riviersonderend

Het jy geweet?

with 5 comments

Goed wat jy gedink het jy weet maar waarskynlik verkeerd is:

* Die land met die meeste tiere is Amerika (hulle bly in dieretuine en word as troeteldiere aangehou).

* Daar was nie ‘n vloek op Toetankamen se graftombe nie (haai nooit!)

* Columbus het gedink die wêreld is peervormig.

* Haggis kom van Griekeland, kilte van Ierland, hoender tikka masala van Glasgow.

* Sjampanje is ‘n Engelse uitvindsel.

* Kamele stoor nie water nie, maar vet.

* Slegs 5 uit elke 100,000 paper clips word gebruik om papiere aanmekaar vas te maak.

Al hierdie inligting en nog vele meer kom uit die boek The Book of General Ignorance.

51iybnzr7jl_aa240_.jpg

Advertisements

Written by George Maru

26 November 2007 at 7:03

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Die een van die paper clips het ek vermoed, want die meeste word gebruik om biltong op te hang. Weet hulle van biltong in die boek?

    mykopop

    26 November 2007 at 10:00

  2. ek het glad nie van die paperclips geweet nie. waarvoor gebruik hulle dit?

    Johan Swarts

    26 November 2007 at 12:04

  3. Ek het gister een oopgebuig om in daardie gaatjie in ‘n DVD-R/W aandrywer te druk as hy nie wil oopmaak nie. Dis die gereedskapstuk wat aanbeveel word.

    mykopop

    26 November 2007 at 12:50

  4. Het jy geweet?

    Die mees gelese “het jy geweet” infoblad is die “chappies” infoblad….

    5 miljoen chappies word per dag gesmous…

    http://66.102.9.104/search?q=cache:Si_CKaoWUjoJ:free.financialmail.co.za/innovations/06/0707/iinn.htm+%22chappies%22&hl=en&ct=clnk&cd=5

    As ons tog maar net so aan die teksverse van die Bybel wil kou..!

    Ek dink die mees gelese gedeelte van die Bybel is die woorde

    (Gen 1:1) In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

    (Gen 1:2) En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

    (Gen 1:3) En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

    Bron: eie raaiskoot

    johannes coetzee

    26 November 2007 at 15:10

  5. Ek gebruik paperclips om somtyds moelike gleufies skoon te maak. Ek draai net ‘n klein stukkie watte of iets om die paperclip.

    sonkind

    26 November 2007 at 19:57


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: