riviersonderend

Wegkruipertjie

with 2 comments

‘n Storie van Rabbi Rami Shapiro.

‘n Man het in die studeerkamer van Rabbi Ben Israel ingebars en by hom gepleit: “Rabbi, vertel my wat is die pad na God?”

Die rabbi het opgekyk van sy boeke en geantwoord: “Daar is nie ‘n pad na God toe nie, want God is in die hier en nou.”

“Vertel my dan wat die essensie van God is?” het die man gevra.

“Daar is nie so iets soos die essensie van God nie, want God is alles en niks.”

“Vertel my dan wat die geheim is dat ek kan weet dat God alles is.”

Rabbi Ben Israel het gesug en hom geantwoord: “My vriend, daar is nie ‘n pad nie. Daar is nie ‘n essensie nie. Daar is nie ‘n geheim nie. Die waarheid wat jy soek word nie van jou weggesteek nie. Jy kruip weg daarvoor.”

Advertisements

Written by George Maru

24 Februarie 2008 at 21:25

Posted in spiritualiteit

Tagged with ,

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George, het jy die fassinerende studie gesien. Wat lekker hiervan is dit kyk nie na ‘n godsdiens/geloof nie, maar na God/Gode.

    http://www.dieburger.com/Stories/News/17.0.148616740.aspx

    rosalindfranklin

    25 Februarie 2008 at 12:51

  2. Dankie, dit lyk baie interessant. Ek hoop hulle sluit daarby in nie net die fokus op monoteïsme en politeïsme nie, maar ook panteïsme en die fokus op geen god (bv. Boeddhisme). Ek dink dit is belangrik. Ek sou wou waag om te sê dat politeïsme en monoteïsme waarskynlik meer in gemeen het met mekaar as met die ander.

    George Maru

    26 Februarie 2008 at 7:08


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: