riviersonderend

En jy is bang om te bungi?

with 14 comments

Michel Fournier gaan uit ‘n lugballon spring. Maar dit is nie ‘n gewone ballon nie. En dit gaan nie ‘n gewone sprong wees nie. Dit is nie ‘n gewone sprong nie, want hy gaan spring van ‘n hoogte van 40 km.

Na verwagting gaan dit 15 minute neem om terug te val na die aarde. Hy gaan die tog met ‘n spesiale lugballon aanpak, in ‘n ruimtepak. Want op 12 km is daar nie meer genoeg suurstof om te oorleef nie. Op 19 km kan die lugdruk jou bloed laat kook. Letterlik.

In die val behoort hy deur die klankgrens te gaan. As iets verkeerd gaan, sal hy binne enkele sekondes sterf.

Dit het hom 20 jaar van voorbereiding geneem en $20 miljoen gekos.

O ja, Michel is 64 jaar.

So, watter interessante ding het jy onlangs aangepak?

Advertisements

Written by George Maru

25 Mei 2008 at 19:37

Posted in sommer net

Tagged with

14 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ag nee, George, hoe vra jy dan nou? Enige iets wat enige een van ons onlangs kon gedoen het, gaan mos soos ‘n Sondagskoolpiekniek lyk teen oom Michel se kaskenades! 😆

    Ek skraap nog moed bymekaar om by Tsitsikama se 265m te gaan afspring – Gourits het ek darem al agter die rug 🙂

    sonkind

    25 Mei 2008 at 20:07

  2. EK het nie onlangs iets besonders gedoen nie, maarhet ook darem al Gourits se 65m jump gedoen. Volgende is dit Bloukrans se 312m…dis nou as ek nie iets hoer en beter hier in Korea kry nie en ek is seker ek sal kan 😉

    kaalvoetinireen

    26 Mei 2008 at 5:29

  3. Daar is nie ‘n einde aan wat mens kan aanvang, as jy die geld het
    nie…Persoonlik sou ek 20 jaar en $20 miljoen BAIE beter spandeer
    het.

    boerinballingskap

    26 Mei 2008 at 14:54

  4. dan wag ek maar eerder vir die “rapture” op 21 Mei 2011 ek hoor dis vinniger, verniet en vir ewig…

    johannes coetzee

    26 Mei 2008 at 15:57

  5. but whhhyyyyyy????
    ek het êrens gehoor dat mens, as jy hoog val, dood is voor jy grond tref – jou hart gaan staan. dis dan seker nie waar nie. of is hierdie ‘n lang en duur manier om selfmoord te pleeg?
    ek het op ‘n baie public forum ‘n klomp afrikaners aangevat oor hul apatie en verduidelik watter goeie goed daar tussen die buitelanders in ons stad gebeur, ens. ek’s so effens in die moeilikheid.

    maeree

    27 Mei 2008 at 16:11

  6. Sonkind en Kaalvoet, ek voel geëerd om in die teenwoordigheid van sulke waaghalse te wees.

    Kaalvoet, vat vir BiB saam. Ek dink hy kan nou opgradeer van die big wheel af 😆

    BiB, maar jy kan vir 15 minute aanhoudend val?!

    Johannes, ek dink jy moet maar vir jou ook so ‘n pakkie aanskaf vir die rapture. Jy gaan ver reis.

    Maeree, http://www.___ ?

    George Maru

    27 Mei 2008 at 19:36

  7. George

    Genadiglik word ons met daai “pakkie” ge-issue, for starters word ons eers in hierdie lewe met ‘n slinternuwe herskepte gees (siel) ge-issue en wanneer die “rapture” kom ‘n splinternuwe liggaam…

    (1Kor 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Kor 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    ‘n “pakkie” not out of this world… wat vandag se nuutste tegno-, elektro- en bio-ontdekkings na post-adamiese argeologie gaan laat lyk…!

    johannes coetzee

    28 Mei 2008 at 8:45

  8. Nee wat, die waaghalsigste ding wat ek nog ooit gedoen het was die Cobra…en miskien om saam met my Ouma te ry.

    Roer

    28 Mei 2008 at 18:10

  9. Genade, as die ou die regkry, het ek groot respek vir hom. Dis mal!

    (Het dit al gebeur?)

    Johan Swarts

    29 Mei 2008 at 13:54

  10. Nee, die ou se ballon het sonder hom opgestyg en weggewaai.

    boerinballingskap

    29 Mei 2008 at 14:14

  11. Hy het seker laas as kind gehuil oor sy ballon weggewaai het.

    freddy

    29 Mei 2008 at 17:57

  12. Roer, die Cobra is te gou verby. Dit tel nie. Maar om saam met jou ouma te ry is going beyond the call of duty.

    Boer, dit is ‘n absolute tragedie waaraan nie eers Shakespeare sal kan laat reg geskied nie. Tragies.

    Tragies, Freddy, tragies.

    George Maru

    29 Mei 2008 at 20:52

  13. Die waaghalsigste ding wat ek al gedoen het … was om saam met my skoonma te ry! Ernstig nou!

    Julle verstaan nie – dis erger as wat enige een dit kan voorstel! :mrgreen:

    Dit was ‘n nagmerrie!!!

    René

    3 Junie 2008 at 11:51

  14. Dit moet erg wees as jou ballon toe sonder jou vertrek het… shame man.

    rosalindfranklin

    5 Junie 2008 at 20:21


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: