riviersonderend

Arrivederci mede-bloggerati!

with 10 comments

 

kersfees.jpg

Nou ja, dit is feestyd en dit is ook verjaarsdagtyd. 26 Desember sal riviersonderend presies een jaar oud wees. Ja, die blog het op Welwillendheidsdag (in Engels bekend as Boxing Day) die lig gesien.

Baie water het intussen in die rivier geloop. Ek wil nie nou te veel skryf oor volgende jaar nie, maar daar gaan ‘n paar veranderinge wees. Die tyd het aangebreek om bietjie koers te verander. Diegene wat die afgelope paar maande aanhou lees het, ten spyte van die doellose ronddobbery, dankie.

Intussen wens ek elkeen ‘n wonderlike feesgety toe. Spandeer en vier dit op die manier wat vir jou sin maak. Dans waar jy ook al mag wees.

Riviersonderend gaan ook stiller raak gedurende hierdie tyd, want George gaan Italië toe. Wat maak ‘n mens in Italië in die winter, wil jy weet?

Maklik, jy drink chianti en grappa, eet antipasti, primi, secondi en i dolci. En dan gaan hang jy rond in Monsummano Terme se spa’s. En jy gaan shop in Firenze. En jy het ‘n date met Michaelangelo. En besoek moontlik Elba, nie omdat jy lus is vir Napoleon se sad storie nie, maar omdat jy op ‘n ferry wil ry. Of dalk doen jy dit maar net om weer goeie vriende wat oor 4 kontinente versprei is, te sien.

Ek is klaar besig om my Italiaans op te knap, want sekere dinge moet jy kan sê, soos:

Vorrei una birra/vino rosso/vino blanco (Ek soek ‘n bier/rooi wyn/wit wyn).
Basta! (Hou op).
Il motore si scalda (Die enjin oorverhit).

Ek sluit die jaar af (as daar nie ‘n internet-kafee langs die Bar Trattoria is nie – wat ek werklik hoop nie die geval is nie) met ‘n ietsie vir Stille Nag-aficionados. Ek hou daarvan, want dit is in Gallies, die naaste menslike taal aan die elwe se taal in Lord of the Rings:

My wens hierdie feesgety is van John O’Donohue:

May you be blessed with good friends.
May you learn to be a good friend to your self.
May you be able to journey to that place in your
soul where there is great love, warmth, feeling and forgiveness.
May this change you.
May it transfigure that which is negative, distant or cold in you.
May you be brought in to the real passion,
kinship and affinity of belonging.
May you treasure your friends.
May you be good to them and may you be there for them;
may they bring you all the blessings, challenges, truth and light
that you need for your journey.
May you never be isolated; but may you always be
in the gentle nest of belonging with your
anam cara.

In lig en liefde

Advertisements

Written by George Maru

18 Desember 2007 at 20:16

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. En mag ek dan die eerste wees om vir jou voorspoedige reis, Geseënde Kersfees en ‘n vreugdevolle 2008, toe te wens!

    26 Desember was ook my geliefde Oupa se verjaarsdag. Geluk met die blog se een jaartjie en ek, beslis, hoop dat hierdie rivier nooit ‘n einde sal kry nie.

    Jou blog is die een wat ek altyd, sonder uitsondering, kom lees. Soms het jy so diep gepraat, dat ek nie woorde gehad het nie. Maar ek het altyd gelees en ingeneem.

    So moenie dink jou skrywes was net doellose ronddobbery nie.

    Terwyl jy in Italië “galavant”, sal ek maar ‘n glasie op jou klink by Doodles!

    Geniet dit!!!

    sonkind

    18 Desember 2007 at 21:03

  2. geniet 🙂

    Johan Swarts

    19 Desember 2007 at 2:07

  3. Veilig reis! En veels geluk met die verjaarsdag van hierdie kind van jou. Ek is seker dat op eenjarige ouderdom leer hy/sy maklik nuwe truuks. (Is dit die regte Afrikaans vir “tricks”?)

    Hugo

    19 Desember 2007 at 6:47

  4. Beste wense vir die Feesseisoen en geniet elke oomblik (die lewe is immers ‘n klomp saamgeflanste oomblikke). 8)

    boerinballingskap

    19 Desember 2007 at 11:41

  5. ….en ‘n baie roerende weergawe deur Enya

    boerinballingskap

    19 Desember 2007 at 11:42

  6. “Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.”

    Geniet die 4de laaste Kersfees

    Ek dink jy weet vanwaar die aanhaling kom…!

    johannes coetzee

    19 Desember 2007 at 11:49

  7. Ek hoop jy geniet jou tyd in Italië. Veels geluk met die verjaardag van die rivier: mag hy oorvloedig wees in die nuwe jaar!

    mykopop

    28 Desember 2007 at 10:38

  8. George, wat is chianti, grappa, antipasti, primi, secondi en i dolci? Dit klink hemels??? Please do share!

    René

    4 Januarie 2008 at 9:22

  9. Dankie vir die mooi wense.

    René, chianti is ‘n Italiaanse rooiwyn. Grappa is amper soos witblits, net nie so sterk nie, maar lekker. Primi is die gereg na antipasti (voorgereg), secondi is hoofgereg en dolci is nagereg. Die Italianers weet hoe om te eet.

    George Maru

    5 Januarie 2008 at 17:06

  10. Ek wil graag ‘n Italianer wees in my volgend lewe…!

    René

    7 Januarie 2008 at 9:26


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: