riviersonderend

Rigtingloos

with 4 comments

riviersonderend soek ‘n nuwe bestaansrede. Baie van die redes hoekom die blog begin is, is nie meer geldig nie. Verder het ek besluit dat baie van die temas wat op hierdie blog bespreek is, gaan skuif na ‘n nuwe Engelse blog waaraan ek werk. Die Engelse blog sal tematies meer gedissiplineerd wees en fokus op ‘n zen-gebaseerde humanistiese spiritualiteit, seks, musiek en tegnologie (soms al 4 in een pos 😈 ). Daar is verskeie redes wat my die besluit laat neem het, wat nie nou belangrik is nie.

Intussen soek ek na ‘n nuwe tema vir riviersonderend. Verskeie is oorweeg en te lig bevind. So loer maar weer in as hier iets te sê is.

O ja, hier is my drie inskrywings vir Tydskrif:

Idiwidi se Trap;

Nico se Twee Jaar in Sonneblomme; en

Sonkind se Oom Fred en Oom Harry.

As jy nog nie jou 3 gelys het nie, beskou jouself as getag!

Mooi loop.

Advertisements

Written by George Maru

27 Maart 2008 at 8:17

Posted in sommer net

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. mag ons die Engelse blogadres weet?

    idiwidi

    27 Maart 2008 at 17:29

  2. Idiwidi, ek weet nie. Ek dink daaroor. Ek hou van die idee dat die blog anoniem is en niemand weet wie ek is nie. Dit is lankal nie meer die geval met riviersonderend nie. Daar gaan in elk geval nog nie veel aan nie.

    George Maru

    27 Maart 2008 at 20:20

  3. Jinne, George.

    Ek hoop van harte jy sien rede om met riviersonderend aan te gaan, want as ek mag sê, jou blog beteken vir my baie – dis vir my ‘n goeie plek om heen te kom wanneer ek iets soek om tot my siel te spreek, en selfs net as ek iets soek om oor te dink. Soos enige ding het ‘n blog seker ‘n begin en ‘n einde en Die Siel van ‘n Boer sal seker ook eendag eindig.

    Hoe dit ook al sy wil ek, as jy nie omgee nie, iets oor jou karakter opmerk. Ek dink baie van die tyd stem ons nie saam oor baie dinge nie en waar ek soms heftig en reaktief reageer op ‘n stimilus, reageer jy kalm en bedaard. Ek het wêrelde se waardering daarvoor – geselskap met jou is beide intellektueel en esoteries stimulerend.

    Ek hoop regtig ek kan eendag saam met jou ‘n koppie koffie drink.

    PS. Ek is bly jy het van Sonneblomme gehou – dis vir my ‘n groot kompliment.

    Nico

    28 Maart 2008 at 1:06

  4. Nico,

    Dankie vir jou vrygewige woorde. Ek waardeer dit. Sommer baie. Ek dink nie ek sal ophou nie. Ek soek net ‘n fokus.

    (Dit is vir my interessant hoe perspektiewe verskil. Ek dink byvoorbeeld nie dat ek altyd so bedaard en kalm reageer nie, maar dankie in elk geval 😆 )

    George Maru

    29 Maart 2008 at 18:30


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: