riviersonderend

Perspektief

with 5 comments

Ek het besluit om nie kommentaar te lewer op die hele Deon Maas-debakel nie. (As jou hart warm klop oor wat die goeie Christen Afrikaners vermag het, kan ek belowe dat my opinie jou ook sal offend – maar dit daar gelaat.)

Weer het ek besef hoe verwyderd ek van my gemiddelde volksgenoot geraak het. Ons het werklik nie meer veel in gemeen nie, behalwe dat ons ‘n moedertaal deel. Ons lees nie dieselfde koerante nie. Ek wend nog so af en toe ‘n desperate poging aan om Die Burger te lees, maar ek vermoed die Afrikaanse pers het nog so 10 jaar nodig, voordat jy dit met jou brein aangeskakel daar naby kan waag. My en Rapport se paaie het jare gelede reeds geskei toe hulle Barend Strydom, die wit wolf wat ‘n klomp swart mense op Strydomplein doodgeskiet het, se storie op die voorblad uitgebasuin het. Om nie van die ander onsmaaklikhede wat met die hele besigheid gepaard gegaan het, te praat nie.

So, ek is toe so aan die dink hoe ek alweer uit die Afrikanerdóm gaan bedank, toe ek besef dit kon veel erger gewees het. Ek kon vandag in Bagdad se strate geloop het, met die rympie wat ek aan elke tweede persoon moes opsê:

“Oh, yes, yes. I am so sorry we destroyed your country, but you know it is like this. We have a retard for president. I know, yes, we did vote for him. Twice. I am so sorry. Please just don’t think we are stupid.”

Die Afrikaner se manewales mag dalk ‘n intellektuele verleentheid wees, maar ten minste is dit relatief skadeloos.

So hier sit ek steeds, met ‘n lidmaatskapkaartjie wat ek maar net nie opgeskeur kry nie.

Maar genoeg van sulke onsinnige praatjies. Ek het ‘n SMS-veldtog om te begin. Die Grand Prix-motors se lawaai pla my geweldig.

Sondagsport is uit die bose. Kom SMS saam met my vir Die Saak.

Boikot Supersport!

Written by George Maru

16 November 2007 at 20:54

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George – ek staan vandag skuldig. Oor die hele Rapport-Deon Maas debakel het ek eerder probeer stilbly omdat ek ook bang was my mede-bloggers word “offend”. Ek is hoeka lankal reeds ge-lable as ‘anders en weird’.

    My beskeie opinie is egter dis ‘n storm in ‘n teekoppie en bottomline – ‘n pot snot. Pleks mense hulle kollektiewe kragte gebruik om iets aan die misdaad in hierdie land te doen, in plaas van duiwels jaag. Duiwels wat jou in elk geval nie behoort te pla as jy jouself ‘n Christen noem nie.

    Moet asseblief nie jou lidmaatskapkaartjie opskeur nie. Soos Jeanne Goosen tereg geskryf het: “Ons is nie almal so nie.”

    sonkind

    17 November 2007 at 7:49

  2. O ja, wou net byvoeg – ek het nog nooit Rapport gelees nie, so ek kon dit in elk geval nie boikot nie 😈

    En jammer, ek HOU VAN die Grand Prix, so sal jou ongelukkig nie in hierdie veldtog kan join nie – miskien in die volgende een?

    sonkind

    17 November 2007 at 7:51

  3. Dis ‘n baie ware punt. Afrikaners is nie die mees narrow-minded nasie in die wêreld nie, maar hulle is beslis te narrow-minded vir ‘n ordentlike mens om 100% tuis tussen hulle te voel.
    Ahh, Kanada . . .
    Dalk moet iemand ‘n SMS-veldtog begin en vrydenkers en grondwet-respekters vra om Rapport volgende Sondag te boikot.

    Bertus!

    17 November 2007 at 11:56

  4. Sonkind, jy dwing my nou om vuil te faait… 😈 Schumacher was overrated!

    Bertus!, help my! My selfbeheersing is besig om in te gee. Ek het klaar ‘n titel vir die post “Afrikaners is eenvoudig en dan maak hulle so… Jesus, is jy nog lief vir my?!” Nee wag, ek gaan myself beheer. Ek weet ek kan.

    O ja, ek dink nie vrydenkers en grondwet-respekters lees die Rapport nie 😉

    Net ‘n vragie oor al die kommentaar oor die onderwerp: So wanneer gaan die SMS-bende ophou met die persoonlike aanvalle op Deon en actually die punt wat hy aangeraak het, debatteer? Of is dit te lekker om in die liggewigafdeling rond te trippel en doelloos vuishoue na spoke te mik? Mmmm???

    George Maru

    17 November 2007 at 13:11

  5. Ek gaan nie oor die Maasdebakel blog nie. Dit sal net ‘n ou kwaai bitter post wees. Ek is so disgusted in Afrikaanse Christene. Ek is so disgusted.
    Ek is so o so disgusted.

    Bertus!

    17 November 2007 at 17:20


Lewer kommentaar op sonkind Kanselleer antwoord