riviersonderend

Onthulling

with 10 comments

Die babes (René, sonkind, oopkop) het my getag! Dit beteken dat ek iets van myself moet onthul. Ek het gedog ek kan julle vertel dat ek ‘n taurus is, maar dit sal die nie-tauri net jaloers maak.

So, sonder enige verwyl.

1. Ek het onlangs plek gemaak in my iTunes biblioteek vir Dolly Parton. Dolly Parton mense!

2. Ek drink nie meer saam met lesbiete nie. Sommige lesse leer mens op die harde manier. Ek is blykbaar ‘n sissie wat tequila betref.

3. Ek het al op ‘n bekende Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar se grasperk in Irene gevomeer. Dit is die oorsprong van ‘n baie ongelukkige bynaam.

4. Die TV-reeks Northern Exposure (oorgeklank in Afrikaans as Goeiemôre Alaska) het as inspirasie gedien vir een van my top sexual fantasies. Weens logistieke probleme was dit nog nie uitvoerbaar nie. (Ek sweer my hits gaan vertrippel oor die gebruik van die term “sexual fantasies”. Sexual fantasies. Sexual fantasies. Sexual fantasies.)

5. Ek het al Love on the rocks voor die haaitenk in die Two Oceans Akwarium gekaraoke met ‘n mikrofoon in die een hand en ‘n glas whisky in die ander.

6. Ek kan nie sing nie.

7. Ek het al gepreek. Ook op troues. En eerste ekstra wyn by die bar gaan haal.

8. Ek het nog nooit iets gedoen waaroor ek bitter spyt was nie. Wel goed nie gedoen nie waaroor ek spyt is.

Ek tag vir: die Rev, Karin, idiwidi (as die vrou naby die internets is), alleman, Johan, Hugo, fredddels, Nico en oppietrap (staan op, demmit!). Ek dink die ander is reeds getag.

Advertisements

Written by George Maru

27 November 2007 at 21:39

Posted in sommer net

Tagged with

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. oe! oe! my gunsteling onderwerp…
    dit is ‘n doodsonde om te sê jy het ‘n sexual fantasy en dan nie uit te brei nie!
    sies, vertel nog!

    maeree

    28 November 2007 at 9:49

  2. Dolly Parton?? Uhm…

    boerinballingskap

    28 November 2007 at 14:32

  3. Het Dolly toe ingepas in die beskikbare spasie?
    Die idee van “onthulling” is dat jy moet sê wat is die bynaam!

    mykopop

    28 November 2007 at 15:48

  4. Aaah Nooit! Dolly Parton! Dis amper erger as my Bles Bridges, George!

    Jy KAN MOS NIE dat die lesbaniërs jou onder die tafel indrink nie! Volgende keer moet jy ‘n SOS uitstuur, dan kom help ons jou drink en wys die lesbaniërs ‘n punt of twee!

    Ek dink punt 3 & 4 verdien elkeen ‘n hele post op hul eie! Details George, details!

    sonkind

    28 November 2007 at 18:54

  5. Punt 4? Wow, jy ook? 😉

    fredddels

    28 November 2007 at 21:34

  6. Maeree, nee. Ek het die teeblare geraadpleeg en dit lyk my die kanse is groter dat Johannes reg is oor 2011 as dat jy ‘n uitbreiding gaan kry.

    Maar dalk moet jy vir ons ‘n post doen oor sexual fantasies? Soos byv. hoekom koppel sekere mense (ek kan nou nie aan voorbeelde dink nie…) hulle fantasieë aan sekere plekke, soos byvoorbeeld Victoria-Wes (net ‘n voorbeeld…) En moet dit noodwendig uitgeleef word? Ens. Ens.

    Boer, laat hy wat kan die eerste klip gooi.

    Mykop, met ‘n bietjie moeite ja! Sien ook antwoord aan maeree.

    Sonkind, sien ook antwoorde aan maeree en Boer. Ek sal jou opneem op jou aanbod. Ek het ‘n lang geheue en vergeet nie maklik nie. Na die tyd het ek verneem dat daar teen my opgegang is ter wille van almal se genot. Geregtigheid sal nog seëvier.

    fredddels ?!

    George Maru

    29 November 2007 at 6:51

  7. George

    Dankie vir die vermelding van 2011. (21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 is die laaste 5 maande of 153 dae van die bestaan van hierdie heelal)

    Dis nie toevallig dat die 21ste Mei 2011 met die 17de dag van 2de maand van die Hebreeuse kalender identifiseer nie. Dit is 7000 jaar na die Vloed in die dae van ou Noag (die vloed was volgens ons huidige kalender word bereken op 4990 VC). Dit was die laaste dag vir diegene wat hulself buite die ark bevind het.

    (Gen 7:11) In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

    Ewe merkwaardig is dat die 21ste Oktober 2011 identifiseer met die laaste dag van die Fees van Tabernakels wat deel was van die Jode se Feeste wat jaarliks tydens die Sewende Nuwemaan gehou was en waartydens die Laaste Finale Einde van die jaar oes ingebring is!

    Tempelinwyding: (2Kron 7:10) En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.

    WOW daar word van elke dag en elke jaar in die Skrif rekenskap gegee van die Begin tot die Einde….!

    (Jes 46:9) Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;

    (Jes 46:10) wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

    johannes coetzee

    29 November 2007 at 9:21

  8. ek sukkel om te verstaan hoekom drie nulle ‘n getal spesiaal maak.

    Johan Swarts

    29 November 2007 at 10:16

  9. […] as iemand van sterretekens skryf hou ek summier op met lees – ek moes dit ook gedoen het toe hier gelees […]

    van sterretekens « alleman

    30 November 2007 at 12:56

  10. George, moes jy nou weer slapende honde wakker maak??

    Uhm, ek wou ook vra oor Dolly Parton, maar my “klip” is Kenny Rodgers, so ek bly maar eerder stil! (Island in the stream – nogal ‘n duet met tannie Dolly – is een van my favourites op sy Greatest Hits… het ek dit hard gesê?)

    (5) – hou hul gereeld karaoke geleenthede by die Two Oceans Akwarium??

    René

    3 Desember 2007 at 9:19


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: