riviersonderend

Dis amptelik. My affair met Facebook is verby.

with 10 comments

Gisteraand vir die een of ander obskure rede kliek ek op ‘n skakel – diegene wat Facebook ken sal weet dat jy ‘n oneindige hoeveelheid uitnodigings kry. Die een program vertel vir jou wat jou gunsteling onderbroek is (kleure, patrone en materiale ingesluit). Die ander program vertel vir jou of jy ‘n hensopper en onAfrikaans is (ek is toevallig, sou jy gewonder het).

So ontdek ek Speed Dating.

Dit is ‘n program wat jou toelaat om deur die hele Facebook populasie te draf op soek na The One. Of net ‘n bietjie pret. Ongelukkig kan jy slegs een geslag kies wat jou kanse dus halveer. So ek oordryf effe, jy kan net deur die helfte van die Facebook populasie draf.

Alles goed en wel, tot ek die skakel kliek en Speed Dating ewe ongeërg uitbasuin watter van my vriende die grootste gebruikers van Speed Dating is. Bo en behalwe vir die feit dat sommige van die topgebruikers nie Speed Dating behoort te gebruik nie ( 😈 ), het ek my moer gestrip. Facebook het vir my die grense oorgesteek van wat ek beskou as my reg op privaatheid.

Dus: ek gaan my teenwoordigheid aansienlik afskaal. riviersonderend se Facebook-ambassadeur word teruggeroep vir verdere konsultasie. Die posbode bly vir eers.

As ek nou net Twitter aan die werk kan kry, kan ek vir alles en almal wat belangstel laat weet wat ek elke oomblik van die dag doen. Of ek is besonders tegnologies-gestremd, of Twitter is bedoel vir mense met ‘n meestersgraad in Fisika.

Advertisements

Written by George Maru

4 Junie 2008 at 20:30

Posted in sommer net

Tagged with ,

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. i tooooooold you so

    maeree

    5 Junie 2008 at 9:29

  2. Ek wil my facebook toemaak, daar lê elke keer ‘n hoop rosies en katjies en blommetjies. Asseblief ek het nie tyd vir sulke nonsens. Ek kyk ook nou na Twitter, mense wat dit gebruik sê hulle gebruik dit baie. Het nog net nie tyd gehad om daar te gaan loer nie. Solank dit net nie lyk soos ‘n inkleurboek as ek daarop ingaan nie.

    Wipneus!

    5 Junie 2008 at 16:23

  3. Facebook is eintlik net ‘n speelding en mens moet dit nie te ernstig opvat nie. Verder is dit so ietwat van ‘n pot bollie. 😉

    sonkind

    5 Junie 2008 at 21:32

  4. Facebook is die grootste pot bollie wat nog ooit uitgedink is. Ek was n ruk op FB, maar het my account so n paar maande terug toegemaak. Dit is n sinelose tydverdryf …….

    Sover dit Twitter aangaan – baie maklik op op te stel en aan die werk te kry – maar weereens n mors van tyd. Ek het dit vir n wyle probeer, maar die glans van Twitter het baie gou verdof. Ek spandeer eerder tyd om op my Blog te skryf (of miskien n potgooi /podcast) te maak.(alhoewel ons nie een gemaak het in maande nie !)

    Johan de Vries

    8 Junie 2008 at 1:50

  5. Dit verstom my hoe bloggers en website managers en “facebooker” hulle artikels deurlopend “chop and change” sodat die indruk 24/7 gelaat word dat hulle siening of mening altyd in pas is met dit wat hulle dink die Waarheid is.

    “Now you see it” kliek “now you dont”… kul jou hier kul jou daar en siedaar…”ek is altyd reg”!

    Wanneer die Waarheid die mensdom begin inhaal sal die mens alles in sy vermoee doen om ons sy spore te probeer uitwis.

    The Truth not always to be told, but a lie…. never. ‘n Mens mag maar verkeerd wees, jy is meer van ‘n man as jy erken jy was verkeerd. Die toets kom egter wanneer jy alleen is. Lieg jy as jy alleen is…?

    Bookit or Faceit, if you want to try to do both Facebook it.

    johannes coetzee

    10 Junie 2008 at 10:18

  6. Haai George

    Ek het die hele dag jou blog gelees en ek geniet rerig die posts en comments, ek dink nie ek kan veel bydrae nie, maar sal eerder lees.
    Veral beindruk met die manier waarop jul met mekaar praat, al verskil julle idees hemels breedt.

    Groete
    Tiens

    Thinus

    11 Junie 2008 at 12:03

  7. Maree, profete word nie in hulle eie lande geëer nie. Het jy nie geweet nie?

    Wipneus! Twitter is baie eenvoudig as jy dit eers aan die werk kry, sonder tierlantyntjies.

    Sonkind, ek stem.

    Johan, ‘n podcast klink na baie moeite!

    Johannes jy het my effe verloor. Wie is die mense waarvan jy praat?

    Tiens, dankie. Moenie so seker wees dat jy nie kan bydra nie! 😉

    George Maru

    11 Junie 2008 at 22:26

  8. George dis nie jy nie…

    johannes coetzee

    12 Junie 2008 at 9:14

  9. GM, Podcast is baie maklik om te maak, sal sover gaan as om te se dis amper makliker as om te blog. Jy het nie baie tegniese vaardigheid nodig nie, die software is verniet, jy kan verniet spasie op die www kry om die files te host (al wat dit vat is n bietjie tyd aan die begin)

    n potgooi (afrikaans vir podcast) dink ek is die volgende stap van n blog af.

    Johan de Vries

    12 Junie 2008 at 23:40

  10. Johannes, natuurlik nie! Maar name & shame in elk geval. 🙂

    George Maru

    14 Junie 2008 at 10:49


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: