riviersonderend

Sommige Christene se geloofwaardigheidsprobleem

with 7 comments

Soms wonder ek of sommige Christene se haat van en afsku teenoor gay mense nie maak dat hulle hulle oordeelsvermoë oor wat reg en verkeerd is, verloor nie.

So ‘n rukkie gelede het dit op die internet geselsforum, Kletskerk, aan die lig gekom dat Gospel Direct die boek, Die gebedeboek van die lewe, van hulle rakke afgehaal het omdat daar ‘n gebed in verskyn van ‘n gay persoon. Die gebed gaan as volg:

O my God,
ek is gay.
Ek weet dit lankal
al wou ek dit nie weet
en al wou ek nie so wees nie …
Of wou ek so wees?
Wees soos u my gemaak het?
Hét U my so gemaak?
Daarmee het ek nagte en dae geworstel
Die afgelope tyd wéét ek dit.
Elke oomblik van elke dag weet ek dit.
O God
Ek ontken dit nie meer nie.
Ek stry nie meer daarteen nie.
Ek weet dit net.
Help my
om myself te aanvaar vir wat ek is.
Help my
om sterk te wees en my selfrespek te behou
as die gemeente skeef opkyk,
as daar agter hande gefluister word.
Dankie dat U my só gemaak het.
Ek is lief vir myself, vir my liggaam en my gees.
Ek is lief vir U.
Amen.
Anoniem

Daarna verskyn ‘n berig in Die Beeld waarin berig word dat Lukie Carelsen, grootbaas van Gospel Direct, vuur spoeg omdat die boek in sy winkels verbied is en dat dit aan mense beskikbaar gestel moet word, sou hulle dit wil hê. Dit is wat Carelsen vir die media vertel.

Tog is daar steeds probleme om die boek by Gospel Direct te kry:

“Meneer ek is jammer en u sal verstaan my werk is op die spel as ek te veel praat maar daar is goed gesê wat nie mooi is nie,” het een van GD se mense vir my gesê. “Ons het opdrag gekry om die boek van die rakke af te haal mag dit glad nie terugsit op die rak nie. Ek wil liewer niks daaroor sê nie maar as dit sou doen voordat mnr Carelsen so sê kan ek my werk verloor,” het die persoon aan my gesê. Hy sê hulle het beslis nog nie toestemming gekry om dit te doen nie.

Dit herinner ook aan die CUM Boeke debakel en hoe blatant CUM se grootbaas gejok het en die feit dat hulle eintlik bedrog gepleeg het. Jy sê tog nie vir mense ‘n boek is uit druk net omdat jy dit nie wil aanhou nie?

In elk geval, ek wonder hoe slaap mense soos Carelsen in die nag, gegewe hulle erns met Christelike konsepte soos die tien gebooie.

Ek vermoed redelik maklik.

Advertisements

Written by George Maru

19 Januarie 2008 at 10:37

Posted in godsdiens

Tagged with ,

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek ken nie die hele storie nie, maar die bietjie wat ek daaroor gelees het, was vir my ook erg suspisieus. Watter eerlike en hartseer gebed.

    attie

    20 Januarie 2008 at 5:25

  2. Dankie dat jy hierdie saak inlig. Ek het toevallig onlangs hierdie spesifieke boek as geskenk aan twee van my familie-lede gegee en hulle albei was en is baie beindruk met die boek. Ek het toevallig ook die Beeld-berig raakgelees en toe my bejaarde Moeder (sy is 86 en ek klassifiseer haar as konserwatief), wat die ontvanger was van een van die geskenke, gevra oor hierdie gebed en debakel. Sy het my meegedeel dat sy nie die hele debakel kan verstaan nie en dat dit haar hartseer maak dat Christene so optree. Ek kan net haar woorde eggo.

    Graag wil ek net hier noem dat twee of drie baie goeie gedigte van my goeie vriend, Johan Horn, ook in hierdie boek ingesluit is.

    http://boerinballingskap.wordpress.com/2007/08/28/uit-die-hart-van-n-vriend/

    Hy het vroeg-vroeg ‘n kopie ontvang en dis juis op sy aanbeveling wat ek die boek as geskenk gekies het.

    boerinballingskap

    20 Januarie 2008 at 11:43

  3. ek steek gereeld “christelike” boeke tussen boekrakke of ander boeke in winkels weg. maar ek moes opgee met plekke soos cum boeke – die nonsens is net te veel. en wanneer daar wel die slag iets leesbaar verskyn… nou ja.

    maeree

    21 Januarie 2008 at 15:10

  4. attie en boer, ek stem saam en dankie vir die kommentaar.

    😆 @ maeree

    George Maru

    21 Januarie 2008 at 20:20

  5. Ek wonder, is dit dieselfde Lukie Carelsen wat ‘n direkteur was/is van Noupoort

    Dieselfde plek waar daar ‘n dik verslag van die departement van maatskaplike werk uitgekom het so paar jaar gelede oor erge beweerde menseregte vergrype? Of is dit ‘n ander Lukie?

    rosalindfranklin

    22 Januarie 2008 at 16:24

  6. Is dieselfde Lukie.

    rightsaidreverend

    24 Januarie 2008 at 11:52

  7. mmmmmm….dankie rightsaidreverend.

    dit sê vir my baie.

    rosalindfranklin

    25 Januarie 2008 at 16:56


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: