riviersonderend

Nuwe kopskrif ’08

with 9 comments

Die woorde is uit ‘n gedig van Antjie Krog. Die bundel is Beminde Antarktika. (Ek weet, ek weet, maar ek kon die versoeking nie weerstaan nie.)

12.jpg

Advertisements

Written by George Maru

7 Januarie 2008 at 21:51

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pragtig, die gedig en die prentjie, ma wa kry ky die prentjies?

    mykopop

    8 Januarie 2008 at 8:18

  2. lol
    i like

    maeree

    8 Januarie 2008 at 9:32

  3. Ek dink daai reenboog-pikkewyn het die vloed in die dae van Noag oorleef…. dis net vir my verstommend hoe daai “reenboog-pikkewyn-tipe” deur die eeue heen telkens ‘n “come back” maak..

    Toe Jesus op Vrydag 1 April AD 33 aan die kruis gehang het en daar ‘n aardbewing was het die gewone ou pikkewyne wat daar was tot die volgende gevolgtrekking gekom…(Mat 27:54) En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.

    Soos wat alles oor die Messias se eerste koms in die Skrif geskrywe was en die “normale pikkewyne” dit nie geglo het nie staan alles oor Sy tweede koms ook in die Skrif geskrywe… (dit kos natuurlik erenstige Bybelstudie om te ontdek wat alles in die Skrif aangeteken is, iets wat die bykans 2 Biljoen “christene” wat hulself nog onder die gesag van een of ander kerk bevind kwalik doen…!?)

    Ons kan daarom dit te wagte wees dat die “begin van die einde” wat tussen 21 Mei 2011 en 21 Oktober 2011 gaan afspeel, ook met ‘n aardbewing kan “afskop”…. en wel een soortgelyk aan die een waarna die volgende Skrifgedeelte verwys…

    (Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

    (Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

    ‘n Aardbewing soos daar nog nie gewees het vandat die mens op die aarde was nie…. so ‘n geweldige aardbewing!

    Maar tot dan toe sal dit normale “pikkewyn-business as usual” wees… en wel soos ook deur die Woord van God verklaar…

    (Mat 24:37) En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    (Mat 24:38) Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

    (Mat 24:39) en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    Geniet die laaste minder as 3 en ‘n half jaar ….. Leef voluit asof vandag jou “laaste reenboog-dag” is..!!!

    johannes coetzee

    8 Januarie 2008 at 10:35

  4. Toevallig vir Antjie Sondagaand op ons televisie gesien (hier in Nederland). Shame, sy kan maar nie aanvaar dat die struggle verby is nie. Sy walg my.

    machiel

    8 Januarie 2008 at 14:24

  5. Hou van die pikkewyne! Veral die reenboog ene, pas mooi hier in ons ou landjie 😆

    sonkind

    8 Januarie 2008 at 15:31

  6. Mykop, dit hang maar af – die een het ek op istockphoto gekry op soek na iets anders.

    Machiel, ek sal nie weet wat Antjie gesê het wat jou so gewalg het nie. So ek kan nie regtig kommentaar lewer nie. Ek dink wel sy is meer bekend met ‘n deel van ons geskiedenis as die gemiddelde Afrikaner (lees maar byv. Country of my skull).

    Sonkind, pikkewyne is cool. Ek aanvaar jy was darem al by Simonstad se kolonie. Daar is mos ‘n dokumentêr van hulle gemaak, City Slickers, as ek reg onthou. Baie cool.

    George Maru

    9 Januarie 2008 at 7:38

  7. Man, miskien is dit nie so erg nie, maar as mens geleentheid kry om drie sinne op internasionale televisie kwyt te raak, kan jy dit beter gebruik.

    My geheue is nie goed genoeg om presies aan te haal nie, maar dit was iets soos:

    1. Die blanke Afrikaner sien dat die wêreld ‘n swart gesig vir Afrika wil sien en dus onttrek hulle hulle nou tot minderwaardige beroepe waar hulle ‘n stil bestaan uit die sig kan voer.

    2. Sy voel blykbaar verryk deur die feit dat die Kaap vol moslems is. Dat sy Moslemskrywers se goed kan lees en dit kan onderrig op skool.

    Maar dis die derde sinnetjie wat die bloed onder my naels weggehaal het:

    3. Die huidige regering sny al hierdie ryk wit rassiste kort. Hulle sit nog in hulle huise en praat van die kaffers, maar as hulle uit hulle huise uitkom, word hulle geforseerd om vir die swartes “meneer” te sê.

    (Ek het Country of my skull nie gelees nie, maar die film gesien. Dit gee mens ‘n baie ander perspektief oor die WVK – petjie af vir mev Krog)

    Maar dit was eintlik aan die ander kant van die kleurgrens ook nie anders nie, ook aan daai kant het hulle op hulle eie stoep gepoef. So vertel die gekleurde vrou dat die huidige regering nou die waterkraan voor haar huis (deur die vorige regering geplaas) wil weghaal en haar forseer om tot by die grootpad te loop vir water.

    Dieselfde vrou het gesê: Vryheid? Wat is vryheid? Ons oumense het nie vryheid nie. Die jeug miskien wel, hulle het nou vryheid om met gewere te loop en mekaar te skiet. Ons het nooit soveel gehoor van jongmense wat mekaar doodskiet, soos onder die ANC regering nie.

    Sorry, ek praat nou te lank. Ek sal nou ophou. Ek wil net byvoeg dat SA baie min blootstelling hier kry. Dit is jammer dat hierdie dan die boodskappe is wat uitgedra word…

    machiel

    9 Januarie 2008 at 16:30

  8. Ek het gou die onderhoud weer opgesoek (en weer gekyk) en ek moet sê, ek was miskien bietjie té fel in my oordeel, maar ek voel nog steeds dat mens daai paar minuutjies beter kon gebruik.

    Die met genoeg bandbreedte kan die sien op http://www.vpro.nl/programma/vandisinafrika/afleveringen/37384068/

    Groete

    machiel

    9 Januarie 2008 at 16:39

  9. Ek is besig om my moer vir WordPress te strip. Vir die een of ander okkultiese rede land bona fide bydraes deesdae in my spammandjie. Johannes en maeree, jammer, ek het nou eers julle bydraes raakgesien tussen die p*rn en vi@gra aanbiedinge.

    Bad wordpress. Bad.

    Machiel, dankie ek gaan dit bietjie kyk.

    George Maru

    10 Januarie 2008 at 19:27


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: