riviersonderend

George W Bush is oopkop

with 5 comments

Sekere dinge kan net in Amerika gebeur. Ek sweer. Die Boston Globe berig dat die Amerikaanse president tydens sy State of the Union toespraak verby kongreslid Barney Frank geloop het. Frank was op die foon, toe Bush sê: “Sê ek sê hallo.” Net sodat die mense kan sien hoe gaaf hulle president is.

Frank het toe maar so gemaak. Maar sy boyfriend wou hom nie glo nie. Die boyfriend het gedog Frank maak ‘n grap.

Na die toespraak vertel Frank toe maar vir Bush dat hy op die foon met sy boyfriend was, waarop Bush geantwoord het:

“Wel, ek hoop jy het hom vertel hoe oopkop ek is.”

Advertisements

Written by George Maru

30 Januarie 2008 at 22:54

Posted in gay regte, nuus

Tagged with , ,

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. hahahahaha
    dis ‘n baie cool storie!
    bush for president!

    maeree

    31 Januarie 2008 at 11:21

  2. Dis nie net sy kop wat oop is nie! 😈

    sonkind

    31 Januarie 2008 at 11:33

  3. HALLOOOO! Ek het so vinnig gescan en is dit so dat die trant hier heelwat ligter is op riviersonderend? Sien uit daarna om weer in te haal. Het hierdie kuierplek gemis!

    idiwidi

    31 Januarie 2008 at 18:58

  4. Ek wonder of hy weet hoe die mense vir hom lag. Hier is ‘n paar van sy “glipse” waarop ek afgekom het:

    “Our nation must come together to unite.”

    “In my sentences I go where no man has gone before.”

    “Leadership to me means duty, honor, country. It means character, and it means listening from time to time.”

    “As governor of Texas, I have set high standards for our public schools, and I have met those standards.”


    http://www.andiquote.co.za

    Louw de Twak

    31 Januarie 2008 at 21:05

  5. idiwidi?! Ek wroeg my hart uit oor verleenthede en ander persoonlike angst en jy meen die trant is ligter?

    Louw, Bush het al juwele kwytgeraak. Dankie vir die lag.

    George Maru

    1 Februarie 2008 at 7:06


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: