riviersonderend

Daaglikse woord II

with 6 comments

Vandag se woord kom uit die Yaghan taal van Tierra del Fuego en word deur die Guinness Book of World Records beskryf as “the most succint word.” Die woord?

Mamihlapinatapai.

Dit word beskou as een van die moeilikste woorde om te vertaal. Kortliks verwys dit na die kyk wat twee mense mekaar gee, terwyl beide wens dat die ander een iets wil inisieer wat beide wil hê, maar nie een van die twee wil begin nie.

So wat noem mens dit in Afrikaans?

Advertisements

Written by George Maru

1 Maart 2008 at 15:27

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ekweetdatjyweetdatonsweetdatonsaltweewil 🙂

    Ek hou van jou nuwe avatar!

    sonkind

    1 Maart 2008 at 18:08

  2. Skitterend Sonkind!

    labmuis

    1 Maart 2008 at 23:10

  3. Sonkind, jy is snaaks! En dankie.

    Kulture bly vir my interessant. Is dit nie ongelooflik hoe sommige kulture sekere verskynsels en dinge name gee wat ander kulture nie eers aan dink nie?

    Hoe ontstaan taal?

    George Maru

    2 Maart 2008 at 21:43

  4. Steven Pinker skryf baie lekker oor die ontstaan van taal, wat ons praat, hoekom ons dit praat en daai dinge.

    Taal is vreeslik lekker, dit is nie net vir kommunikasie nie, maar ook geheue.

    En interessant genoeg wat praat hy ook van die situasies/woord hier bo: Jy weet dat ek weet dat ons weet. Dit is in situasies waarop ons op inuendo’s berus.

    rosalindfranklin

    3 Maart 2008 at 14:55

  5. Rosalind, jy weet nie dalk wat die spesifieke boek se naam is nie?

    George Maru

    4 Maart 2008 at 7:07

  6. The Language Instinct (Steven Pinker) handel spesifiek oor die ontstaan van taal. Maar hy behandel taal in al 7 van die boeke wat hy tot dusver geskryf het in ‘n mindere of meerdere mate.

    Sy ander lekker boek is: How the Mind Works.

    Ek sal by die twee begin as ek jy is. Wonderlike leesstof. Beide kos net so oor die R100 in sagteband.

    rosalindfranklin

    4 Maart 2008 at 15:26


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: