riviersonderend

‘n Paar hulpbronne

with 16 comments

Die inskrywing is spesifiek aan sekere mense gerig. Noem dit maar ‘n “special interest” plasing. So hou maar verby as dit nie op jou gerig is nie.

Dit volg na aanleiding van verskeie gesprekke wat ek die afgelope tyd gehad het met verskillende mense. Sommige begin wonder oor dit wat hulle grootgemaak is om te glo. Ander glo nie meer nie, en dit bring nuwe uitdagings.

Ek plaas dus hier ‘n paar skakels na webwerwe en boeke wat moontlik kan help in die soeke na antwoorde.

Diegene wat begin sukkel om te glo waarmee hulle grootgemaak is: Ek sou aanbeveel dat jy enige boek van Karen Armstrong lees, veral:

The Bible: A Biography. Hier is ‘n uittreksel uit Booklist se resensie:

“Armstrong traces the Bible’s transformation from a miscellany of texts into scripture, to which the Jesus movement added the Gospel and the other New Testament texts pretty much in tandem with the development of midrash and the Talmud by non-Christian Jews after the 70 CE destruction of the third temple in Jerusalem. She shows both Christian and rabbinic traditions of interpretation subsequently converging upon charity or love as the essence of God. The subjects of the last three chapters—the medieval monastic practice of reading the Bible called lectio divina, Martin Luther’s doctrine of sola scriptura, and intellectual modernity—are each considered for the ways they gave rise to interpretive movements that affected Christianity directly and spurred reactions in Judaism. This is one terrific little book.”

A History of God: The 4,000-Year Quest of Judaism, Christianity, and Islam. Publisher’s Weekly skryf:

“This searching, profound comparative history of the three major monotheistic faiths fearlessly illuminates the sociopolitical ground in which religious ideas take root, blossom and mutate. Armstrong, a British broadcaster, commentator on religious affairs and former Roman Catholic nun, argues that Judaism, Christianity and Islam each developed the idea of a personal God, which has helped believers to mature as full human beings. Yet Armstrong also acknowledges that the idea of a personal God can be dangerous, encouraging us to judge, condemn and marginalize others. Recognizing this, each of the three monotheisms, in their different ways, developed a mystical tradition grounded in a realization that our human idea of God is merely a symbol of an ineffable reality. To Armstrong, modern, aggressively righteous fundamentalists of all three faiths represent “a retreat from God.” She views as inevitable a move away from the idea of a personal God who behaves like a larger version of ourselves, and welcomes the grouping of believers toward a notion of God that “works for us in the empirical age.”

Dan is daar ook boeke van Richard Dawkins, The God Delusion, en Sam Harris se Letter to a Christian Nation en The End of Faith. Beide die outeurs se styl is egter konfrontasioneel en mag mense afsit.

Om meer te lees oor die onfeilbaarheid van die Bybel en die probleme daarmee, besoek Religious Tolerance hier.

Losing my religion bevat heelwat hulpbronne vir mense wat vrae vra en verduidelik ook hoekom sommige mense nie meer kan glo nie.

Dan vir diegene wat nie meer glo nie en kinders het, besoek gerus Parenting beyond belief. Dit bevat verskeie hulpbronne en gee raad oor hoe met kinders gepraat moet word oor die dood, die hemel, en moontlike viktimisasie by skole.

As iemand van nog goeie hulpbronne weet, laat weet gerus daarvan in die kommentaar.

Advertisements

Written by George Maru

16 Februarie 2008 at 17:49

Posted in godsdiens

Tagged with

16 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Laat ek maar die stilte breek…

    Ek sukkel regtig om te glo wat ek geleer is! In my soeke na die waarheid het ek ook buite die Bybel rondgesoek. Genadiglik was ek gedring om die Bybel aan te hou lees. Hoemeer ek die Bybel aanhou lees het, hoemeer het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die suurdeug wat kerke byvoeg my van die Waarheid van die Bybel weggelei het.

    Dieselfde verskynsel wat homself in die dae van Jesus voorgedoen het naamlik die sogenaamde “do-it-yourself” gospels, vier vandag weer hoogety! Die basiese waarborg (hulpbron) wat die kerke se “do-it-yourself” gospels bied lui min of meer asvolg : “Volg ons program of resep en ons waarborg jou (ewige) saligheid”

    Watter leraar sal iemand as lidmaat toelaat as sy kerkleiers nie daarvan oortuig is dat die lidmaat nie seker is van sy (ewige)saligheid nie? Veral nie as sodanige lidmaat die program van die kerk as hulpbron getrou gevolg het nie.

    Om meer te lees oor die onfeilbaarheid van die Bybel en die probleme daarmee besoek gerus die Bybel meer gereeld. Die hulpmiddels wat ek gedurende die afgelope vierjaar buite die kerk veral van waarde gevind het was die radio-uitsendings van Family Radio. My advies is egter dat jy nie ander hulpmiddels moet gebruik as jy nie die Bybels in sy “ongesuurde” vorm lees nie.

    (Joh 21:25) En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

    Die verskil tussen geloof “van” Jesus versus die geloof “in” Jesus kom duidelik navore wanneer die volgende teksvers van die Ou Afrikaanse Vertaling vergelyk word met die “oorspronklike” Grieks,

    (Gal 2:16) terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

    Die ou Hollandse vertaling en King James Version van die Bybel is meer getrou aan die Woord van God

    (Gal 2:16) Doch wetende, dat de mens niet gerechtvaardigd wordt uit de werken der wet, maar door het geloof van Jezus Christus, zo hebben wij ook in Christus Jezus geloofd, opdat wij zouden gerechtvaardigd worden uit het geloof van Christus, en niet uit de werken der wet; daarom dat uit de werken der wet geen vlees zal gerechtvaardigd worden.

    (Gal 2:16) Knowing that a man is not justified by the works of the law, but by the faith of Jesus Christ, even we have believed in Jesus Christ, that we might be justified by the faith of Christ, and not by the works of the law: for by the works of the law shall no flesh be justified.

    Daars ‘n hemelbreë verskil tussen die “geloof van” Jesus teenoor die “geloof in” Jesus…? Dit maak die verstaan van die volgende teksvers meer duidelik

    (Mat 17:20) En Jesus antwoord hulle: …….. voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

    Oor Dawkins en Darwin se teenstrydige bevindinge kan ons nog debateer…? Daar is tog net een Waarheid is daar nie?

    johannes coetzee

    19 Februarie 2008 at 9:39

  2. ‘n direkte link na die hulpbron WE ARE ALMOST THERE!!!

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

    johannes coetzee

    21 Februarie 2008 at 9:04

  3. George, jy stel dit baie goed.
    Dinge is so kultuurgebonde, ons doen soveel omdat ons gewoond is om te doen. Sonder ver, baie oer-ver terug te dink aan die oorsprong van dinge.

    Johannes….Dawkins en Darwin se teenstrydige bevindinge??? En dink nie so nie. Darwin se werk word vandag AL meer korrek bewys met genetika.

    rosalindfranklin

    21 Februarie 2008 at 14:18

  4. Rosalind

    21 Mei 2011 is naby genoeg om te sien wie korrek was? die Woord van God (die Bybel) of Darwin se gospel.

    Tot dan toe blaas ons maar die basuin en laat die oortuigingswerk aan die Outeur van die Bybel oor.

    Ek weet net een ding, hoemeer ek die Bybel deurwerk om info aangaande die verloop van “tyd” na te vors, hoemeer harmonie vind ek in elk jota en elke tittel wat in die Woord “geskrywe” staan.

    Ek is egter stomgeslaan om te sien hoe God hierdie Waarhede verborge en verskuild gehou het.

    Besoek gerus ook http://www.timehasanend.org

    johannes coetzee

    21 Februarie 2008 at 14:55

  5. Rosalind, net ‘n bietjie konteks: Johannes glo die wederkoms is iewers in 2011 en is riviersonderend se plaaslike sendeling (alhoewel die status in gedrang is omdat daar so min kommentaar deesdae ontvang word). Of lewer jy net kommentaar as ek die een of ander boosheid kwytraak Johannes? 😈

    George Maru

    23 Februarie 2008 at 9:11

  6. OI VEY…..is al wat ek kan se….soos in regtig George. Ek slaan my oge op na die berge en ek vra: Waar op op Aarde sal ons hulp vandaan kom.
    Johannes ek wed jou R10 000 die wederkoms is NIE op 21 Mei 2011 nie. As ons die dag van 22 Mei 2011 insien (laat net asb weet volgens watter tydsone CET/CAT/CMT????) skuld jy my die moolah!
    Velen dank.

    rosalindfranklin

    23 Februarie 2008 at 20:29

  7. George, dankie vir die status “plaaslike sendeling” wat ek klaarblyklik op die punt staan om weer te verloor? Nie gedink en kwalifiseer as sendeling hier op die “council” nie. Wat was jou kriteria? Ek moes iets “onintensioneel” reg/verkeerd gedoen het, sal net graag interesantheidhalwe wil weet?

    Rosalind, ek wil nie sien dat jy die risiko loop om jou geld so maklik te verloor nie, daarom sal ek met jou die weddenskap alleenlik aangaan as jy teenoor my aangedui het dat jy die boek “Time Has An End” by http://www.timehasanend.org deurgelees het. Hierdie boodskap word tans wereldwyd via Family Radio se radiouitsendings uitgesaai. Vir diegene wat hulself tans nog in kerke bevind word hierdie boodskap as ‘n groot grap beskou.

    Dis net amazing om te sien dat armstes van armes in die aande daarna luister. Ons kry veral baie luisteraars briewe vanuit mense wat in plakkerhuisies woon en alleenlik toegang tot radio het. Skakel gerus in die aande in op die program radio program OPEN FORUM wat in Suid Afrika tussen 19h30 en 21hoo en dan weer herhaal word vanaf 23h30 tot 01h00 (sa tyd) uitgesaai word op AM 1197khz. Vir diegene wat internet kan bekostig word dit gelyktydig op internet gestream by http://www.familyradio.com kliek Internationaal 2 gedurende gemelde uitsendings tye.

    My vraag is hoe gaan ek my moola kry as jy dalk gerapture word en ek nie…? Ek weet ook nie hoe ek jou gaan betaal as ek gerapture word en jy nie..?

    My gebed is natuurlik dat beide van ons gerapture word op die 21/22ste Mei 2011. Geen moola gaan in anyway iets werd wees na 21/22 Mei 2011 nie en na 21 Oktober 2011 gaan daar geen moola bestaan nie.

    (Heb 12:29) Want onse God is ‘n verterende vuur.

    johannes coetzee

    25 Februarie 2008 at 9:22

  8. O ja George ek wou nog opmerk, ek lewer alleenlik kommetaar as ek dink ek ‘n positiewe bydrae kan lewer(gewoonlik vanuit my eie belewenis van dit wat ek in die Bybel lees of leer). As jy enigsins die indruk kry dat ek kommetaar lewer as jy een of ander boosheid kwytraak bied ek hiermee my verskoning aan. Ek het genoeg van my eie “booshede” om nog op andere se sogenaamde “booshede” te fokus.

    johannes coetzee

    25 Februarie 2008 at 10:11

  9. Rosalind

    Ek het ‘n versigtig deurdinkte antwoord gepos, ek dink dis dalk as spam in George se inbox…?

    Sal geduldig wag totdat hy dit deurlaat, of nie? Anders sal ek jou later weer antwoord.

    Maar in kort, ek dink nie jou moola gaan na 21 Mei 2011 vir my of vir jou iets werd wees nie. Anyway al wed ons al die moola van die wereld, hoe kan dit ooit met die Woord van God vergelyk word?

    My gebed is dat ons maar liefs beide ons moola verloor…!

    johannes coetzee

    25 Februarie 2008 at 16:39

  10. Nee man Johannes, moenie om verskoning vra nie. Ek trek sommer jou been. Ek gebruik die term “boosheid” buitendien baie losweg.

    George Maru

    26 Februarie 2008 at 6:58

  11. Johannes,

    Ek sal met graagte die boek lees. Ek lees baie baie wyd in oor alle vakgebiede heen.

    Indien die aarde nie, sou vergaan nie, sou ek inderdaad die wedenskap wen, en die R10 000 sal aangenaam wees en handig te pas kom. Ek hou van geld, want dit maak die lewe só gemaklik.

    Indien ek verloor. Ja wel, kry jy nie die geld nie. Maar jou profesie word waar en vir jou sal dit mos ‘n wen wees.

    Dus respekteer ons, ek doen, mekaar se standpunte. Maar indien jy waarlik glo in jou Mei 2011-teorie sal jy mos bereid wees om geld daarop te sit?

    Ek is oortuig dat die Heelal en alles daarin sal bestaan na Mei 2011 en dat dit nie deur goddelike ingryping op daardie betrokke dag sal vergaan nie. Ek sluit ‘n natuurramp soos ‘n aarbewing bv in San Fransisco (daar is ‘n foutlyn daar uit – dit sal ook nie die hele aarde of heelal verwoes nie), asook Iran wat ‘n kernbom op die VSA gooi (mens gemaakte uitwissing).

    Ek praat van ‘n judgement day deur ‘n bomenslike wese.

    My konsep van tyd, is die een soos vertol deur fisici: dat tyd eintlik glad nie bestaan nie.
    Dus, indien ek jou boek lees, vra ek dat jy ‘n boek van my keuse lees: A briefer history of time. Stephen Hawking. (let wel nie Brief History of Time nie, maar die makliker weergawe)

    rosalindfranklin

    27 Februarie 2008 at 14:46

  12. Rosalind

    Ek sal die boek met graagte lees, is dit gratis beskikbaar?

    johannes coetzee

    27 Februarie 2008 at 15:47

  13. Aangesien die transaksie op my blog beklink word, sal ek ‘n beskeie 25% hanteringsfooi hef. Die wenner kan dit maar aan my oorhandig. Ek gaan nêrens nie.

    George Maru

    28 Februarie 2008 at 7:16

  14. George

    Ek sien jy het nog baie kerk in jou, ons sal maar die kollektebordjie omstuur. Family Radio hou nog by die ou Bybelse beginsel van “freely ye have received, freely give”

    Maar as jy daarop aandring sal ek vir jou ‘n gratis kopie aanstuur van enige van die volgende boeke

    Time Has An End

    The End of the Church Age and After

    Wheat and Tares

    First Principles of Bible Study

    I Hope God Will Save Me

    Adam When?

    The Perfect Harmony of the Numbers of the Hebrew Kings

    We Are Almost There!!!

    Maar deur net te kliek op die volgende link kan jy dit sommer direk oppi web lees of download

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/frame/

    Welke moola-ooreenkoms jy met Rosalind kan bereik oor die boeke wat sy “verkoop” moet jy maar met haar uitklaar. Die biekie wat ek van haar ken, sy klink of sy erens joodse bloed in haar het. So wees maar versigtig… so saam met die boerebloed kan jy dalk kaal daar uitkom.

    Dankie vir die bereidwilligheid om hierdie tipe transaksies te fasiliteer, dis baie gaaf van jou.

    johannes coetzee

    28 Februarie 2008 at 8:57

  15. Johannes, die boek is nie gratis beskikbaar nie en ek verkoop ook nie boeke nie. Jy moet hom maar in ‘n boekwinkel gaan koop. Soos ek die boekbedryf ken, is boeke nogal nie gratis nie.

    En dan na die verwysing na Joodse bloed…kom ons los dit maar daar… versigtig vir Jode. Klink na anti-semitiese kommentaar vir my.

    Ag jammer George dat ons jou misbruik. Ek met graagte vir jou 25% gee as ek die belaglikheid wen.

    rosalindfranklin

    28 Februarie 2008 at 11:14

  16. Rosalind

    ek het niks teen jode en was ook nie serious nie (ai tog, hoe arm is ons afrikaanse taal nie, ons kan kwalik onsself emosies uitdruk of die ander ou lees teveel of te min in die woorde…)

    21 Mei 2011 is net minder as 3 jaar en 3 maande… dis in ‘n oogwink verby.

    johannes coetzee

    28 Februarie 2008 at 11:38


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: