riviersonderend

O ja! O ja! O ja!

with 10 comments

Dit is amper naweek. Dit word winter en ek wonder wat het van die son geword?

No worries.

Hiermee verklaar ek amptelik hierdie winter ‘n winter van rock ‘n roll.

Terloops, drink ‘n glasie op Kalifornië. Die grootste staat in Amerika se hooggeregshof wat as gematig konserwatief bestempel word, het verklaar dat dit onkonstitusioneel is om gays en lesbiërs die reg om te trou ontneem. Daar word reeds beweer dat ander state nou toenemend Kalifornië se voorbeeld gaan volg.

Advertisements

Written by George Maru

15 Mei 2008 at 21:58

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. waar is dit wat mense so lekker winter het? ek háát somer en hier by ons wil dit net nie end kry nie! argh!

    was kalifornië die eerste staat wat gay-huwelike gewettig het? regtig? (ek was onder die indruk daar’s minstens een staat in die vsa waar dit wettig is?)

    ek het ‘n professor gehad wat een keer gesê het suid afrika en die vsa deel dieselfde kerkgeskiedenis – en gevolglik dieselfde fobies en “waardes”.

    maeree

    16 Mei 2008 at 11:12

  2. genadiglik het hulle darem nog vir Family Radio daar om die waardes van die Bybel uit te basuin…!!!

    en boy o boy gaan hulle nie nou groot nie!

    johannes coetzee

    16 Mei 2008 at 15:12

  3. Ek het nou baie lekker geruk en pluk… Maak maar weer so!

    Pikkelik

    16 Mei 2008 at 15:17

  4. Maeree in die Kaap. Nee, Kalifornië is die 2de staat, naas Massachussets. Maar Kalifornië se invloed kan nie onderskat word nie. 6 van die 7 regters was Republikeinse aanstellings. M.a.w. die skrif is aan die muur vir opponente van selfdegeslag-huwelike.

    Johannes, Family Radio Schmamily Radio.

    Pikkelik, hulle rock, ja!

    George Maru

    16 Mei 2008 at 18:29

  5. My winter blues is sommer weg van al die gespringery… hie haaaa!

    Wipneus!

    17 Mei 2008 at 11:18

  6. Lekker song! Ons het ‘n voorskou van Lente hier gehad en toe verdwyn dit oornag, weer terug na temperature van om en by 8 grade – so ek het ook nou sommer weer die winter blues.

    netjane

    17 Mei 2008 at 14:43

  7. Die son trek haar kop onder die komberse in en gaan nie weer uitkom voor Oktober nie. Winter is aaaaklig!!! Maeree, kom ons ruil!

    sonkind

    17 Mei 2008 at 18:49

  8. Absolute stunning song!!! Daar is ook ‘n paar songs wat my na aan die hart le op van hul eerste albums toe hul nog as “Saron Gas” bekend gestaan het…

    kaalvoetinireen

    19 Mei 2008 at 12:42

  9. Moenie te vinnig opgewonde raak oor die besluit van die hoer hof in Kalifornie. ‘n Konserwatiewe groep is besig om handtekeninge te verkry, ten einde ‘n “amendment vote” op die November stembriewe te kry. Alle aanduidings is dat hulle genoeg stemme sal he teen die sperdatum van middel Junie. As hulle genoeg handtekeninge het, sal die Kaliforniese kiesers gevra word in November om te stem of die “state constitution” moet verander word wat sal beteken dat “gay” huwelike weer onwettig verklaar sal word. Die LA Times het in die week ‘n “poll” gedoen en gevind dat mense in Kalifornie bykans eweredig verdeel is in hulle ondersteuning vir en teen “gay” huwelike. Wat wel interessant gaan wees is dat die November stemming vir die “amendment” saamval met die presidents verkiesing.

    amanda

    24 Mei 2008 at 20:15

  10. Kaalvoet, ek het nie geweet dit was hulle naam eers nie? Dankie vir die inligting.

    Amanda, hulle almal se moere. Maar ek stem saam met die artikel wat in Time verskyn het. Maak nie saak wat in die verkiesing gebeur nie, die klok kan nie teruggedraai word nie. Hoogstens tydelik.

    George Maru

    25 Mei 2008 at 19:39


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: