riviersonderend

Lambertsbaai: In Niemandsland; het ek verdwaal?

with 12 comments

Vir Katryn

Moet nooit dat ‘n inwoner van Clanwilliam jou vertel dat die pad na Lambertsbaai gelyk is nie.

Dit is nie.

Jy is nog skaars buite Clanwilliam, dan begin die pad opwaarts kronkel. Weliswaar kan dit seker nie met die Pakhuispas vergelyk nie, maar nietemin. Moenie dink as jy uiteindelik tot bo gewroeg het, die einde in sig is nie. Nee, dan lê die rollende heuwels uitgestrek, terwyl die wind jou van voor nader wink.

Die vrou by die gastehuis het seker maar besluit ons lyk vir haar te moedeloos en dat ons nou al te gatvol van fietsry is, dat sy nie vir ons gaan vertel dat die 50 kilometer nie heeltemal die piekniek gaan wees waarop ons gehoop het nie. Dit is dieselfde vrou wat tydens ontbyt aangekondig het: “Ons bedien vandag roereiers. Wil julle eet?”

By die gastehuis in Lambertsbaai kon ons nie gou genoeg van ons bagasie ontslae raak nie. Twee dae van soete rus. Ons is strand toe, het geswem en tot die konklusie gekom dat dit nie ‘n goeie idee was nie. Ons het Goue Vallei wyne gedrink.

Saans het ons onder die sterre gesit en souskluitjies eet, na ‘n uitgerekte brassery. Ons het Goue Vallei wyne gedrink in plastiekglase met geel stele.

Die eerste oggend het almal wat fietsgery het (mans en vroue) by die plaaslike haarkapper aangemeld vir ‘n nommer een skeer. Ek besef weer dat jy nie sukkel met ‘n vrou nadat jy haar hart in 1000 stukkies fyngetrap het nie. Blykbaar skitter jou 1999 Honda blinkvosperd nie meer so blink in lilac nie. Of mauve. Of een of ander nie-primêre kleur.

Soggens, as ek vir die ander wag gesels ek met Katryn by ontvangs. Katryn sê ons is gelukkig om in die Kaap te bly. Op Lambertsbaai gebeur daar niks nie. Jy hoop net elke dag dat jy daar kan wegkom. Daar is niks vir die jongmense nie. Geen vooruitsigte nie. Ek weet nie, dink ek, behalwe vir die visfabriek wat stink en moegoe’s op die strand met hulle oorverdowende kattebakmusiek, hou ek van die dorp. Dit is naais. Elke drankwinkel hou Goue Vallei wyne aan.

***

Ek is weer op Lambertsbaai met die Kreeffees. Bedags duik ons kreef wat ons dadelik gaarmaak en eet. Ek ontdek ek is meer bloeddorstig as wat ek sal toegee in beskaafde geselskap. Ons loop rond en luister Worsie Visser. Ek gee my hand vir Boesmanland en drink Goue Vallei Sauvignon Blanc.

As dit aand word, en die braaivleisvure aangesteek word, stap ons Voëleiland toe en praat oor die tema van my preek vir die troue. Ek dink ek gaan in elk geval my eie kop volg.

Ek sit en kyk vir die voëls en dink weer aan Katryn. Ek wonder of sy toe ooit Kaap toe is. Of het sy gebly op Lambertsbaai?

Hoe bly jy as jou hart reeds aangestap het en vir jou wink?

Advertisements

Written by George Maru

16 Junie 2008 at 19:37

12 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Virri ou wat preek is jy nogal verdraagsaam …!

    johannes coetzee

    17 Junie 2008 at 18:29

  2. Nee, ek dink jy sit die pot mis. 🙂

    Dit was ook die laaste keer.

    George Maru

    17 Junie 2008 at 19:36

  3. Ek haat die rooi en swart sprinkane op daardie pad.

    Emil

    17 Junie 2008 at 23:22

  4. Die rooi springkane klink soos helikopters op n fiets….en dan is n mens ook bang as jy oor die gediertes ry jy n puncture kry. Ek kan getuig Lambertsbaai se haarkapsters was funny. Die pad se ry was wroeg op sy beste.

    Ek sien die fotos van die Kaase wat sokker speel..hup hup Holland !! Hulle het Roemenie gewen…
    hier kom nog moeilikheid as dit so aanhou.

    Zet

    18 Junie 2008 at 10:36

  5. Jammer dalk het ek jou verkeerd gelees, jou sinsnede “… en praat oor die tema van my preek vir die troue. Ek dink ek gaan in elk geval my eie kop volg.” klink of julle praat oor die tema van jou preek vir die troue…

    ooo dalk was dit oor die teme van die preek van jou troue waaroor julle gepraat het…? Sorry dalk het ek net verkeerd gelees…?

    Nous ek nog meer deurmekaar, jou antwoord… “Dit was ook die laaste keer” … toema moenie worrie, dit het niks met my uit te waai.

    Katryn klink na iemand besonders..?

    johannes coetzee

    18 Junie 2008 at 16:09

  6. Emil, klink of jy weet waarvan jy praat? 😆

    Zettie!! Ek weet hulle het Roemenië gewen. Al hierdie gewennery van die Kase is seker nie goed vir jou dranksugtigheid nie?

    Johannes, bygones.

    George Maru

    18 Junie 2008 at 19:25

  7. Yip George, my ma en stiefpa woon in Clanwilliam. Ons ken Lambertsbaai goed. Ek soek min verskoning om Muisbosskerm toe te gaan.

    Emil

    20 Junie 2008 at 19:55

  8. Georgieboy, jy sal my hart laat staan … ook ek het vir ‘n oomblik gedink ek lees nie reg nie. Dat jy sowaar op troue staan! Moes onmiddellik die sinnetjie weer lees.
    Weet jy, as jy in die noorde gebore is, in die noorde studeer het, in die noorde bly, en helaas, in die noorde ook vakansie hou, dan ken mens nie plekke soos Clanwilliam en Lambertsbaai nie (ek bedoel nou KEN … nie net soms daar deurry nie).
    Maar hier ken ek plekke soos Leeupoort en Letsithele; en die Bosveld en Blyderivierspoort en … waar ek juis pas was, oppad wildtuin toe vir ‘n week. Moet my dus nie te erg jammer kry nie!

    RMB

    24 Junie 2008 at 13:02

  9. RMB, nee ek staan nie op trou nie!! Dit is naastenby die grootste ramp wat my op die oomblik kan oorkom.

    George Maru

    24 Junie 2008 at 17:20

  10. Iets tiekel my nog altyd wanneer ek so op ouens se blogs rondswerf, miskien kan jy my ‘n aanduiding gee. Ek kry soms die indruk dat die ouens wat op iemand se blog kommetaar lewer die blogeienaar baie goed ken, is hierdie persepsie verkeerd?

    Sommer so gutfeelguess, watter % ouens wat op jou blog kommetaar lewer ken jy persoonlik?

    johannes coetzee

    25 Junie 2008 at 9:43

  11. Johannes, ek kan net namens myself praat.

    Die oorgrote meerderheid van mense wat kommentaar lewer, het ek nog nooit ontmoet nie. Daar is wel mede-bloggers wat ek al ontmoet het, maar ek dink nie hulle vorm meer as 10% van die kommentators nie (ek dink 10% is selfs bietjie baie).

    As jy verwys na mense wat my baie goed ken, kom ons sê van voordat ek begin blog het, dan is dit minder as 1%.

    George Maru

    26 Junie 2008 at 10:07

  12. Dankie

    2011-groete

    johannes coetzee

    27 Junie 2008 at 10:17


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: