riviersonderend

*Sug*

with 6 comments

Onlangs ontdek ek jy kan vollengte flieks op die internets kyk (ja, ek weet sommige van ons is stadig). So kyk ek toe vandag “The Bubble“, ‘n fliek van Israel met Hebreeuse dialoog en Engelse onderskrifte.

Ek het sommer geweet die fliek gaan my na die Minora blades laat gryp, want die tema is van so ‘n aard dat jy wéét hierdie fliek kan nie goed eindig nie. ‘n Joodse man wat diens doen by ‘n grenspos, ontmoet ‘n Palestyn. Hulle raak verlief en gaan bly in Tel Aviv. Die Palestyn gaan op ‘n stadium terug na Nablus vir sy suster se troue. Sy trou met ‘n bevelvoerder van Hamas.

Ek wil nou soos Sophia van Golden Girls-faam sê: “Now picture this…

Jy sal nie verkwalik word as jy sukkel nie. Soos reeds gesê, daar is g’n manier hoe so ‘n storie met “and they lived happy ever after” kan eindig nie.

Hoekom? Hoekom? Hoekom?

Eintlik weet ek hoekom. Eintlik wil ek eerder weet of dit wragtig so moeilik is om ander mense ook ‘n plek in die son te gun? Mense wat nie soos jy is nie? Mense wat nie soos jy dink nie?

Om soms net lank genoeg stil te bly om na die ander kant te luister?

Ek dink oor die gebeure van die afgelope week in Suid-Afrika. Afrikaner rassisme haal die voorblaaie. Nee, ons in nie almal so nie! Ja, maar swartes is ook rassiste. Die misdaad. Die misdaad. Afrikaners word gemarginaliseer in hulle eie land.

Ek meen dit vorm die kern van soveel konflik in die wêreld vandag. Ons wonde van die verlede. Jy sien dit in die konflik tussen Israel en Palestina. Jy sien dit in Afrika. Jy sien dit in Suid-Afrika. Enige gesprek, maak nie saak hoe relevant dit tot die tema is nie, moet noodwendig die onreg wat mý aangedoen word, aanspreek.

Te midde van al die stemme wat erkenning vra vir hulle pyn, hulle onsekerhede, hulle woede, en hulle vrese, hou mense op luister. Ek kan nie sien hoe dit moontlik is om oplossings vir probleme te kry as mense nie eers kan luister nie.

Wat ek wel weet, is dat hierdie wonde van die verlede wat mense (waarby ek myself insluit) so met hulle saamsleep, soos ‘n kanker is. Dit teer op individue. Dit teer op gesinne. Dit teer op volke. Soos nou weer geïllustreer. Hoe gebeur dit dat jy op die punt kom waar jy ‘n kick daaruit kry om ‘n ander mens te verneder? En soveel energie daarop spandeer? In hoe ‘n mate moes jy nie eers jou eie siel geweld aangedoen het om by daardie punt uit te kom nie?

Kan ons nie maar net soms ons eie bagasie afgooi en net luister na die ander party nie, sonder dat “ek” die spilpunt van die gesprek raak?

Advertisements

Written by George Maru

2 Maart 2008 at 21:24

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. “Eintlik wil ek eerder weet of dit wragtig so moeilik is om ander mense ook ‘n plek in die son te gun? Mense wat nie soos jy is nie? Mense wat nie soos jy dink nie?”

    Ek lees altyd die woedende briewe van die mense in die koerant en dan wonder ek. Se nou maar net jy draai die situasie heeltemal om, wat sal die woedende briefskrywer dan skryf?

    Ek wens ek kon weet.

    (nice inskrywing..)

    rosalindfranklin

    3 Maart 2008 at 14:50

  2. *Sug*

    Twee koeie sit oppi draad en brei toe daar skielik ‘n perd verby vlieg.
    Nadat die perd verby gevlieg het kyk hulle vir mekaar en *sug* maar gaan toe aan met brei…

    Na rukkie vlieg daar weer ‘n perd verby, hulle kyk weer vir mekaar en *sug* en gaan daarna weer onverpoosd voort met hul breiwerk..

    Nadat dit die derde keer weer gebeur kyk die een koei vir die ander en sê sugtend vir die ander een: “Ek dink daars ‘n nes”
    beide *sug* hardop saam en gaan voort met hul breiwerk…

    Ek dink daars ‘n “nes”

    *Sug*

    johannes coetzee

    4 Maart 2008 at 9:48

  3. Wil jy nie maar met die res van ons, wat nog stadiger as jy is, deel waar en hoe mens na flieks op die Internet kan kyk nie?

    Nicky

    4 Maart 2008 at 10:11

  4. Verdraagsaamheid is so ‘n mooi woord. Nie oor hoe dit klink nie, maar oor wat dit kan beteken.

    netjane

    4 Maart 2008 at 16:25

  5. Die afgelope week het ek met groot oë inskrywings op blogs en kommentare van oraloor dopgehou oor al die rassisme issues en dat ons nie langer soos bywoners in ons eie land moet voel nie en heeltyd askuus vra of i’m sorry sê nie – en gedurig kom daar net twee woorde by my op … WEDERSYDSE verdraagsaamheid (soos NetJane ook hierbo genoem het) en respek! Kan julle net vir een oomblik imagine hoe ons land KAN wees as dit almal se uitgangspunt raak? (Ek weet ek weet … this is real life en ek droom hopeloos te veel!)

    “Kan ons nie maar net soms ons eie bagasie afgooi en net luister na die ander party nie, sonder dat “ek” die spilpunt van die gesprek raak?” Sela

    René

    7 Maart 2008 at 15:01

  6. Wat is rasisme. Alles word vandag rasisme genoem. as jy iemand skeef kyk dan is jy ‘n rasis. Mense wat hulle so slim hou moet wakker word voor hul koffie koud is. Die woord BOER en WITBOER is volgens baie mense nie rasisties nie en ek stem saam. Maar hoekom is ander WOORDE dan rasisties
    Ag nee wat die mense moet ophou kleinlik wees. Slaan my met ‘n yster dan is dit seer Woorde waai in die wind weg. Word wakker en bou saam aan ‘n beter en nuwe Suid Afrika Ons KAN mos!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    chris

    7 Julie 2008 at 7:31


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: