riviersonderend

Het ek al die wa verpas?

with 6 comments

Ek het nie die hele Robbie Klay sage in detail gevolg nie, so vergewe maar as ek uit onkunde praat. Help my dan gerus reg met die feite. Waaroor ek wel gewonder het, is in hoe ‘n mate geslag ons reaksie op gebeure nog kleur.

Ek wonder maar net as dit ‘n vrou was wat aantygings van molestasie gemaak het, hoeveel grappies daaroor die rondte sou gedoen het? Sou dit aanvaarbaar gewees het?

Is die molestasie van seuns minder erg, of is daar inligting spesifiek in hierdie geval wat ek miskyk?

Written by George Maru

23 Februarie 2008 at 8:43

Posted in nuus

Tagged with

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nee, George, jy het beslis nie die wa verpas nie. Ek moet erken, ek het ook eers vir die grappies gelag en toe sit ek vanoggend en ek lees die Huisgenoot – ja, ek is een van daai suckers wat dit nog lees! En ek begin dink hoe erg dit eintlik regtig vir daardie outjie moes wees. Ek weet ook nie veel van hom en die beskuldigde nie – hulle musiek val buite my smaak. Maar ongeag dit – wat met hom gebeur het, is NIE ‘n grap nie. En jy is doodreg – dit sou nie so maklik as grap gebruik word as dit ‘n vrou was nie.

    Ek onthou nie dat daar enige grappe vertel is toe daai Louis ou die sangeresse seksueel harass het nie. Ons moet dalk net ‘n slag weer ernstig kyk na dit waarvan ons ‘n grap probeer maak.

    sonkind

    23 Februarie 2008 at 17:57

  2. Ek persoonlik dink enige grappe oor seksuele misbruik (van watter aard ookal) en oor mense met gestremdhede is glad nie snaaks nie.

    rosalindfranklin

    23 Februarie 2008 at 20:34

  3. Ek vind ook geen humor in ander se seer nie! Ek dink dit is smaakloos en spreek boekdele van die mense wat sulke grappe uit dink en die wat dit oor vertel! Daar is geen humor daar in nie, hoe kan daar wees, n mens.. maak nie saak of die man of vrou, seun of meisie is.. is in die proses beskadig, onheroeplik beskadig! hoe kan dit snaaks wees??

    TristonJ

    24 Februarie 2008 at 13:07

  4. Triston, ek dink nie dat mense wat sulke grappe uitdink noodwendig sleg of whatever is nie. Inteendeel, ek dink dit sê baie van die manier hoe ons as samelewing gekondisioneer word om te dink.

    George Maru

    24 Februarie 2008 at 21:28

  5. George… dan is dit tyd dat ons nuwe conditioner begin gebruik 😉

    TristonJ

    25 Februarie 2008 at 7:03

  6. TristonJ, jy laat my nou dink aan een van die lewe se onverklaarbare misteries: sjampoe en conditioner. Dalk gebeur dit net met my, maar hoekom is dit so dat jou hare met ‘n nuwe sjampoe en conditioner sag en gesond voel, maar ‘n paar weke later is dit nie meer dieselfde nie? Totdat jy ‘n nuwe sjampoe en conditioner kry.

    Kry hare die 7 weke itch?

    George Maru

    26 Februarie 2008 at 7:04


Lewer kommentaar op TristonJ Kanselleer antwoord