gaan hulle oortuig dat McCain en Palin ‘n totale ramp gaan wees vir Amerika en die res van die wereld nie.

    skoembs

    14 September 2008 at 12:44

  19. http://journaloffeministinsight.blogspot.com/

    http://www.cbsnews.com/stories/2008/09/11/politics/politicalplayers/main4442492.shtml#ccmm
    Uittreksel uit die laaste:
    “CBSNews.com: So you think the media is being uniquely tough on Palin now?

    Mark Penn: Well, I think that the media is doing the kinds of stories on Palin that they’re not doing on the other candidates. And that’s going to subject them to people concluding that they’re giving her a tougher time. Now, the media defense would be, “Yeah, we looked at these other candidates who have been in public life at an earlier time.”

    What happened here very clearly is that the controversy over Palin led to 37 million Americans tuning into a vice-presidential speech, something that is unprecedented, because they wanted to see for themselves. This is an election in which the voters are going to decide for themselves. The media has lost credibility with them. ”

    Let op na die laaste sin.
    Ek sé weer, niemand is so blind en doof soos hy wat nie wil hoor nie. Altwee hierdie artikels is van liberales en NIE van stupid Fox nuus nie.

    en ek sé weer die MEDIA gaan in hierdie verkiesing kry wat hulle verdien….

    eilandkind

    14 September 2008 at 14:40

  20. Jammer George Maru, dis WEER ek!
    Net om jou te wys dat ek nog ‘n sin vir humor het, hierdie het my SO hard laat lag!

    Ek sal nou ophou om links op jou blog te pos en ek rest my case.

    eilandkind

    14 September 2008 at 17:13

  21. jammer!!!
    Daai link werk nie:
    http://ca.youtube.com/watch?v=pXkUu02EXK8

    eilandkind

    14 September 2008 at 17:15

  22. Dit is ook net die opinie van ene Mark Penn, die man wat byna eiehandig Hillary Clinton se veldtog verwoes het met sy strategie van vuilspel, dit het niks met die ‘liberale media’ te doen nie. Hy is ook die CEO van ‘n maatskappy wat die PR vir verskeie Republikeinse lobbyists doen. As dit nou nie botsende belange is nie, weet ek nie wat is nie.

    Obama se onderhoud met Gibson is gehou nadat hy al 4 jaar op die nasionale verhoog is en vir die laaste jaar of meer al konstant in die nuus is en deur ‘n tawwe stryd om die Demokratiese nominasie is. Die moeilike vrae is al gevra en hy het dit al beantwoord. Palin, aan die ander kant, kom van absoluut nerens af nie en niemand weet enigiets van haar nie. Dit was haar heel eerste onderhoud sedert sy aangewys is. Met McCain wat 72 is en al kanker gehad het is dit baie belangrik dat mense weet waarvoor sy staan. Hy het haar ‘n kans gegee om haar kant te stel oor verskeie kwessies wat opgeduik het oor haar rekord en haar standpunte en sy het nie oortuigende antwoorde gegee nie.

    Die blog wat jy aangehaal het is ook geensins objektief nie. Van die stellings wat daar gemaak word soos dat Palin meer politiese ‘accomplishments’ het as Obama is heeltemal ongegrond en onwaar. Dis nou die klomp wat ‘seksisme!’ skree elke keer as daar iets oor haar bevoegdheid gevra word. Sou McCain haar gekies het as sy ‘n man was? Definitief nie.

    skoembs

    14 September 2008 at 17:19

  23. Eilandkind, jy hoef nie om verskoning te vra nie. En jy kan soveel links plaas soos jy wil 😉 Ek het die Youtube probeer maar dit is verwyder weens kopieregskending. Ek wens maatskappye soos NBC Universal wil tog net meer ontspan!

    Skoembs so ver ek weet is die New York Times meer links. Maar nie so dat hulle nie kan vertrou nie. Net soos die Washington Post bietjie regs is, maar weereens: hulle beriggewing is redelik goed. Ek stem wel saam dat ek nie dink die meeste media-maatskappye is so links as wat Fox regs is nie. Niemand kan so ekstreem soos hulle wees nie 😀

    George Maru

    14 September 2008 at 17:56

  24. geez – ek het skoon hartkloppings na hierdie boksgeveg! Hier’s wat ek het teen Sara Palin: wie de hel noem jou kinders Track, Trig, Willow, Bristol en Piper?????

    amanda

    15 September 2008 at 8:33

  25. “Sy wou as burgermeester boeke uit die biblioteek laat verban…”

    Toe ek DIT lees toe is ek dadelik oortuig dat ek haar minder as fokkol laaik. Ons was al daar was ons nie….kramp my maag nou.

    rosalindfranklin

    16 September 2008 at 17:28

  26. Amanda, hartkloppings is goed vir die bloedsomloop. Ek moet bieg, jy maak ‘n BAIE, BAIE goeie punt 😆

    Maeree, daai video van die Daily Show is histeries snaaks.

    Eilandkind, love it! Ek hou veral van hoe dit vermusical is. Ek gaan gryp sommer nou een van my musical DVDs en kyk die hele ding deur.

    Rosalind, fokol, sê ek. Fokol!

    George Maru

    16 September 2008 at 18:58

  27. Dammit, toe mis ek al die aksie. Loer nou vir die eerste keer hier in. Dit verbaas my dat julle so beleefd is met julle beskrywing van Sarah Palin. “Fokol” is net eenvoudig nie goed genoeg nie.

    Andrew

    11 Oktober 2008 at 10:52


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: