riviersonderend

Hoekom blog ek?

with 13 comments

Ek lees vandag Wipneus! raak wat die vraag vra. Vir ‘n oomblik sit ek soos ‘n springhaas wat vir die spotlight staar. Hoekom blog jy? Om.dat.dit.daar.is? Nee, wag dit is hoekom ek Everest wil gaan klim. Maar eers as ek alles in my lewe gedoen het wat ek wou. Sodat dit nie ‘n krisis is as ek in die poging vriesbrand kry, nadat ek deur ‘n sneeustorting oorval word, vir 20 ure in ‘n donker gat aan al my kak dink, voordat ek versmoor en sterf. Sonder enige aanskoulike drama. Al wat die koerantberig sal sê: “Hy het gedog hy kon.”

Hoekom blog ek?

Want ek het idees. Party van hulle is nogal ‘n pot snot. Ander is bloody marvellous, if you don’t mind me saying. Die probleem is om te onderskei watter idee hoort in watter kraal. Soms kry jy kommentaar wat jou help om die skape van die bokke te skei. Soms nie.

Soms is blogging ook gewoon net pret. “Ek wil dit sê en ek gaan dit sê!” (Die jonger geslagte sal nou nie weet waarvan ek praat nie, maar toemaar, julle is vergewe. Nie dat ek dink die jonger geslagte hier rondhang nie.)

Ek dink ek skryf wel vir ‘n gehoor, soos aangedui. Ek vind sommige kommentators betekenisvol en verrykend. Maar ek dink ook dat hierdie blog nie in almal se smaak sal val nie. (Is daar so iets soos ‘n blog wat in almal se smaak val?) Daarmee het ek ook nie ‘n probleem nie. As jy kies om verby te hou, is dit jou goeie reg. ‘n Baie goeie vriendin het eendag in elk geval aan my erken – in ‘n Brutal Fruit oomblik van belydende eerlikheid – dat ek ‘n “acquired taste” is. Ek het gemeen Cabernet Sauvignon is ‘n “acquired taste”.

Wat ek wel nie wil doen nie, is om te versigtig te wees as ek blog. Dan hou ek liewers op. As ek ‘n idee het wat pla of inspireer of wat ook al, wil ek hom deel. Soms is ek stil, want dan is ek gatvol vir my eie stem.

Daar is ‘n song van Alanis Morrisette waarmee ek geweldig kan identifiseer. Dit is waar van my. Dit is waar van die mense wat ek liefhet en my liefhet.

I can be an asshole of the grandest kind
I can withhold like it’s going out of style
I can be the moodiest baby and you’ve never met anyone
Who is as negative as I am sometimes

I am the wisest woman you’ve ever met.
I am the kindest soul with whom you’ve connected.
I have the bravest heart that you’ve ever seen
And you’ve never met anyone
Who’s as positive as I am sometimes.

You see everything, you see every part
You see all my light and you love my dark
You dig everything of which I’m ashamed
There’s not anything to which you can’t relate
And you’re still here

I blame everyone else, not my own partaking
My passive-aggressiveness can be devastating
I’m terrified and mistrusting
And you’ve never met anyone as,
As closed down as I am sometimes.

You see everything, you see every part
You see all my light and you love my dark
You dig everything of which I’m ashamed
There’s not anything to which you can’t relate
And you’re still here

What I resist, persists, and speaks louder than I know
What I resist, you love, no matter how low or high I go

I’m the funniest woman that you’ve ever known
I’m the dullest woman that you’ve ever known
I’m the most gorgeous woman that you’ve ever known
And you’ve never met anyone
Who is as everything as I am sometimes

You see everything, you see every part
You see all my light and you love my dark
You dig everything of which I’m ashamed
There’s not anything to which you can’t relate
And you’re still here

Die blog gee nie voor om iets anders as dit te wees nie. Ek blog om my lig meer te waardeer en om my donker beter te verstaan.

Die vraag oor waarom ek blog het my wel aan ‘n ander, verwante vraag laat dink.

Hoekom lees jy hier?

Advertisements

Written by George Maru

28 April 2008 at 21:35

Posted in sommer net

Tagged with

13 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Skrik ek nou vir die laaste vraag! Ook iets soos die hasie in die spotlight… Ek dink Wipneus se inskrywing en jou daaropvolgende antwoord en verdere vraag mag moontlik in ‘n tipe van “tag” ontaard. Hoekom lees ek hier? En hoekom comment ek nou eers?

    netjane

    28 April 2008 at 21:46

  2. 😆 Hoekom lees ek hier? Ek hou van die humor wat ek tussen die lyne lees, en jou reguit manier van ‘n ding sê. Jou inskrywings is “bloody marvellous”

    Wipneus!

    28 April 2008 at 21:47

  3. “Brutal Fruit oomblik van belydende eerlikheid” 🙂

    As iemand se jy is ‘n “acquired taste”, is dit verseker ‘n kompliment.

    Hoekom lees ek hier? Ek hou van hoe jy dink, al stem ek nie altyd saam met wat jy dink nie.

    boerinballingskap

    29 April 2008 at 15:33

  4. Hoekom lees ek hier?
    Die offisiele weergawe: Ek glo dat ek iets kan leer by elke persoon wat my pad kruis, ten spyte van die feit dat jy dalk nie van daardie persoon se sienings hou of daarmee saamstem nie.

    Die ongesproke (en waarskynlik meer akurate) weergawe: ‘n Blog is soos ‘n sitkamervenster met gordyne oopgetrek, en ek die voyeur wat buite daai venster staan en na binne loer, en dan stil weer verdwyn om te gaan giggel oor ‘n ander man se dommighede of te stoom oor my eie tekortkominge, afhangend van die prentjie wat homself aan die ander kant van daai venster afgespeel het.

    Jaco

    30 April 2008 at 8:30

  5. Ek lees hier, want ek hou van die ‘virtuele jy’. Ek kom nogal baie hier, die is een van my gunsteling plekke, hier is ‘n mate van denke en diepte wat ek van hou. Ek dink ek sal van regtige jy dalk ook hou.

    Ek blog omdat dit vir my lekker is, sommer enige iets wat in my kop opkom. Maar dit sou nie lekker gewees het as ander mesne nie geskryf het nie. Ek wil skryf en lees.

    rosalindfranklin

    30 April 2008 at 16:17

  6. Hoekom lees ek hier, want jy is so skerp. ‘n Raaksêer. Nie dat ek altyd saamstem nie, maar dit sou darem ongelooflik eentonig gewees het as almal eenders gedink het.

    Hoekom Blog ek, want dis lekker… :mrgreen:

    Pikkelik

    1 Mei 2008 at 15:32

  7. Hoekom lees ek hier? – want jy is ‘n “acquired taste” 😉

    Ek stem saam met Rosalind – hierdie is ook een van my gunsteling plekke. Soms skryf jy reg bo-oor my kop (maar dan lees ek maar weer stadig en probeer verstaan 🙂

    Ander kere stem ek nie saam met jou nie en meeste kere skryf jy woorde wat ek graag self sou wou sê. So, conclusion: “I am a woman with an acquired taste.”

    sonkind

    1 Mei 2008 at 16:18

  8. i just like you, man 😉

    Johan Swarts

    2 Mei 2008 at 11:51

  9. bloody marvellous! 😉

    “I’ll be back”

    Emil

    2 Mei 2008 at 11:58

  10. 😳

    George Maru

    2 Mei 2008 at 14:20

  11. Want dit is lekker. Soms is dit net vir lees en kennis neem. Soms is dit ‘n aangename verrassing.

    In elk geval, dis eg.

    freddy

    2 Mei 2008 at 19:40

  12. […] Maru sê in hierdie skrywe “Die vraag oor waarom ek blog het my wel aan ‘n ander, verwante vraag laat dink. […]

  13. Hoekom lees ek hier…?
    Omdat jy hier lees…!

    johannes coetzee

    5 Mei 2008 at 16:02


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: