riviersonderend

Die kat kom weer & As jy my liefhet

with 5 comments

Daar het ‘n kat in ‘n klooster gebly wat een aand ‘n vreeslike bohaai gemaak het. Die monnike kon nie mediteer met al die lawaai nie. Die hoof van die klooster het beveel dat die kat vasgemaak moes word.

So gesê, so gemaak.

‘n Klompie jare het verbygegaan en die hoof is dood, en die kat is steeds elke aand vasgebind tydens meditasie. Toe die kat ook dood is, het die monnike ‘n ander kat gekry om in die aande vas te bind as hulle mediteer.

Jare het verbygegaan en eeue geword. Nuwe geslagte monnike het elke aand steeds tydens meditasie ‘n kat vasgebind. Ingewikkelde, geleerde boeke is geskryf oor die diepere betekenis en noodsaaklikheid daarvan om ‘n kat vas te maak tydens meditasie.

***

Twintig monnike en een non, genaamd Eshun, het meer van meditasie geleer by ‘n vername leermeester. Alhoewel Eshun se kop kaal geskeer was, en sy eenvoudig aangetrek het, was sy pragtig. Van die monnike het op haar verlief geraak.

Een monnik het vir haar ‘n liefdesbrief geskryf en gevra dat hulle mekaar in die geheim moet ontmoet. Eshun het die anonieme brief geïgnoreer.

Die volgende dag, nadat die leermeester klaar gepraat het, het sy opgestaan en aan haar onbekende bewonderaar gesê: “As jy my werklik so lief het, staan op en kom omhels my.”

Advertisements

Written by George Maru

11 November 2007 at 7:43

Posted in boeddhisme

Tagged with ,

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Die Kat: ‘n Uitstekende voorbeeld van die mens se aanvaarding van rituele gebruike sonder om die oorsprong te bevraagteken. Ek wonder hoeveel sulke gewoonte-rituele in die Westerse kerke in gebruik is. Ek meen… what’s up met die rookborrels wat die Katolieke priesters so oor alles rondswaai…

    Die liefde: Mooi storie, maar heel onprakties. Jirre, sê nou maar net die ou is ‘n dwis of laat my gril… ek slaat hom disnis met my handsak as hy sommer so in die openbaar kom omhels… ‘-)

    Karin

    11 November 2007 at 7:59

  2. En so word vertel van die boeretannie wat altyd ‘n stukkie van die boudvleis afgesny het, voor sy dit in die pot gesit het. Dogter neem die gewoonte oor: sny stuk af en sit die 2 stukke in die pot. Kleindogter word groot. Tyd vir boudvleis-gaarmaak. Vra haar ma waarom sny sy ‘n stukkie af? “Omdat jou ouma my so geleer het”, antwoord ma. Kleindogter gaan vra vir ouma. Ouma antwoord: “Want die pot was te klein”.

    RMB

    12 November 2007 at 13:58

  3. Sal ‘n kat nie selfs meer geraas maak as dit vasgebind is nie?

    idiwidi

    13 November 2007 at 9:24

  4. idi

    nie as die kat dalk ‘n non was nie…

    johannes coetzee

    13 November 2007 at 16:33

  5. bahahaheaheaheaheaeaheheaheaheahebheabHEAHEHEAheahahahaahhahahaHEAHEAea

    Johan Swarts

    14 November 2007 at 19:14


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: