riviersonderend

As jy anders was…

with 11 comments

Almal van ons het ons voorkeure. Uit die aard van die saak deel ons nie noodwendig mekaar se voorkeure nie. Ek lees hier van sonkind se voorkeure, en wonder toe as jy nie straight/gay was nie, maar aan die anderkant van die draad gewei het, op wie sou jy ‘n hopelose crush gehad het? Hel, skrap daai laaste sin, jy hoef nie eers aan die anderkant van die draad te wei nie…

Wie is jou man crush, of woman crush?

Ek wou natuurlik Angelina Jolie gekies het, maar dit sal te boring wees. Wie sal haar nie kies nie?

So, sonder enige verdere verwyl, hier is my hottie:

crow.jpg

Sheryl Crow mense!

Advertisements

Written by George Maru

12 Desember 2007 at 6:31

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 😆 😆

    George, as jy nie straight/gay is nie, maar aan die anderkant van die draad gewei het – ha ha ha. Sorry, maar die lag wil-wil net elke keer opborrel. Dan was jy seker albei – bietjie straight en baie gay; of baie straight en bietjie gay.

    Elk geval – daarmee het ek ook nie ‘n probleem nie. Wil net vir jou sê – jou keuse is PUIK! Sy sou maar haar skoene ook onder my bed kon los as die Son nou sou skeef trek! 😈

    sonkind

    12 Desember 2007 at 8:15

  2. My, wat noem jy dit, man crush was altyd Brad Pitt gewees, maar ek is die laaste tyd bietjie af van hom af. Die mees onlangse crush was Gael Garcia Bernal…

    My woman crush, mmm… Tuwwe ene. Ek hou van die speelsheid van daai pops van City of Angels. Wat’s haar naam nou weer?

    Iemand waarop ek helemaal versot is is Sandra Bullock. Ek het nie soseer ‘n crush op haar nie, maar ek dink ons sal baie goeie vriende kan wees.

    Adam

    12 Desember 2007 at 8:49

  3. Brad Pitt! B R A D P I T T!!! Ek het Brad Pitt vergeet! Hoe KON ek van Brad Pitt vergeet het?! Soos wat hy in Troy gelyk het! Daai is ‘n KYKBARE mansmens – sjoe!

    sonkind

    12 Desember 2007 at 9:17

  4. Sjoe, daardie foto probeer-miskykende sien ek darem ook ‘n kurktrekker lê en wil vir jou ‘n geseënde Kersfees en ‘n mooi 2008 toewens!

    Blogging off.

    mykopop

    12 Desember 2007 at 12:57

  5. Is dit regtig Sheryl Crow of net die manier waarop sy sit? 😉
    My eerste keuse is maklik:

    http://boerinballingskap.wordpress.com/?s=tori+amos

    boerinballingskap

    12 Desember 2007 at 14:31

  6. Nee! Nee! Nee! ‘n Man crush is iets wat straight mans en (nou volgens my ook) gay vroue het. Straight vroue en gay mans kry ‘n woman crush. Volgens Urban Dictionary: a man crush is a very strong feeling that one straight man has for another, bordering on the romantic but not the sexual. It’s love allright but not the love that makes you want to get into his pants.

    Sonkind, jy weet wat ek bedoel. Moenie nou my woorde so verdraai dat ekself nie meer weet wat ek is nie. 😈

    Adam, sy moes ‘n moerse indruk gemaak het as jy nie eers haar naam kan onthou nie! 🙂

    Mykop, baie dankie. Selfde daar vir jou!

    Boer, Tori is hot. Ongetwyfeld.

    George Maru

    12 Desember 2007 at 19:47

  7. Jack Johnson.

    En sy music is ook onbeskryflik.

    kyk hier: http://www.jackjohnsonmusic.com/uploads/gallery/2003-08-08_SBBowl.jpg

    En natuurlik vlermuis.

    kat

    13 Desember 2007 at 20:08

  8. My woman crush kan niemand anders as ….*drumroll*…. Madonna wees nie!! 😈

    René

    14 Desember 2007 at 10:46

  9. kat, great smaak! Sjoe. Jack Johnson. Oor vlermuis: ek sal jou op jou woord moet neem.

    René, sy verdien dit. Sy bly ongelooflik.

    George Maru

    18 Desember 2007 at 20:22

  10. Ek het hééltemal lam knieë oor Diana Krall – Jirre, daardie mond! Daardie stem, haar hande…. Ai jai jai!

    K ‘-)

    Karin

    30 Desember 2007 at 11:28

  11. Ek het ‘n ding vir Diana Krall. Daardie mond, die stem, die hande… maak my knieë lam! Ai jai jai…

    K ‘-)

    Karin

    30 Desember 2007 at 13:27


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: