riviersonderend

Xenofobie: Maak ‘n verskil

with 3 comments

Duisende mense word huidig geraak deur xenofobiese geweld. 300 mense word by die Youngsfield Militêre Basis gehuisves. 7,500 mense in die Wes-Kaap moes vlug.

In antwoord hierop het Treatment Action Campaign (TAC) hulle strukture gemobiliseer om slagoffers by te staan.

Jy kan help.

1. Vrywilligers is nodig by die verspreidingspunte om te help met admin, om fone te beman en om voorraad te sorteer.

2. Skenk komberse, blikkieskos, klere ens. Nog beter: lig jou kollegas in en stel ‘n versamelpunt by die kantoor op en neem dan die voorraad na TAC.

3. Maak ‘n skenking aan Kaapstad se Departement Rampbestuur of TAC.
Kaapstad Rampbestuur Departement
ABSA
Rekeninghouer: Stad Kaapstad
Rekeningnommer: 4056584569
Rekeningtipe: Current
Takkode: 631609
Tak: Public Sector Western Cape
Verwysingsnommer: 190100012
Bevestig die rekeningbesonderhede hier.

TAC
Nedbank
Rekeninghouer: Treatment Action Campaign
Rekeningnommer: 1284051870
Rekeningtipe: Current
Takkode: 195005
Tak: Braamfontein
Verwysingsnommer: Xenophobia WC
Bevestig hier en hier die bankbesonderhede.

4. Versprei die nuus.

* Kontak TAC by die volgende nommers: 021 422 1490 / 084 542 6322
Kantore: 4de Vloer, Longmarket Str 122

Advertisements

Written by George Maru

26 Mei 2008 at 19:11

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Een nasie teen ‘n ander… Dis tragies
    die onverdraagbaarheid sal net alhoemeer toeneem.
    Kan dit erger raak? Die hele situasie wys op hoe siek (geestelik gesproke) die mens in sy wese eintlik is, en het my aan die volgende Skrifgedeelte laat dink.

    (Deu 28:56) Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie—haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,

    (Deu 28:57) ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.

    ‘n vrou wat stilletjies haar nageboorte eet….?

    johannes coetzee

    3 Junie 2008 at 11:05

  2. Soooo lanklaas met jou gesels.

    Mense wonder of hulle ‘n verskil kan maak. Mense kan! Dit het ek in die laaste paar weke goed ontdek. Gisteraand 18:00 bel ‘n maatskaplike werker van MES in JHB my. Kan ek op so kort kennisgewing help om vanmiddag te sorg dat 1500 refugees by ‘n polisiestasie kos kry. Ek kan nee se. Of ek kan my oe toeknyp en dit doen. Dit beteken ek sit tot half 10 gisteraand in die kantoor, maak oproepe, soek skenkings, organiseer en delegeer. 130 kg maalvleis later, 60 kg rys, groot drom vol groente en nog ‘n handvol geurmiddels. 13 gewillige vrouens … en voila, half 1 vanmiddag toe laai ons (met 2 bakkies!) die kos af.

    Kan dit gedoen word? O yes!

    RMB

    4 Junie 2008 at 15:26

  3. RMB, wat ‘n absolute wonderlike verrassing. Ek het nou die dag, na ‘n gespartel die download-ding weer aan die werk gekry, en toe aan jou gedink. Ek hoop jy is nie weer so skaars nie. 😉

    George Maru

    4 Junie 2008 at 20:34


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: