riviersonderend

Doodsberig

with 6 comments

So, ek voel ‘n bietjie broos vanaand (ek tik dit nou vir die derde keer – dankie WordPress!!!), nadat ek vandag my naam op skouspelagtige – selfs kleurvolle – wyse met ‘n Tendulkar-kolf gemoer het. Dit gaan my ten minste 4 leeftye neem om hieroor te kom – ek hoop hulle het goeie shrinks in die jaar 2121.

Hoe reageer jy as jy jouself so vergat het? Wel ek het al gesulk, dit afgelag, gepeins oor die diepere betekenis daarvan, gedink dit is nie so erg nie en gewens dit het nie gebeur nie. Maar ek het nog nie gegrens nie. Toe sien ek toevallig Beaches is vanaand op TV. As jy nog nie die fliek gesien het nie, dit gaan oor twee vroue se jarelange vriendskap. En dan kry die een kanker. Kinders is betrokke en mans wat ontrou is. Hectic. Bette Midler speel daarin en sing Wind beneath my wings. As jy teen die einde nie grens nie, het jy nie ‘n hart nie.

So, ter wille van solidariteit, sinkronisiteit en ander groot woorde met klein betekenisse, skink saam met my ‘n glasie wyn, en drink op my eer wat vandag oorlede is. Hier sing Bette The glory of love, ook uit Beaches, om jou in die mood te kry vir die ugly cry (dankie Oprah).

Advertisements

Written by George Maru

24 Januarie 2008 at 20:23

Posted in musiek, sommer net

Tagged with ,

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ag nee, Geroge – ek het dit al 2 keer gesien en nou het jy veroorsaak dat ek dit nou weer gaan kyk. More lyk my oë soos poffertjies van al die huil. Daai fliek is seriously ‘sad’, dis soooo mooi!

    Ek sal myself maar daarvan weerhou om te vra wat vandag gebeur het. Ek kan maar net troos deur vir jou te sê dit kan nie erger wees as wat dit vir my was toe ek op my eerste dag as kelnerin, lang jare terug, oor my eie voete geval het met ‘n pink milkshake op my skinkbord nie. Daar lê ek uitgestrek op my maag op die vloer en pienk milkshake versier omtrent 7 tafels se kliënte!

    En dit het ook verbygegaan.

    sonkind

    24 Januarie 2008 at 21:18

  2. Dan’s ek nog disleksies ook vanaand. Eers noem ek Bertus Berus en nou vir jou Geroge. Sorry George!

    sonkind

    24 Januarie 2008 at 21:19

  3. Ai, sonkind, jy is nog steeds disleksies. 😉 Mens spel Bertus! met ‘n (!) en George daarsonder.

    Dit is seker on-pc om te sê dat ek wens ek jou embarrassment kon gesien het. Ek sou waarskynlik vir jou gelag het. Ag what the hell, ek gaan anyway: 😆

    Terloops, jy wen ‘n tequila by Doodles, siende dat jy die 2,000ste comment gelos het op die blog. Ek vermoed dit beteken iets. Dalk omdat alles vanaand iets beteken.

    George Maru

    24 Januarie 2008 at 23:19

  4. Jy is skerp, hoor! Oor daai spelling met of sonder die ! 😆

    Dankie vir my Tequila, laat weet my wanneer. Maar nou gaan ek eers vir 2 weke met verlof. Vanaand slaap ek op Jacobsbaai met ‘n maag vol kreef 😈

    sonkind

    25 Januarie 2008 at 11:48

  5. Ag nee, ek het die fliek gemis! Op watter kanaal George? Word dit dalk herhaal George? Help George? Ek wil dit ook sien!!!

    [hehe, van nou af spel ek George met ‘n ?] 😆

    René

    25 Januarie 2008 at 13:01

  6. René, dankie dat jy na my emosionele welstand vra. Jy (en almal aan wie ek die naweek so ongrasieus onder die invloed van witwyn gebieg het – nou wéét ek julle moet ware vriende wees – you’re still here!) sal bly wees om te verneem dat ek vandag oorleef het en verbete klou aan die laaste bietjie waardigheid wat my nog beskore is. Die volgende berg wag Vrydag. As ek dit oorleef, is ek op die pad na herstel.

    (Ns. ek dink steeds die neon-groen onderbroek affêre is minder erg.)

    George Maru

    28 Januarie 2008 at 21:34


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: