riviersonderend

Onlekker stuff en ‘n bietjie lekker

with 6 comments

Sonkind het my getag om 10 goed te noem wat my afpie. Ek hou dit kort, want ek glo dit het nie verduidelikings nodig nie.

1. Passiewe aggressie.

2. Skynheiligheid.

3. Microsoft Windows.

4. Wanneer mense nie ‘n opinie/mening wat jy lug aanspreek nie, maar eerder jou gratis psigo-analiseer en vertel hoekom jy dink en sê wat jy doen. (Daar is ‘n rede hoekom mens sielkundiges baie betaal.)

5. Wanneer mense nie weet hoe om die woord “fok” te gebruik nie.

6. Apatie.

7. Dom-astrantheid.

8. Restaurante wat onredelike mark-ups op hulle wyn het.

9. Japan, Noorweë en Ysland se walvisjag.

10. Drolle.

En nou, op ‘n positiewe noot: Kaapstad het in die vierde plek ingeskuif op die Monolopy bord, m.a.w. Kaapstad is nou een van die groen eiendomme. Die Moederstad het sopas Sydney, New York en Rome verbygesteek. Die volgende stad in Kaapstad se versier is Londen.

Maar net as jy gaan stem!

Nou!

Hier!

Advertisements

Written by George Maru

9 Februarie 2008 at 10:15

Posted in sommer net

Tagged with ,

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek stem. Elke dag. Met vyf registrasies. Baie beter skinder, kerm en kla en flou Eskom grappies. Wonder net wat aangaan dat Kanada so weghol. Daar is seker nie goeie TV nie. 🙂

    Jo-Ann Schou

    9 Februarie 2008 at 17:32

  2. Ek is bly om te sien dat jy saam met my stem oor (3). Wat (5) aanbetref, ek hou nie eintlik daarvan om sulke woorde in skrif te gebruik nie, dis darem te permanent. Ek moet minstens my duim met ‘n hamer raakslaan of so iets! Ek het eenkeer in Amsterdam ‘n boek oor die aanhou van hoenders gekoop (Kippenhouden, dink ek). Miskien moet ek eendag bietjie uit hom aanhaal, dan sal almal weet hoe die woord werk!

    mykopop

    9 Februarie 2008 at 22:28

  3. Jo-Ann, Sydney is weer voor!!! Terloops, wat laat jou dink ons het goeie TV? 😈

    Mykop, Windows snuif olieboor-ghries. Toe ek in Amsterdam was, het die mense ons vertel van die poespaleis en die perdefokkery. Ai, die Nederlanders het ‘n manier om iets baie onskuldig vieslik te laat klink. En dan raak hulle opgewonde as ons “Net ‘n rukkie” sê.

    George Maru

    10 Februarie 2008 at 19:25

  4. […] Vir George se 5de […]

    Rooikappie « Vlermuis en kat

    10 Februarie 2008 at 22:33

  5. Omtrent ‘n lys. Dit is nogal irriterende goed. Daai nr 4 doen mense gewoonlik wanneer hulle nie eintlik weet hoe om te reageer nie. Geboul.

    So, wat betref Kaapstad – al wil jy dalk emigreer, soek jy haar darem op die Monopoly Map? 😉

    freddy

    11 Februarie 2008 at 7:48

  6. Freddy, Kaapstad (en Amsterdam) sal my spirituele tuiste bly, waar ek ook mag gaan.

    George Maru

    12 Februarie 2008 at 7:42


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: