riviersonderend

Die begin van ‘n antwoord

with one comment

‘n Ruk gelede is daar hier gepraat oor die moontlike relevansie al dan nie van die goddelike. Eintlik wil ek by Gorecki se 3de simfonie (The Symphony of Sorrowful Songs) begin om die vraag te antwoord. Maar ek het gedink dat dit dalk ook nodig is om kortliks te verduidelik hoekom reeds gebaande weë nie ernstig as opsies oorweeg kan word nie. Daarmee bedoel ek natuurlik dat daar nie metafisiese antwoorde te vinde is in die Christelike geloof nie.

Aangesien daar genoeg materiaal is wat oortuigend die probleme met Christelike dogma aangetoon het, wil ek nie regtig hierby vashaak nie. Ek plaas wel 4 aanhalings wat in ‘n neutedop van my grootste probleme met hierdie geloofsisteem vasvat:

Albert Ellis: In a sense, the religious person must have no real views of his own and it is presumptuous of him, in fact, to have any. In regard to sex-love affairs, to marriage and family relations, to business, to politics, and to virtually everything else that is important in his life, he must try to discover what his god and his clergy would like him to do; and he must primarily do their bidding.

Albert Einstein: If people are good only because they fear punishment, and hope for reward, then we are a sorry lot indeed.

George Smith: In exchange for obedience, Christianity promises salvation in an afterlife; but in order to elicit obedience through this promise, Christianity must convince men that they need salvation, that there is something to be saved from. Christianity has nothing to offer a happy man living in a natural, intelligible universe. If Christianity is to gain a motivational foothold, it must declare war on earthly pleasure and happiness, and this, historically, has been its precise course of action. In the eyes of Christianity, man is sinful and helpless in the face of God, and is potential fuel for the flames of hell. Just as Christianity must destroy reason before it can introduce faith, so it must destroy happiness before it can introduce salvation.

Paul Churchland: History aside, the almost universal opinion that one’s own religious convictions are the reasoned outcome of a dispassionate evaluation of all the major alternatives is almost demonstrably false for humanity in general. If that really were the genesis of most people’s convictions, then one would expect the major faiths to be distributed more or less randomly or evenly over the globe. But in fact they show a very strong tendency to cluster…which illustrates what we all suspected anyway: that social forces are the primary determinants of religious belief for people in general. To decide scientific questions by appeal to religious orthodoxy would therefore be to put social forces in place of empirical evidence…

Om dus die vraag te antwoord sal ‘n mens baie verder moet soek. Geloof bied ‘n skuilplek teen die realiteit van die vrae van ons bestaan.

Daarmee meen ek nie dat mitologie nie waarde het nie. Mens moet net versigtig wees om dit nie vir die waarheid aan te sien nie.

Advertisements

Written by George Maru

14 Desember 2007 at 7:01

Posted in spiritualiteit

Tagged with ,

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Watse waarde bied mitologie? Dis juis die mens se soeke na waarheid wat hom dinge laat doen soos om selfs hul eie kinders deur vuur te laat verbrand as ‘n offer aan sy god, in die hoop dat hy met sy god kan “regmaak”.

    God bied deur Sy Woord (die Bybel) die enigste ware skuilplek. Vir solank die mens homself buite daardie skuilplek bevind is hy vir sy hele lewe (in sy diepste wese) opsoek daarna. Sommige noem hierdie soek ‘n reistog andere noem hierdie soektog ‘n reis.

    Wanneer God hom dan (soms op ‘n Damaskuspad) uiteindelik daardie ewige skuilplek(ons kan dit ook innerlike vrede) gee kom hy met ‘n “bang” agter dat alle ander skuilplekke soos veral die werk en die kerk maar net ‘n mite was.

    (Psa 91:1) Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

    Iemand wat te kenne gee dat hy nie ‘n begeerte het om vir ewig vreugde en vrede is soos Esau wat sy eersgeboortereg vir ‘n pot lensiesop verruil. Jy weet nie wat jy verloor het totdat jy sien dat jou broer alles ge-erf het.

    Wanneer jy uiteindelik sonder verdienste hierdie erfenis ontvang dan wil jy dit so graag met jou familie en vriende en ja selfs jou vyande deel…!

    Baie van hulle met wie jy hierdie inligting aangaande hierdie Skuilplek wil deel dink jy is besig om ‘n mite aan hulle voor te hou en te verkoop…!

    Wanneer die laaste vyf maande van die bestaan van hierdie “mitologie” wat uit die Bybel afkomstig is op 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 ‘n realiteit word behoort ons meer duidelikheid te kry oor wat Waarheid en wat mite was.

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    Dalk die begin van ‘n antwoord… of dalk die einde daarvan…?

    johannes coetzee

    14 Desember 2007 at 10:47


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: