riviersonderend

Vreugde!

leave a comment »

Ek is mal oor goeie kortverhale. Die kortverhaal as genre word, na my mening, heeltemal onderskat. Dit toets skrywers se woordvernuf, want jy kry nie veel woorde om te sê wat jy bedoel nie. Goeie kortverhaalskrywers skets wêrelde, karakters en intriges met min woorde.

Na my mening is Annie Proulx een van die heel beste kortverhaalskrywers vandag. (Good grief, moenie nou vra wie sy is nie! Maar as jy regtig nie weet nie: sy is die skrywer van die roman, The Shipping News, wat verfilm is – sy was egter nie mal oor die eindproduk nie. Later is een van haar kortverhale, Brokeback Mountain, ook verfilm.)

Annie Proulx het die kortverhaal vervolmaak in haar bundels Close Range: Wyoming Stories en Bad Dirt: Wyoming Stories 2 oor die lewe in Wyoming (‘n staat in Amerika wat bekend is vir sy cowboys). Sy skryf onsentimenteel en is genadeloos met haar karakters. Die New York Times skryf oor hierdie stories: “But each of these collections bears Proulx’s brand of hard drama, hard irony, hard weather, and hard and soft characters blown about and many times destroyed by the powerful mix. Her sense of story is admirable, her sentences are artful, and she writes like a demon.

Sy is snaaks. Sy is donker. Sy skryf kompak. Sy skets mense in situasies buite hulle beheer teen die agtergrond van ongenaakbare en majestueuse landskappe.

Nou hoekom Annie Proulx se lof nou besing? Sy bring ‘n nuwe bundel kortvehale uit, getiteld: Fine Just the Way It Is (wat volgens die New York Times geparafraseer kan word as “Even if it’s broken, don’t fix it.”). En dit handel weer oor die lewe in Wyoming! Yay! As sy nou net ‘n bundel oor die landelike bestaan in Alaska wil skryf. Ek verstaan daar is goeie materiaal vir menige stories. 😈

O ja, en diegene wat dink hulle is te oud om te begin skryf: Annie Proulx het eers in haar 50s begin skryf.

Advertisements

Written by George Maru

6 September 2008 at 12:36

Posted in boeke

Tagged with , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: